kategorieë: VelsorgSkoonheid

Kry jou vel gereed vir herfs

Wanneer dit kouer word, verander ons vel se behoeftes, veral ten opsigte van die vog wat dit nodig het. Dis tyd om jou ligte jelvogroom vir ’n ryker opsie te verruil.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dr Alek Nikolic, ’n befaamde spesialis in estetiese medisyne en die eienaar van SkinMiles, het ’n gids uitgebring, wat verduidelik hoe om gedurende die kouer maande na jou vel te kyk en die bestanddele wat jy in jou skoonheidsroetine moet insluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Lyk minder moeg met hierdie 16 skoonheidswenke!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waarom voel jou vel droër in die winter?

Voordat ons na oplossings begin kyk, moet ons weet wat maak dat die vel gedehidreer raak. Die vel voel gewoonlik droër in die kouer maande as gevolg van sekere klimaatsveranderinge wat ’n direkte impak op die vel het. Dit sluit in:

  • Koel lug is droër en bevat minder humiditeit. Dit stroop die vel van vog.
  • Binnenshuise verhitting kan ’n verwoestende effek op jou vel hê. Die meeste verwarmers en selfs lugverkoelers vervaardig droë hitte wat verder die vog uit jou vel neem.
  • Ons almal hou van ’n lang warm stort of bad gedurende die kouer maande, maar dit stroop die vel van natuurlike vetstowwe wat die vel se deurdringbaarheid verhoog en water laat verloor.
  • Die kouer maande woord ook met winderige en stormagtige weer geassosieer. Dit vermeerder ook die hoeveelheid water wat die vel verloor.

Na watter bestanddele moet ek op die uitkyk wees?

As ons droë of gedehidreerde vel moet behandel, is dit belangrik dat ons na die bestanddele kyk wat die vel se beskermingslaag weer sal aanvul, bevog en herstel. Dr Nikolic meen die bestanddele waarna ’n mens veral op die uitkyk moet wees, is versagtingsmiddels, humectante en antioksidante.

Versagtingsmiddels kan voorkom dat jou vel vog verloor en dit bied ook ’n luukse, versagtende effek op die vel. “Versagtingsmiddels se dikte kan dun of dikker wees, so dit is belangrik om nie ’n vogroom op grond van die tekstuur te beoordeel nie,” voeg dr Nikolic by. Voorbeelde van versagtingsmiddels is nie-geurige plantolies saam met galambotter, kakaobotter, vetsure, komkommerkruid, linoleïensuur, oliesuur, klapperolie, aandblomolie, sonneblomolie, en mangobotter.

Bestanddele wat die vel vervang, kan ook help om vog in die vel te herstel. Dit kan verder die stratum corneum (die buitenste laag van die vel) se vermoë verhoog om vog te behou. Voorbeelde van dié bestanddele sluit hialuronsuur, keramiede, natrium, PCA, gliserien, gliserol, silikoon, petrolatum, salisielsuur en alfahidroksiesure in.

“Wanneer jy na die beste vogroom op soek is, beveel ek aan dat jy ’n produk kies wat spesifieke bestanddele bevat wat ’n ryker gevoel en tekstuur op die vel se oppervlak bied. Die ligter vogrome wat ons in die winter gebruik, moet ons dus vir die komende wintermaande vervang. Gedurende hierdie seisoen kan die vel dof lyk omdat ons in die algemeen meer van binnenshuise verhitting gebruik maak, wat die vel van helderheid en vog ontneem. Goeie bevogtiging van die vel sal met hierdie probleem help. Ek sal selfs aanbeveel dat jy ’n serum byvoeg wat ryk in hialuronsuur is om verder jou vel se vermoë om water op te neem, te versterk,” verduidelik dr Nikolic.

Lees ook: Jy kan jou eie haarmasker maak

Behoort ons ’n afskilferaar te gebruik?

Dr Nikolic stel voor dat ons versigtig moet wees om gedurende die kouer maande van ’n afskilferaar gebruik te maak en sy raad is om afskilfering tot een keer ’n week te beperk. “Afskilfering kan of wonders vir jou vel verrig of dit kan baie skade doen,” sê dr Nikolic. “Ek is ten gunste van afskilfering selfs in die winter, want sonder dit sal jou vel droog bly, maak nie saak hoeveel rome jy aansmeer nie. Dis omdat dooie velselle keer dat jou vel jou velsorgprodukte optimaal opneem. Die veiligste manier om jou vel af te skilfer is om van ’n chemiese afskilferaars eerder as fisieke afskilferaars soos skropborsel gebruik te maak. Laasgenoemde is te hard op die vel.”

Chemiese afskilferingsure breek die verbindings tussen dooie velselle af, wat dit makliker maak om daardie laag dooie velselle weg te was. Dr Nikolic stel voor jy kyk uit vir ’n alfahidroksuur (AHA) soos melk- of glikolsuur. Nog ’n goeie wenk wat dr Nikolic gee is om van ’n roomreiniger, wat sagkens te werk gaan in die oggend te gebruik en ’n reiniger wat afskilfer, saans te gebruik.

Lees ook: Die geheim van sagte lippe? Rooibos! Probeer hierdie skrop

Dit is belangrik om jou vel die spesiale versorging te gee wat dit gedurende kouer maande nodig het.

Lees ook: Pragtig op enige ouderdom: Sorg só vir jou vel

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

18 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

21 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

21 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

22 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

23 hours Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.