kategorieë: Ons menseBekendes

KYK: Klein Kwagga verskyn op ‘The Kelly Clarkson Show’

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Suid-Afrika se ‘Klein Kwagga’ het oornag bekendheid verwerf nadat ‘n video van sy danspassies op Bernice West se plaaslike treffer, Lyfie by sy suster se danskonsert in 2023 wyd versprei het. Die skattige agtjarige Dirkco Jansen van Nieuwenhuizen se aansteeklike ritme bereik vandag selfs die verste uithoeke van die wêreld en het onlangs op The Kelly Clarkson Show verskyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Sangeres Bernice West saam met Dirkco Jansen van Nieuwenhuizen (Foto: Gallo Images/Beeld/Deaan Vivier)

Die Amerikaanse sanger en geselsprogramaanbieder Kelly Clarkson het as deel van haar ‘What I’m Liking’- segment op die video van SA se dansende sensasie gereageer en hom en sy ma, Mercia na die program vir ‘n onderhoud genooi.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

@kleinkwagga1

Groot was ons opgewondenheid toe die @kellyclarksonshow vir ‘n ‘𝘏𝘪, 𝘒𝘦𝘭𝘭𝘺’ video vra vanaf Klein Kwagga. Met trots kan ons aankondig dat sy SO ingenome daarmee was, dat hy vir ‘n aanlynonderhoud genooi is! 🎥😁 Kyk saam die onderhoud op 12 Februarie 2024 op NBC of stroom dit op die program se YouTube kanaal. #Trots #LocalisLekker #BoerboelWear #Lyfie #KleinKwagga

♬ original sound – KleinKwagga

Clarkson het daarna Klein Kwagga aan haar (meestal Amerikaanse) gehoor via’n video-oproep voorgestel, en gesê:

“Daar is iets om te sê vir diegene wat die hardste dans, met die wete dat byna almal kyk.”

“Kwagga, jy het geen idee hoeveel vreugde jy vir my gebring het nie. Jy sal beste vriende met my seun wees, ek sweer.”

Die Amerikaanse sanger en geselsprogramaanbieder Kelly Clarkson (Foto: Cindy Ord/Getty Images for SiriusXM)

Toe Mercia, Dirkco se ma, gevra is hoe die oomblik ontvou het, het sy gesê dat hulle nog altyd hul seun so ken, maar dat ‘n paar van sy dansbewegings selfs hulle verbaas het.

“Dit was baie lekker, maar dis hoe ons vir Klein Kwagga ken. Maar ja, daar was ’n paar bewegings waarvan ons nie geweet het nie!”

Nadat sy haar geselsie met die familie afgesluit het, het Kelly Dirkco aangemoedig om sy klein vonkie aan die gang te hou deur te dans:

“Jy is my gunsteling What I’m Liking wat ek op die program gehad het, jy is so wonderlik. Ek is lief vir jou, hou aan dans!”

Lees ook: KYK: Springbok Willie le Roux en sy Holly sê ja in Franschhoek

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

7 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.