kategorieë: Reis

Kurland: mooier as mooi

Waar ons was
Kurland 5* luukse boetiekhotel
Ligging
Op die N2 na Port Elizabeth, by The Crags, Plettenbergbaai, tussen die berge en die ongerepte strande van Nature’s Valley. Sowat 19km vanaf Plett
Soort akkommodasie
Baie besonders: die hoofgebou dateer van 1885. Daar is ‘n heerlike storie oor die oorsprong van die huis, wat eers aan die Read-familie behoort het en toe in 1941 gekoop is deur Baron Peter Behr, ‘n Russiese émigré. Hy was verantwoordelike vir die huidige voorkoms met gewels en Franse plafonne. Daar is 12 luukse, gerieflike, suites, maar ook gerig op gesinne. Die plaas is 700 hektaar groot, die omgewing is boomryk en grasgroen, die tuine asemrowend mooi en die polovelde en perdestalle en rustige plaasomgewing skep geleentheid vir asemhaal. Jy kan ver stap, perdry of die omgewing ook per vierwiel-motorfiets verken, en dis beslis iets wat jou sal bybly … mooier as mooi … Tydens die polo-seisoen is daar ook ‘n tweede restaurant, Katarinas, wat meer informele etes verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tariewe
Bel 044 534 8032, of kontak skakelpersoon Rosemary Mac Kinnon van The PR Team by 021 4192390/1 – of stuur ’n e-pos na info@kurland.co.za
Atmosfeer
Baie besonders, deurdrenk met meer as 200 jaar van Suid-Afrikaanse geskiedenis en die rustigheid wat ‘n plaasomgewing bied.
Pragtig geleë in ‘n landelike omgewing, baie naby aan die see (Nature’s Valley is omtrent 15 km daarvandaan).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Pluspunt
‘n Klein intieme Spa met sauna, stoomkamer en ‘n keuse van drie lieflike swembaddens
Wie daar was
Ek en my man, Faan
Wanneer
28 April 2015

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Waar ons oorgeslaap het
Luukse suite, kolossaal! Kaggel aangesteek, klein swembad op die stoep met ‘n wydse uitsig oor die plaas. Luukse en suite badkamer met ‘n yslike bad en lieflike stort, groot genoeg vir ‘n hele familie.
Waar ons geëet het
Aandete: Restaurant – intieme, knus tafel naby die kaggel. Daar is ook nog ‘n restaurant, Katarinas, met minder formele etes, maar slegs in die polo-seisoen. Die uitvoerende sjef is ’n Afrikaanse jongman, Leon Coetzee, wat ongelukkig op pad oorsee is om sy loopbaan te bevorder. Hoewel dit ‘n klein spyskaart is, was daar ’n heerlike verskeidenheid, perfek voorberei – mooier as ‘n prentjie. In al die vertrekke was daar ook pragtige bosse geurende en kleurvolle rose uit die tuine.


Ontbyt
: Restaurant – heerlike uitgebreide ontbyt en rustige atmosfeer. Keuse om buite ook te eet, op ’n pragtige boomryke beskutte stoep.
Wat het dit onvergeetlik gemaak?
Die besonderse geskiedenis van die plek – interessant en onbekend maar fassinerend; die pragtige geboue en meubilering, bv die biblioteeken stoepe; verskeie eetplekke soos die weer dit toelaat; die lieflike ligging in die lowergroen streek; die plaasatmosfeer,: nabyheid aan gesonde fisiese aktiwiteite vir die hele gesin; polo- en perde-aktiwiteite binne seisoen.
Wat omtrent die plek of die mense het jou gefassineer?
Die buitengewone skoonheid en geskiedenis van die plek. Daar is brosjures en boeke in die kamers beskikbaar waarin jy meer kan lees van die geskiedenis van die oorspronklike opstal. Dis gerieflik ingerig met ’n ouwêreldse sjarme wat bitter selde teëgekom word.
Spesiale aanbod
Kyk uit vir gereelde spesiale aanbiedinge op www.kurland.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Onverwagse rusplek langs die pad
Ek was totaal meegevoer deur die besondere skoonheid van die plek. Dis weggesteek agter bome en gewoonlik snel die toeris bloot daar verby op pad met die N2 na die bekende Oos-Kaapse vakansieplekke soos Plettenbergbaai en Jeffreysbaai. Die tuin is ‘n lowergroen belewenis, en die uitsig waarlik uitsonderlik. ‘n Laaste rit met die 4×4 motorfiets die oggend na ontbyt al langs die grondpaaie rondom die uitgestrekte fasiliteit het vir ons net die skoonheid van Kurland en sy omgewing beklemtoon. Die spa het klein maar goed toegerus voorgekom, en ongelukkig kon ek nie in die kort tydjie van die fasiliteit gebruik maak nie.
Die aand met ons aankoms is ons vriendelik ontvang en op ‘n verkenningstog rondom die hotel en spa- en sportgeriewe geneem. Eerste indrukke was reeds oorweldigend, veral na ‘n lang reis van vroeg die oggend af …
Na die wonderlikste sjefstafel-aandete deur sjef Leon Coetzee is ons terugverwelkom in ons kamer met ‘n gesellige kaggelvuur. Ons het deurdrenk van die romantiek van die plek die aand rustig aan die slaap geraak in ons yslike bed met luukse linne en droomsagte kussings.
Hoewel daar gesinne met jong kinders was terwyl ons daar was, was ons nooit bewus van hulle nie. Die twaalf suites is so geleë dat jy altyd voel asof jy alleen daar is, en dat jy ‘n gewaardeerde gas is.

Foto’s verskaf

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.