kategorieë: Nuut & NouKos

Kwepers

Kwepers is familie van die appel en peer. ’n Vars kweper is dalk nie een van die mooiste vrugte nie, maar wanneer dit lank en stadig gekook of gerooster word, gebeur daar iets magies. Die wit, krakerige vlees verander in ’n sappige, aromatiese, dieprooi lekkerte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • Kwepers is boonop hoog in vitamien C wat help om verkoue te voorkom. Dit is veselryk en kan cholesterol help verlaag.
  • Kwepers is waarskynlik een van die eerste vrugtesoorte waarvan daar konfyt gekook is. Vanweë die hoë pektieninhoud, veral in die skil, is kwepers uitstekend vir jellies. Hoewel rou kwepers byna oneetbaar is, maak die rou vrugte uitstekende, natuurlike lugsuiweraars wat tot ses maande ’n heerlike aroma afgee.
  • Jy kan ’n kweper makliker skil as jy die vrug vir 10 min. kook.
  • Kwepers kom hoofsaaklik in die herfs voor, maar om te verseker dat jy die vrug heel jaar beskikbaar het, kan jy dit in ’n suikerstroop kook.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

7 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.