kategorieë: Leef gesondGesondheid

Kry nuwe lewenslus

Mense wat al deur die dieptes van depressie of angs moes worstel, weet watter verligting dit is wanneer hulle hul simptome onder beheer kry. Maar die vraag, sê Pretoriase kliniese sielkundige Cizelle Louw, is of hulle simptoomvry gaan bly. “Navorsingsresultate van ’n tweejaar-studie wys 96% van die depressiewe pasiënte was binne 15 maande nadat hulle medikasie begin gebruik het simptoomvry, maar 40% het binne die daaropvolgende tien maande weer medikasie nodig gehad.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Is daar ’n manier om immuniteit teen depressie en angs op te bou? Ja, daar is! “Wellbeing Therapy (WBT) bou veerkragtigheid – die vermoë om emosionele welstand te midde van teëspoed te behou. Voorbeelde hiervan is mense wat in groot lewenskrisisse soos die dood van ’n geliefde kan voortgaan en selfs psigies groei. WBT is deel van die Positiewe Sielkunde-beweging en mik vir lewensgehalte eerder as ’n bloot simptoomvrye lewe. Gestel emosionele welvaart is ’n vertikale lyn tussen -10 (depressie) en +10 (om te floreer.) By nul is die persoon simptoomvry. WBT wil mense bó die 0-lyn kry sodat hulle toekomstige spanning en moontlike terugvalle gemaklik kan hanteer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Daar is ook empiriese bewyse dat WBT suksesvol is waar langtermyn-antidepressante se werking afgeneem het. Vermoedelik normaliseer WBT dele van die brein wat deur langtermyngebruik van hierdie medikasie oorgeaktiveer word.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat behels WBT?

“WBT is nie subjektiewe geluk, plesier en pynvermyding nie. Dit erken dat dit deel van die lewe is om positiewe sowel as negatiewe emosies te ervaar. Dit het te make met tevredenheid op verskillende lewensgebiede, die verwesenliking van jou potensiaal, die vind van betekenis en die ervaring van lewenslus. Boonop bevorder hierdie veerkragtigheid jou fisieke gesondheid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Prof. Carol Ryff van die Universiteit van Wisconsin in die VSA het nagevors watter sterk punte (strengths) en weerloosheid (vulnerabilities) ’n belangrike rol in emosionele weerstand en psigiatriese siektes speel.

Sy het ses faktore geïden-tifiseer: wanneer iemand hoog toets op hierdie ses, toets hulle gewoonlik laag op ’n depressie-vraelys, en andersom. Hierdie ses is nie persoonlikheidseienskappe waaroor slegs sommige mense beskik nie – dis vaardighede wat elkeen kan ontwikkel:

1 Bemeestering van die omgewing
Jy voel jy kan elke dag se eise hanteer, en jou situasie verander of verbeter. Jy leef proaktief en is ’n doeltreffende probleemoplosser.

2 Persoonlike groei
Jy sien jouself as iemand wat oop is vir nuwe ervarings, wat groei en ontwikkel en jou potensiaal kan verwesenlik.

3 Om ’n lewensdoel te hê
Jy het doelwitte en ’n gevoel van rigting en hou vas aan oortuigings wat aan jou lewe betekenis gee.

4 Outonomie
Jy is onafhanklik en bepaal self waarheen jy op pad is, al raak ander ontevrede. Jy evalueer jouself, reguleer jou gedrag van binne, en kan sosiale druk weerstaan.

5 Selfaanvaarding
Jy aanvaar jou goeie én minder goeie eienskappe en voel positief oor die verlede. Jy stel nie onrealistiese standaarde aan jouself nie.

6 Positiewe verhoudings
Jy het warm, vertrouensvolle verhoudings en is in staat tot sterk empatie, liefde en intimiteit. Navorsing wys as jy een faktor wil verander om gelukkiger te wees moet jy na positiewe verhoudings mik.

Prof. Ryff het ’n vraelys ontwikkel wat Cizelle gebruik om vas te stel aan watter van dié aspekte ’n kliënt moet werk.

Wellbeing Therapy

Prof. Giovanni Fafa, verbonde aan die Universiteit van Bologna en die Staatsuniverseit van New York, het WBT op grond van prof. Ryff se navorsing ontwikkel. Dit beklemtoon positiewe emosionele gesondheid eerder as die vermindering van negatiewe simptome. Die model aanvaar dat tekortkominge in emosionele welstand verband hou met te min aandag aan positiewe ervarings en die invloed van outomatiese negatiewe gedagtes.

Tydens WBT val die klem dus sterk op die positiewe.

Met prof. Ryff se vraelys as basis neem WBT die kliënt op ’n proses wat positiewe ontwikkeling fasiliteer. Hoe die terapie werk, word nie vir die kliënt verduidelik nie, maar selfwaarneming en huiswerkopdragte is belangrike komponente.

“Dis ’n korttermynterapie van agt tot twaalf sessies. Ek kombineer dit met hipnose. Dink net hoe dit jou bemagtig om in jou lewe te floreer pleks van slegs te bestaan, terwyl jy boonop negatiewe gedagtes en angs as ’n normale deel van die lewe sien – omdat jy dit kan hanteer!”

*Cizelle Louw: 082 4155 390

’n Merkwaardige ommeswaai

Toe Adelheid* (23) ’n derdejaarsvak op universiteit druip en nie saam met haar maats kon graad vang nie, het sy in ’n diep depressie beland. Bipolêre gemoedsversteuring is by haar gediagnoseer en die medikasie daarvoor het gehelp.

“In Julie 2013 was ek baie af. Boonop is drie van my vriendinne getroud terwyl ek nog enkel was.

“My ma het my na Cizelle Louw geneem. My gemiddeld op die WBT-vraelys was 38% – 25% of laer wat beteken dat die pasiënt waarskynlik erg depressief is en baie swak funksioneer. Cizelle het die uitslag met my en my gesin bespreek en voorgestel dat ek in ’n psigiatriese inrigting opgeneem word. In die inrigting is my medikasie verander, en ek het Cizelle drie weke lank elke weeksdag vir WBT gespreek.

“Ek het besef hoe ek my in moeilike situasies emosioneel onttrek – ek was sowat 90% van die tyd in hierdie toestand en het dit my ‘firewall’ genoem. Andersyds het ek ’n vlinder as positiewe simbool gekies en my ‘vlinderoomblikke’ begin aanteken en al meer daarop gefokus. In die dieptes van depressie is dit swáár.

Cizelle het gesinsterapie met ons gedoen wat wondere verrig het om ons te help om mekaar werklik te hoor. Die vraag ‘Hoe raak dit my?’ het my gehelp om myself uit te druk en ook terugvoer van my gesinslede te kry. Ek het agtergekom ek kan my man staan!

“Ons het verder geleer om die huishoudelike take beter te verdeel sodat niemand oorweldig voel nie. Dit het baie konflik uitgeskakel toe my ma ná ’n rugoperasie moes herstel. “Ek voel nou deel van my gesin en is trots op my onderhandelingsvaardighede. Ná drie weke se terapie was my WBT-vraelysgemiddeld 75%. Ek en Cizelle was ewe verstom!” *skuilnaam

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.