kategorieë: Ons menseBekendes

Bekendes deel foto’s vir kykNET se mondigwording

Omdat kykNET 18 jaar oud word, het ’n klomp van ons bekendes foto’s van hulself op 18 gedeel met die hutsmerk #kyknetismondig. Ons het ons 10 gunstelinge gaan soek. Hier is hulle, in geen spesifieke volgorde nie en alhoewel ons nie juis gunsteling speel nie, hou ons die meeste van nommer 10 …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Simon Rademan

Die couture-ontwerper het vir kykNET op ’n stylvolle manier geluk gesê. Jong Simon bied boonop goeie inspirasie vir #Movember, so maak notas, manne.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Simoné Nortmann

Aktrise Simoné Nortmann, wat hierdie jaar in verskeie films en reekse verskyn het, dra ’n donkerbril omdat uie haar oë laat traan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

3. Rina Nienaber

Rina Nienaber, wat die rol van Koekie in Getroud met Rugby vertolk, is ’n moederfiguur in hierdie sepie. Die sepie het ’n foto van hul moederkarakter op 18 gedeel – kyk hoe mooi!

Getroud met Rugby het ook ’n collage gemaak met hul sterre as 18-jariges. Kan jy almal herken?

4. Willem Botha

Aanbieder, sanger en skaapboer Willem Botha het ook ’n foto van homself op 18 gedeel.

5. Armand Aucamp

Die akteur van Boekklub en die film Krotoa het ook vir kykNET geluk gewens.

6. Tim Theron

Tim Theron, akteur en komediant wat eersdaags as die booswig Tom in die film Vuil Wasgoed verskyn, deel hier ’n foto van homself as eerstejaar by die NWU. Ons is baie bly hy het wel ontgroening oorleef.

7. Je-Ani Swiegelaar

Je-Ani Swiegelaar, bekend as Naomi Ferreira in Binnelanders, het kykNET met ’n foto van haar 18-jarige self in skooldrag geluk gewens.

8. Germandt Geldenhuys, Leah en Tarryn Steyn

Leah, Germand Geldenhuys en Tarryn Steyn verskyn sommer almal saam op hierdie Instagram-foto van Germandt, ’n Binnelander, waar hy kykNET gelukwens.

9. Christia Visser

Christia Visser, bekend vir haar rol in Boekklub, wys hier dat sy lankal ’n liefde vir toneelspel het.

10. rooi rose

Kyk, ons is eintlik al 75 jaar oud, maar in 1960 was ons ook 18 jaar oud. Hier is ons voorblad op 4 Mei 1960. #rooirose75

rooi rose voorblad: 4 Mei 1960

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

6 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.