kategorieë: Video'sOntspanning

Kragtige weerlig!

Die video wat deur World Top News Center op YouTube gelaai is, is al meer as 10 miljoen keer gekyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In die video kan ’n mens sien hoe weerlig twee keer die seewater by Daytona Strand tref. Gelukkig was niemand tydens die gebeurtenis in die water nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Clint Blevins het die baie kragtige natuurverskynsel in dié video vasgevang:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is ’n paar interessante feite oor weerlig

• Al ooit gewonder hoe warm ’n weerligstraal kan wees? Omtrent 54 000 grade Fahrenheit (meer as 20 000 Grade Celsius) – dit is om en by 5 keer warmer as die son se oppervlak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Weerlig flits meer as 3 miljoen keer per dag wêreldwyd – dit is omtrent 40 keer elke sekonde. Nie al hierdie weerligstrale tref noodwendig die aarde se oppervlak nie, maar vind wel plaas tussen of binne-in wolke.

• ’n Normale weerligstraal kan genoeg energie vrystel om ’n 100W-gloeilamp vir drie maande te verlig.

• Weerligstrale ontstaan in Cumulonimbus-wolke (beter bekend as donderwolke) wat ’n positiewe lading aan sy bokant en ’n negatiewe lading aan sy onderkant bevat. Niemand weet nog regtig hoe weerlig self ontstaan nie, maar ons weet wel dat yskristalle en waterdruppels dit dra.

• Weerlig veroorsaak jaarliks naastenby 2 000 mense se dood wêreldwyd. So, hou jouself veilig en bly liewer in die huis gedurende ’n donderstorm.

• Die kans dat jy deur weerlig geslaan sal word, is omtrent 1 in 12 000, maar tog is astrophobia (vrees vir weerlig) die derde grootste fobie in Amerika. Dit staan net na acrophobia (die vrees vir hoogtes) en zoophobia (’n vrees vir diere).

• Die studie van weerlig staan bekend as Fulminologie.

• ’n Weerligstraal duur normaalweg tussen 1 en 2 mikrosekondes.

• Meeste weerlig vind op land eerder as oor die oseaan plaas, met 70% daarvan wat in die trope plaasvind.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: aktueel

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

19 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

22 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

23 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

23 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.