kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Kry nou jou testament en boedel op datum

Kry nou jou testament en boedel op datum verwerk in September 2019 van die artikel Wanneer later te laat is deur Maryke Visagie (rooi rose, Februarie 2010)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wanneer later te laat is

Niks in die lewe is seker nie, behalwe die dood en belasting. Dié gesegde geld dubbel en dwars wanneer dit kom by boedels, want Jan Taks soek sy pond vleis selfs ná die dood en talle gesinne kan
in ’n penarie sit wanneer daar nie genoeg kontant in Pa se boedel is om die belasting op die bates te dek nie – en dít op ’n tyd wanneer mense nie die emosionele energie het om in sulke rompslomp opgeslurp te word nie.

Natuurlik kan jy sonder ’n testament, oftewel intestaat, sterf. Dit laat jou boedel weerloos, want sonder ’n testament word jou bates volgens wet onder jou naasbestaandes verdeel, of jy nou ’n goeie verhouding met hulle het of nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Duidelik uiteengesette testament is die eerste stap om jou boedel volgens jou wense te verdeel. ’n Testament se doel is drieledig: om ’n eksekuteur te benoem, jou bates en laste te lys en jou erfgename te benoem. Enige voorwaardes moet ook genoem word, soos dat Kleinjan sy erfporsie eers op 25 ontvang.

As jy ’n onderneming besit, moet jy ’n opvolger aanwys, maar onthou dat vennootskappe by afsterwe van een party ontbind.

Wat beteken intestaat?

As jy sonder ’n testament sterf, sterf jy intestaat. Jou eggenoot en kinders erf, of as jy nie ’n maat en kinders het nie, erf jou ouers of hul afstammelinge jou boedel.

Stap 1 Kry kundige hulp

Iemand moet jou afsterwe by die Meester van die Hooggeregshof aanmeld, die details van jou bates en laste bymekaarmaak, seker maak die uitstaande rekeninge word betaal en die bates aan die
regte mense oordra. Ons verwys na hom of haar as die eksekuteur, wat tradisioneel jou eggenoot, ’n bankamptenaar, trustee van jou trust, finansiële adviseur, prokureur of rekenmeester kan wees – kortom, ’n amptenaar wat deur die Meester aanvaar sal word.

Hy of sy moet ook ’n advertensie in die plaaslike koerant sit net ná die aanstellingsbrief van die Meester ontvang is om aan alle skuldeisers die geleentheid te bied om ’n eis teen die boedel in te dien.

Die eksekuteur stel dan ‘n likwidasie- distribusierekening op waarin al jou bates en laste verantwoord word en die balans aan die erfgename toegeken word. Sodra die likwidasie- en distribusierekening deur die Meester goedgekeur is, moet ’n verdere advertensie geplaas word vir openbare insae in en besware teen dié dokument.

Dít alles klink eenvoudig genoeg. Maar Pieter Muller van Du Toit-Smuts & Mathews Phosa-prokureursfirma in Nelspruit beredder daagliks boedels en hy meen daar is meriete in om ’n prokureur aan te stel wat spesifiek boedels beredder.

“’n Boedelprokureur werk daagliks met boedels en ken die slaggate. Hulle is op die hoogte van die jongste wetsveranderinge en weet ook hoe om klousules só te omskryf dat daar nie verwarring
of ruimte vir interpretasie bestaan nie. Dis veral belangrik in meer ingewikkelde boedels, of waar eiendom ter sprake is. Ons kry dikwels klousules wat mekaar weerspreek, of dat die oorledene se
wense onuitvoerbaar is.”

Of jy nou ’n prokureur of finansiële beplanner as eksekuteur benoem, maak seker dié persoon is kundig. Daar sal eksekuteursvergoeding, wat statutêr bepaal word, betaalbaar wees deur jou
boedel, behalwe as dit vooraf beding en in die testament vasgestel word. ’n Ander opsie is om ’n verantwoordelike familielid as eksekuteur te benoem, wat dan die dienste van ’n boedelprokureur teen ’n ooreengekome bedrag kan bekom.

Wynand Prins, boedeldeskundige by Cluver Markotter op Stellenbosch, sê noukeurige papierwerk kan baie help om sake glad te laat verloop. Berei vir jou eksekuteur ’n lêer voor met die nodige
dokumente en maak seker hy of sy weet waar om dit te kry.

