kategorieë: Blogs

Krismis kom

Dit begin elke jaar in Augustus. Ek soek 16 Desember op die kalender. Tel dan versigtig terug. Elke vyf weke, agteruit. Gewapen met my lysie datums bel ek die haarsalon en sorg dat ek die eerste afspraak kry. Half agt op ’n Vrydag, elke vyf weke tot Desember.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Krismis kom. En op Krismis moet mens netjies wees, het my ma my geleer. Die res van die jaar ook, maar vir die Groot Fees durf geen grys haar toiingrig in die somerson blink nie. Jou hare is gekap, jou naels gevyl, jou hakke glad geskrop en jou toonnaels geverf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Iewers in September sê Moeder: ek moet my haarafsprake maak tot Desember. “Myne is gemaak,” kom die trotse antwoord dan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

En so beplan ons ons mooi-word. Sorg dat ons diensboekies op datum is, kompleet nes karre wat elke paar duisend kilometer garage toe moet. Afgemerk en geteken ook. Krismis kom.

As die hare in die dagboek is, dan kom die res. Naels, gesig, voete. . .sommige doen ek self, of roep hulp in, as die begroting dit toelaat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dankbaar dat die plan weer uitgewerk het sit ek vanoggend my skelpienk somertone en betrag, kleursel op my kortgesnyde somerkop. Links van my word ’n moeë voorstedelike ma ’n energieke vrou met bonsende blonde lokke, in die spieël vang my oog die van ’n brawe brunet. Ook sy gaan binnekort met ’n kragtige kort kapsel spog.

Ons word mooi, kry nuwe lewe – 2013 en sy eise word geknip, gekap, geskuur en toegeverf.

Op Hermanus gee die lewe my ‘n wrede kyk. Ek skrik toe ek haar sien – grootwordtyd se Tannie Bettie, die een met ‘n liefde vir potte tee, sepies, baie stories en lang gesels is skielik siek. Sy kyk, herken my, haar sagte oë moeg en pleitend om hulp. Weg is die liewe, mooi vrou saam met wie ons Europa platgetrap en lamgelag het. Ons tannie Bettie is siek. Desperaat siek.

Toe die emosie my oorweldig vang my oog my skelpienk-tone. Stilweg wens ek ouderdom se eise kon makliker geknip, gekap, geskuur en toegeverf word.

Dan sien ek dit. Haar tone, rooi geverf soos ek dit kleintyd onthou. Tannie Bettie, wil ek sê, hou net uit. Krismis kom.

En wie weet, dalk, net dalk, kry jy ‘n groot geskenk.

Tot volgende week,

Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

22 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.