kategorieë: KersfeesKos

Krakerige witaas met groentetjips en chorizo-mayonnaise

Genoeg vir 8

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• olie vir diepbraai
• 1 eiervrug, in repies gesny
• 1 patat, in dun repies gesny
• 1 borriepatat, in dun repies gesny
• 500 g witaas (whitebait) – kyk by jou naaste viswinkel
• 250 g koekmeel
• sout en swartpeper

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Chorizo-mayonnaise
• 200 g chorizo, fyngekap
• 125 ml olyfolie
• 1 eier
• 5 ml (1 t) Dijonmosterd
• 10 ml (2 t) witwynasyn
• 10 ml (2 t) knoffel, fyngekap
• 1 ml (¼ t) brandrissiepoeier
• 5 ml (1 t) gerookte paprika

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Braai die chorizo vir 8-10 min. in die verhitte olyfolie oor matige hitte of tot goudkleurig en effens krakerig. Gooi die olie in ’n maatbeker af en hou die gebraaide chorizo eenkant.
2 Klits die eier, mosterd, witwynasyn, knoffel, brandrissiepoeier en gerookte paprika in ’n glasbak tot goed gemeng. Gooi die chorizo-olie stadig in ’n straaltjie by terwyl jy deurentyd klits tot al die olie geabsorbeer is. Die sous sal dik en romerig wees.
3 Verhit die olie in ’n diepbraaier of groot kastrol tot 180 °C.
4 Braai die eiervrug en patats in sarsies vir 8-10 min. of tot goudkleurig en gaar. Lig met ’n gaatjieslepel uit die olie, dreineer op kombuispapier en geur met sout en swartpeper.
5 Geur die koekmeel met sout en swartpeper. Doop die vis in die koekmeel en skud die ekstra meel af. Diepbraai in sarsies vir 2-3 min. of tot goudkleurig en gaar.
6 Lig met ’n gaatjieslepel uit die olie, dreineer op kombuispapier en geur met sout en swartpeper. Vou kegels uit koerantpapier en sit die vissies in die kegels voor saam met die groentetjips en lepels vol mayonnaise. Strooi laastens die krakerige chorizo oor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

12 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.