Kry nou jou testament en boedel op datum

Stap 2: Maak seker jou boedel is solvent

Die laaste ding wat jy wil hê, is dat van jou bates ná jou afsterwe deur jou skuldeisers of Jan Taks opgeëet word omdat daar nie genoeg kontant is om jou verpligtinge na te kom nie. Onthou, net
omdat jy dood is, beteken dit nie al die kontrakte is nou ongeldig nie. Verbande en uitstaande skuld moet steeds betaal word.

Die meeste mense sorg vir likiditeit in hul boedels deur lewensversekering uit te neem wat by afsterwe uitbetaal.

Daar is ander opsies ook, soos beleggings in effektetrusts in die langslewende se naam, wat maklik in kontant omgeskakel kan word. Die nadeel is dat effektetrusts aan die aandelemark gekoppel is en as diemark swak vaar, kan jy minder kry as wat jy verwag. As jy nie afgetree is nie, kan likiditeit ook geskep word deur die uitbetaling van jou aftreefonds of pensioen, maar jy moet die trustees
van die fonds opdrag gee hoe dit bestee moet word.

Bespreek dié opsies met jou finansiële beplanner.

Stap 3: Haal die beste uit jou boedel

’n Finansiële beplanner het altyd gesê: “Gee die keiser wat hom toekom, nie wat hy vra nie.”

Boedelbelasting staan tans op 20% van die belasbare bedrag van jou boedel, ná daar R3,5 miljoen afgetrek is van die netto boedelwaarde. Dit geld vir boedels tussen R3.5 miljoen tot R30 miljoen. Die belasbare bedrag bo R30 miljoen word teen 25% belas. Met ’n bietjie beplanning kan jy hierdie belasbare bedrag verklein en sodoende minder boedelbelasting aan Jan Taks verskuldig wees.

Neem Barend en Louise, ’n getroude egpaar, as voorbeeld. Sy boedel bestaan uit ’n huis van R3,5 miljoen, ’n strandhuis van R1 miljoen en diverse beleggings en aandele van R4 miljoen. Die
totale waarde van sy boedel is R8,5 miljoen.

Eerstens – nalatings aan Louise is aftrekbaar vir boedelbelastingdoeleindes, maar dit is eintlik maar net ’n uitstel van belasting, want die belasting sal met haar afsterwe gehef word. Dit is nie ’n
doeltreffende manier om belasting te verminder nie.

By Barend se afsterwe, toelaatbare aftrekkings buite rekening gelaat, is R3,5 miljoen aftrekbaar vir boedelbelastingdoeleindes, wat R5,5 miljoen vatbaar laat vir belastingheffing van 20%, oftewel
R1,1 miljoen. Dis net hier waar kreatiewe boedelstrukturering inkom – die idee is om die belasbare bedrag te verklein.

Donasies

Barend kan deur die loop van sy lewe R100 000 per jaar belastingvry aan donasies bestee, wat hom toelaat om as ’t ware sy bates reeds deur sy lewe uit te deel aan sy begunstigdes en so sy boedel te verklein. Dit is ’n opsie, maar Wynand Prins sê dat dit sal afhang van die individu se omstandighede of dit ’n wenslike opsie is.

Testamentêre trust

Barend kan in sy testament bepaal dat hy ’n testamentêre trust stig en R3,5 miljoen daaraan nalaat.

Louise en/of die kinders word ’n diskresionêre begunstigde van dié trust en wanneer Louise sterf, is die voordeel dat die bates van die trust nie ’n belasbare bate in haar boedel vorm nie. Die kinders kan só in totaal ’n R7 miljoen aftrekking by Barend en Louise se onderskeie boedels bewerkstellig, pleks van slegs R3,5 miljoen in Louise se boedel wanneer sy afsterf en Barend haar
as die enigste erfgenaam in sy testament aangewys het.

Dit lyk asof die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) nou wetgewing beoog sodat jy dieselfde resultate van dié boedelstruktuur kan verkry sonder om ’n trust te skep.

Inter vivos trust

Barend kan ook tydens sy leeftyd ’n trust stig en bates daarna oordra deur aan die trust geld te leen om die bates by hom te koop. Die trust skuld hom dus geld en die leenbedrag sal steeds ’n bate in sy boedel wees, vir doeleindes van berekening van boedelbelasting, maar die waarde van dié bate is gevries op die dag toe hy dit oorgedra het – enige toekomstige groei in die waarde van die bate vind in die trust plaas.

