kategorieë: Blogs

Kroasië se swerwende skaduwees van tyd

In die geskiedenis van Kroasië is die tydspel deur eeue heen met oneindige herhaling gespeel. Dis ‘n spel tussen lig en donker wat die verbygaan van tyd op die groot horlosie se wyserplaat afmeet soos die sonlig iedere nuwe dag die donker van die nag verdryf. Dis soos die Bora uit die noordpool wat die winter ysig koud inblaas en die Sirocco uit die Sahara woestyn wat daarna die somer weer vuurwarm terugbring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tussen hierdie lig en donker swerf die skaduwees van tyd. In die lente bring dit nuwe botsel en blare wat in die somer lieflike skaduwees en vrugte van die arbeid uit wingerde en boorde lewer. In die herfs val die verkleurende blare na die grond en bly net spookagtige winterse skaduwees oor van kaal boomstamme en yl takke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wanneer jy so na Kroasië kyk sien jy ‘n land geskep uit die smeltkroes van eeue. Sy mense se lewens het oor honderde jare dikwels in die kil winterskaduwee van tyd verwyl. Hulle triomf om uiteindelik ‘n onafhanklike nasie te word met ‘n eie landsgebied het sy offers gevra. Hul dankbaarheid daarvoor is soos ‘n skaduwee wat hulle getrou iedere dag volg. Dit bemoedig en skep nuwe hoop wat ‘n blye nuwe daeraad vir hulle uit elke donker nag laat verrys.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Want hierdie is ‘n volk wat steeds die toekoms met entoesiasme aanpak.

Op die swart seerotse by Opatija waarteen die ogendbries die lui seegolfies begin vasdryf, staan die Meisie met die Seemeeu. Sy groet die koms van die nuwe dag in die helder rosigkleurende los wolkies wat verbywaai. Straks mag die seemeeu sy vlerke sprei en grasieus op wieke van die wind die moreson tegemoet sweef. Ver onder oor die water sal sy skaduwee sy vrye vlug uit die laaste greep van die nagdonker die nuwe daglig in volg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Soos die rotse by die see is die land van Kroasië – hard en klipperig. Om met klip te werk is ‘n natuurlike refleksie van Kroasiës se verbintenis met hulle omgewing. Hierdie uitdagende natuuromstandighede kontrasteer met ‘n eenvoudige maar ryk polsende volkskultuur. Die ritmes van lewe word weerspieël in liedere, danse en kuns wat geraam hang teen die onverbiddellike agtergrond van donker rotse, ‘n heldere blou see en lug.

Hier geniet elkeen ‘n eie stukkie land en see onder hulle eie stukkie van die hemelse helder blou lug.

Wanneer die daeraad in die Ooste breek sal die eerste ver skietende sonstrale die seilskip in die hawe van Šibenik se hoë maste tref. Algaande sal die son soos ‘n takelaar afwaarts werk om die skip se romp uit die nagdonkerte van die see te bevry sodat slegs sy skaduwee in die waterspieëling nog aan sy verbintenis met die donker nag mag herinner.
Aanstonds sal die groot seile gehys word en wanneer hulle bol staan in die oggend landwind, sal die statige klipper-replika uit vergange se dae weer die groot oseaan aandurf om ‘n ryke seevaarttradisie van Kroatiese seemanne van durf en daad voort te sit.

Wanneer die skip die waters tussen die eilande klief sal die matrose begin om die waaghalsige seerowersverhale van toeka met begraafde skatte en al op te diep. Stories van vergane skepe en kosbare vragte goud en silwer wat saam daarmee heen is sal opnuut die verbeelding aangryp.

‘n Ou en ‘n nuwe wêreld sal onder die wapperende skaduwees van die seile bymekaarkom om avonture uit vergange se dae met die van vandag saam te smee soos die klipper voortstu om Kroasië steeds met verre bestemmings oor die see te verbind.

Soos die daglig sterker en die skaduwees meer intens word, sal die berghange vanaf die hoogste punte vinnig tot in die diepste van die dale ophelder. Die lig sal deur ‘n oop venster van ‘n afgebrande murasie straal waarvan die muur aan die skadukant verskeie kapmerke van geweerkoeëls weg het.

Die krake wat nou nog in die pleister van die muur sigbaar is, sal wil verhaal van ‘n oorlog wat daar gewoed het en ‘n familie wat lank nie meer vrolike warm lewe aan die huis gee nie. Dis asof die donkerte van die nag die afskuwelike van die verhaal in sy sluier sal wil verberg en dit slegs ten dele in die skadu van die dag ontbloot. Aan die agterste sonkant van die muur wat nou gister en vandag van mekaar skei, kan die oog nie sien nie.

Tog breek daar deur die vensterraam ‘n helder blou hemelruim wat ook die bokant van die muur omvou. Terwyl dit die gruwel van die afgebrande huis skerper afets, bied dit nogtans aan die ligkant van die muur ‘n meer sigbare vooruitsig op ‘n nuwe toekoms wat hopelik net blyer van aard kan wees.

In Kroasië vergaan die hoop nooit nie.

‘n Langer wordende menseskaduwee teen ‘n eeue oue kasteelklipmuur teken die verbygaan van die ure aan. Teen hierdie muur is die dag en nag kortstondig as dit gemeet word teen die grysheid van tyd waarin die kasteel se meestersteenhouers se handewerk die massiewe bouwerk geskep het. Dit maak van die hedendaagse mens maar ‘n toevallige verbyganger waarvan die koms van die nag spoedig sy vlietende skaduspore sal wegvee.

In die Weste van Rovinj trek die son laatmiddag water. Die skaduwees verdonker teen die mure van die hawegeboue en straks is dit nog net die toppunt van die kerktoring wat in die laaste ligstrale van die dag sal glinster voordat die nagdonker dit ook met die hemelruim versmelt.

Op die vissersbote wat nou nog allenig ronddobber, sal die vissermanne aanstonds beweging bring as hulle gereedmaak om uit te vaar vir die nag se vangs. Eers moreoggend teen dagbreek sal die bote weer soos skaduskimme uit die ogendmistigheid van die daeraad oor die water aangesweef kom.

Teen die son die mistigheid begin verdryf, sal ‘n nuwe dag se skaduwees daag. Gereed om hulle meesters te agtervolg tot die dag se uurglas leeg geloop het en die nagdonker weer die vooruitsig bring op ‘n nuwe helder daeraad van hoop en verwagting vir die mense van Kroasië.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.