kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Vier tuindag op 15 Oktober!

Sondag, 15 Oktober 2023 is Tuindag. Dit is die geleentheid om jou tuin te vier – of jy nou ’n groot tuin of een potplant besit. Ons het van ons beste wenke bymekaargesit sodat jy die beste uit jou tuin kan put hierdie Tuindag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

#rooirosewenk: As jy nie ’n tuin het nie, gaan kuier gerus in ’n openbare tuin. Meeste stede het botaniese tuine, en meeste stede en groter dorpe het munisipale parke. Daar is ook tuine op menige landgoed – lekker vir ’n daguitstappie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hou partytjie in jou tuin op Tuindag!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hou op skoffel en spit en begin beplan(t), want Sondag 15 Oktober 2023 is Tuindag, en almal word genooi na Suid-Afrika se grootste tuinpartytjie – in jou eie tuin.

Al het jy net één plant is jy amptelik ‘n tuinier, en dis hoekom ons ‘n beroep op absoluut almal doen om vanjaar Tuindag te vier – in jou tuin, op jou patio, in jou agterplaas, of sommer in jou leefvertrek omring deur jou gunsteling-huisplante.

En as ons praat van ‘n partytjie, beteken dit wat ook al ‘n partytjie vir jou is. Dit kan ‘n luilekker middagete, ‘n feestelike piekniek, ‘n familie braai, skemerkelkies saam met vriende, of tee saam met jou beste maat wees. Dit hoef nie oordadig te wees nie (tensy jy dit so beplan). Vra net almal om iets saam te bring om nog meer fleur aan die feestelikhede te verleen.

Die idee is dat jy Tuindag geniet of vier presies soos dit jou pas. Dra gerus ‘n blomkroon – die amptelike simbool van Tuindag – en deel jou viering op sosiale media met die hutsmerk #GardenDaySA te gebruik, of via die toegewyde WhatsApp-lyn by 066 389 5182.

Laat jou Tuindag blom

Om inspirasie vir jou tuinpartytjie te verskaf, is hier ‘n aantal pret-idees en handige wenke. Daar kry jy instruksies vir die maak van jou eie blomkroon, resepte met ‘n tuintema, aflaaibare uitnodigings, idees om die jongspan by Tuindag te betrek, en vele meer.

Geniet dit saam met jou gemeenskap

Gemeenskapstuine het ‘n spesiale plek in ons harte op Tuindag. Gemeenskapstuine regoor Suid-Afrika verskaf werk en vars produkte teen bekostigbare pryse aan die gemeenskap. Ons moedig jou aan om hulle te besoek en te ondersteun deur jou vars produkte by hulle te koop.

Hou ’n tuinpartytjie

In die meeste dele van die land is die weer lekker genoeg om nou in jou tuin te kuier.

Foto: Pexels

Ons deel inspirasie vir buitelug-dekor sodat jy lekker buite kan kuier.

#rooirosewenk: As jy nie oor tuinmeubels beskik nie, hou sommer piekniek op die grasperk of stoep en dra al jou strooikussings en komberse buitentoe. Feëliggies, teeliggies en vlaggies skep ’n feestelike atmosfeer, veral as die partytjie nader aan skemer gehou word.

Kyk na al ons lekker somerkos-resepte wat jy vir jou gaste kan voorsit.

Leer hier hoe om ’n basiese roomys met ’n vla-basis te maak en kry lekker idees vir roomys. Probeer ons eiervrye klapper en lietsjie-roomys, of hierdie geurige kombinasie vrugteroomyse, of hierdie basiliekruidroomys. Andersins, omdat dit “sunday” is, maak ’n (grootmens)-sundae met ’n Sedgewicks Old Brown-karamelsous. As jy haastig is, is hier ’n paar maklike roomysresepte: ’n vinnige framboosroomys wat net twee bestanddele bevat, hierdie maklike vrugteroomys, of hierdie blitsige bessieroomysvorms. As jy iets anders wil probeer, hoekom maak jy nie hierdie brosgebraaide spekroomys nie? Koffieliefhebbers kan hierdie affogato probeer, en as jy van chia-sade hou, probeer miskien hierdie chia-en-suurlemoenroomys met volgraan wafels.

Onthou om jouself teen die son te beskerm as jy buite kuier. Dra genoeg sonroom, dra ’n sonbril en ’n hoed, en onthou dat die kinders ook nie te lank in die son moet bly nie. Drink genoeg water!

#rooirosewenk: Kyk na die tabel waar jy kan uitwerk hoeveel sonroom jy moet dra wat pas by die aktiwiteit wat jy gaan beoefen.

Tuingeskenke

Moenie jou tuin net vir jouself hou nie – deel dit.

Foto deur Greta Gericke

Pluk van die groente en vrugte uit jou kostuin en maak mandjies vol daarvan om met gourmand-vriende te deel.

Maak ’n lapwerkhoedjie vir ’n kind – retro, fraai en prakties!

As jy mooi blomme het, maak ’n ruiker en gee dit vir iemand wat ’n bietjie vrolikheid in hul lewe nodig het.

Ons leer jou hoe om plantsakkies te maak waarin jy potplante kan sit en dan as geskenke kan gee.

Jy kan ook kokedama maak wat jou gaste later in skaduryke dele van hul tuin kan hang.

#rooirosewenk #bederfjouself: Natuurlik kan jy van hierdie ook as geskenke aan jouself gee … 😉

Kry al die nuus en inspirasie oor Tuindag by @GardenDaySA op alle sosialemediaplatforms en deel jou Tuindag-oomblikke en -verhale deur #GardenDaySA te gebruik.

Vir nog idees oor hoe om Tuindag te vier, interessante inligting oor die gesondheidsvoordele van tuinmaak, en ‘n lys van die gemeenskapstuine wat jy kan ondersteun, besoek tuindag.co.za.

Ons heel belangrikste #rooirosewenk

Plant vir jou ’n roosplant – verkieslik een wat rooi rose dra. Nadat jy dit geplant het, sit agteroor en tel jou gunsteling tydskrif op, rooi rose; dis stylvol, dis sinvol en dis propvol.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.