kategorieë: Ons menseBekendes

kykNET stel lokprent van Derick Hougaard se eerste dokkie bekend

Rugby-legende, Springbok-skopkoning, Currie Cup-wenner, Super Rugby-gelukbringer – Derick Hougaard is al jare ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika. En mense het altyd baie oor hom te sê gehad, maar nou besluit hy om sy kant van die storie te vertel in die nuwe dokumentêre kykNET-reeks, Hougaard: Liefling van Loftus, wat op 25 Oktober om 20:00 begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

Díe goed gemanierde seun van die Boland met ’n besonderse talent vir sport het in ’n stadium die wêreld aan sy voete gehad. Vandag is die man wat bekendgestaan het as “Die Liefling van Loftus” ’n skrale weergawe van homself.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy triomfantlike rugbyloopbaan is kortgeknip deur verskeie beserings. Sedertdien sy hoë-profiel huwelik skipbreuk gelei het, talle skandale en sy onlangse tyd in die hospitaal, toe hy vir dae in ’n koma was en by die dood omgedraai het, het hy die media oorheers en die land aan die gons gehad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hougaard: Liefling van Loftus is ’n reeks van ses episodes waartydens Derick ’n dapper reis, teen die agtergrond van rugby, onderneem om uit te vind wat die oorsaak van sy persoonlike probleme is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Derick het sedert sy gloriedae as Blou Bul-legende en Springbok ’n afwaartse spiraal beleef wat gekenmerk is deur openbare verleenthede en skinderstories. Vir die eerste keer praat Derick baie intiem en persoonlik oor sy lewe en ontmoet, onder andere, oud-spelers wie se lewens ook onherroeplik deur rugby verander is.

Die dokkie was omtrent ’n roller-coaster en ’n onwrikbaar eerlike storie van trane tot blydskap. Wat ’n reis! Ek het nie gedink dit sal my sere en blydskappe alles na vore bring nie,” sê Derick.

Rian van Heerden se produksiemaatskappy, Provoco, vervaardig die reeks. Rian het oor die afgelope ses maande ’n persoonlike pad met Derick gestap.

“Ek het vir Derick vir die eerste keer ontmoet as ’n jong Blou Bul-speler in 2002. Derick was absoluut eerlik oor sy lewe en nie bang om ons toegang tot sy diepste hartkamers te gee nie. Dit is, en was, duidelik dat hy deursettingsvermoë soos min het,” vertel Rian.

Derick wil graag nou, nadat hy sy eie storie vertel het, ’n nuwe hoofstuk begin.

KYK: Amptelike voorskou – Hougaard: Liefling van Loftus


Hougaard: Liefling van Loftus skop op 25 Oktober om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) af. Dié dokumentêre reeks sal ook op Catch Up en DStv Stream beskikbaar wees.

Lees ook: Robbie Wessels se nuwe lied ‘n ode aan Eben Etzebeth

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

12 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.