Kry nou jou testament en boedel op datum

Wees eerlik en regverdig

Jy gaan nie in die dood ontkom wat jy in lewe aan ander verskuldig was nie.

Marius en Sandra is geskei toe hul dogter Suzaan vyf jaar oud was. Marius is intussen weer getroud en het ’n tweeling, terwyl sy Suzaan, nou ’n tiener, van hom vervreem is. As die hof bepaal het dat Marius vir sy eksvrou en dogter se onderhoud verantwoordelik is, kan hulle eise teen die boedel instel. Dit kan vir
Marius wenslik wees om in sy testament voorsiening te maak vir die nakoming van enige toekomstige onderhoudsverpligting wat sy boedel teenoor sy eksvrou en dogter mag hê.

As jy geld wil nalaat aan iemand wat nie die vermoë het om sy of haar eie geldsake te hanteer nie, kan jy die geld in ’n trust nalaat met die erfgenaam as begunstigde.

Wees ook bedag daarop dat, sou ’n erfgenaam insolvent wees wanneer jy tot sterwe kom, haar erflating deel vorm van haar insolvente boedel en kan dit gebruik word om haar krediteure te
betaal. Om dieselfde rede is ’n testamentêre trust ’n veilige opsie.

Maak seker alles is bymekaar

Dis belangrik om jou dokumente in orde te hou waar die eksekuteur en jou erfgename dit gou in die hande kan kry. Dis ook ’n goeie idee om ’n lys van jou bates en laste te hou en elke jaar by te werk.

Die eksekuteur gaan die volgende nodig hê:

  • Oorspronklike, jongste testament – die oorspronklike moet aan die Meester se kantoor verskaf word voor die eksekuteur aangestel word
  • Identiteitsdokument
  • Sterftesertifikaat
  • Huweliksertifikaat en voorhuwelikse kontrak
  • Egskeidingsdokumente
  • Naam en adres van werkgewer of inligting oor jou besigheid
  • Naam en adres van jou aftreefonds
  • Details van inkomstebelasting en ’n kopie van jou onlangse belastingopgawe
  • Besonderhede van al jou beleggings – lewensversekering, aandele, effektetrusts, akteregistrasies op eiendom
  • ’n Lys van al jou bates – voertuie se registrasie, eiendom, ens.
  • Bankbesonderhede
  • Besonderhede van al jou laste
  • Besonderhede van korttermynversekering
  • Details van mediese fonds

“Die wet van Transvaal”

Onthou om genoeg kontant in jou boedel te laat vir belasting en ander koste. Kontant word benodig vir:

  • Aflos van uitstaande skuld, indien nodig.
  • Lewenskoste van jou eggenoot tot tyd en wyl die eksekuteursbrief uitgereik is – in die meeste gevalle word bankrekenings gevries in dié tydperk. Beplan vir sowat twee tot drie maande.
  • Eksekuteursvergoeding tot ’n maksimum van 3,5% van die bruto waarde van die bates plus 6% op alle nadoodse inkomste wat ingevorder is.
  • Fooie aan die Meester van die Hooggeregshof.
  • Boedelbelasting wat as volg bereken word: Bruto boedelwaarde minus aftrekkings volgens Artikel 4 van die Boedelbelastingwet gee ’n netto boedelwaarde. Die belasbare bedrag word bepaal deur tans R3,5 miljoen af te trek van die netto boedelwaarde. Boedelbelasting word uiteindelik gehef teen 20% van die belasbare bedrag.
  • Inkomstebelasting, insluitend kapitaalwinsbelasting, wat nog geskuld word, of nog gegenereer gaan word deur die bates in jou boedel.
  • Borgtekening vir iemand anders se skuld.
  • Oordragkoste op jou eiendom en verbandkansellasiekoste.

Jy kan die volgende koste aftrek vóór boedelbelasting bereken word:

  • Begrafniskoste
  • Sterfbed-uitgawes soos dokters of hospies
  • Nalatings aan openbare welsynsorganisasies wat vrygestel is van belasting
  • Geld vir waardasies van bates
  • Koerantadvertensies en ander administrasiekoste om jou boedel af te handel

Vir nog goeie finansiële raad, lees hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.