kategorieë: DieetGesondheid

Kry jou Hollywood-lyf só

Audrey Hepburn se dieet het onder meer ’n maandelikse detoks-dag behels waartydens sy slegs jogurt en gerasperde appel geëet het. Sy het ook daagliks ’n gesonde ontbyt en ’n stukkie sjokolade geniet. Volgens Dotti het Hepburn dié drie reëls van haar dieet ten alle tye gevolg, maak nie saak waar sy was nie. Hy meen verder dat dit die sleutel tot haar wonderlike figuur was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier is nog dieetplanne wat jy kan probeer

Voedselkombinering

Die beginsels van dié eetplan is in die 1930’s deur dr. William Howard Hay opgestel. Hy was sieklik en baie oorgewig. Met dié eetplan het hy 22 kg afgeskud. Volgens hom vereis die natuur dat ons eenvoudig eet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe werk dit?
Jy kan ’n groot verskeidenheid vars, gesonde kossoorte eet, maar daar is riglyne:

  • Moenie proteïene en stysel tydens dieselfde maaltyd eet nie.
  • Groente, slaai en vrugte moet die grootste deel van jou dieet uitmaak vanweë die gesonde alkaliese effek op jou liggaam.
  • Skakel suiker en verfynde kosse heeltemal uit.
  • Laat vier uur tussen maaltye verloop om behoorlike vertering van die kos te verseker.

Wat mag jy eet en wat nie?
Dis nie ’n laevetdieet nie en die gebruik van natuurlike produkte soos room, botter en heuning word aanbeveel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Matige wyn- en bierinname.
  • Suiker en ander verfynde kosse is taboe.
  • Geen chemiese behandelde produkte soos margarien nie.

Dukan-dieet

Opgestel deur ’n Frans-Algerynse mediese dokter, dr. Pierre Dukan. Dis ’n hoëproteïen-, laekoolhidraat- en laevetdieet. Die eetplan behels vier opeenvolgende fases:

  1. Aanval: 8-10 dae waarin jy uitsluitlik laevet-proteïene (soos vleis, vis, hoender en eiers) eet.
  2. Voortgang: Wissel proteïendae met proteïen-en groente-dae af. Die hoeveelheid groente is onbeperk.
  3. Konsolidering: Eet elke dag proteïene met groente. Vrugte, brood en kaas word ook nou toegelaat.
  4. Instandhouding: Eet net wat jy wil, maar elke Donderdag bly ’n suiwer proteïendag.

Wat mag jy eet en wat nie?

  • Maer vleis, vis en hoender saam met groente maak die grootste deel uit. Die minimum olyf- en ander kookolie word toegelaat omdat dit ’n laevetdieet is. Kooksproei word eerder aanbeveel. Geen suiker nie.
  • Drink water, tee, koffie, vetvrye melk, dieetkoeldrank.

Franse dieet

Dis eintlik ’n nie-dieet en kom uit Mireille Guiliano se boek French Women Don’t Get Fat. Franse vroue tel nie kalorieë nie en slaan nie maaltye oor nie. Hulle het ’n liefdesverhouding met gehalte kos en put fynproewersgenot uit hul maaltye. Volg hulle gewoontes na en word maerder en gesonder.

Hoe werk dit?

  • Eet kos van hoë gehalte.
  • Eet kleiner porsies.
  • Eet stadig en met oorgawe.
  • Franse vroue eet met al vyf hul sintuie. Hul maaltye duur langer en daarom word hulle
  • versadig deur kleiner porsies. Selfs ’n Franse croissant is klein en kan vir ontbyt geëet word. Kaas en beskuitjies na ete? Slegs ’n klein porsie uitstekende brie is vir hulle genoeg.
  • Eet drie maaltye per dag en sit aan tafel as jy eet.
  • Die eerste twee dae doen jy ’n semi-vas waar jy net preisop eet en baie water drink. Daarna word vis, groente, jogurt en vrugte bygevoeg.
  • Eet ’n verskeidenheid vars, seisoenale kossoorte.

Wat mag jy eet en wat nie?

  • Niks is eintlik vir ’n Franse vrou verbode nie, selfs nie room, sjokolade en wyn nie. Sy sal natuurlik haar neus optrek vir ongesonde, geprosesseerde kos.
  • Gesonde, seisoenale groente en vrugte is belangrik. Vleis sluit enigiets in, selfs afval en organe. ’n Klein nagereg is deel van die maaltyd.
  • Drink baie water

Dieetfoute om nie te maak nie:

Dieetkundige Madeleine de Villiers sê die meeste van ons wat stadig gewig verloor, maak dié drie foute.

  • Fout 1: Jy eet te gereeld Dis ’n fout om jou toegelate kos so te versprei dat jy kort-kort peusel. Eet liewer jou hele maaltyd op en wag drie uur voor jy jou tussenhappie eet, pleks daarvan om elke uur ietsie te eet.
  • Fout 2: Eet bakke slaai Baie diëte stel voor dat jy die honger kol op jou maag stil met ’n groot bak mengelslaai, sommer ’n hele komkommer of borde vol “vry” groente. Maar jy moet juis jou maag laat krimp en gewoond maak aan kleiner porsies sodat minder kos jou versadig. Jou maag is so groot soos jou twee vuiste – en dis hoeveel jy op jou bord mag skep. Moenie hom met groot borde slaai verder rek nie, anders gaan jy altyd eers baie eet voor jy “vol” voel.
  • Fout 3: Eet tot jy versadig voel As jy “vol” voel, het jy ooreet! Die ideaal is om op daardie punt op te hou waar jy weet jy het plek vir nog. Eet tot jy ligweg versadig is, nie tot jy “vol” voel nie.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.