kategorieë: KalenderOntspanning

Bergfietsry en hardloop: 30 April 2017

Maak gereed vir een van die mees geliefde wedrenne/wedlope op die bergfiets- en hardloopkalender. Die 2017 Husqvarna Classic Mid-Illovo MTB-uitdaging en -hardlooproete vind plaas net minder as twee weke voor die uitmergelende Sani2C, wat dit nie-onderhandelbaar maak vir diegene wat ’n genadelose oefenprogram volg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Die beste van enige een-dag-gebeurtenis,” is hoe baie deelnemers al dié MTB-roete beskryf het. En as dit nie genoeg is nie, is die uitsig manjifiek!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Moenie uitmis op die 40 km Safire MTB Classic nie. Dit sluit twee omheinde en skilderagtige wildreservate in: Gwahumbe Game en Spa and iNsingizi.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vir ernstige deelnemers is die 60 km Husqvarna Classic MTB X-treme net die ding. Daar is ook ’n groot verskeidenheid opsies waarby die hele familie ingesluit is, soos die 18 km Gwahumbe Family Experience en die 10 km Fun Ride.

Die 18 km en 9 km iNsingizi-hardlooproetes strek oor ruwe terrein deur die wildreservate.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die hardloop-wedloop sal vroeg begin (6:30) sodat deelnemers die kans gegun word om aan die tweekamp (hardloop-/loopwedlope en die bergfiets-wedrenne) deel te neem.

Doen jou deel: skenk ’n Uzwelo-skooltas aan ’n minderbevoorregte Mid-Illovo-kind as jy ’n ekstra R130 by jou inskrywing voeg.

Inskrywings sluit op 26 April 2017 om middernag, maar laat inskrywings sal wel op die dag self aanvaar word. Registrasie begin 5:30, met die eerste MTB-wedren (60 km) wat om 7:30 begin.

Skryf aanlyn in by www.roag.co.za of kontak ROAG by info@roag.co.za of 086 100 ROAG (7624)

Vir meer inligting besoek gerus www.husqvarnaclassic.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.