kategorieë: Ons menseBekendes

Jacoline Kritzinger gesels oor Mooimaak

“Kyk, ek is eintlik maar ’n baie stil mens; ’n introvert. Ek dink dis ook soms my probleem.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jacoline Kritzinger is die sewende deelnemer aan kykNET se voorkomsprogram, Mooimaak met Clare Wiese-Wentzel, waar deelnemers die geleentheid kry om hul voorkoms te verander met behulp van ’n span kundiges wat die nuutste ontwikkelings gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ek is die jongste van drie dogters. Ek was die probeerslag vir die seun – en toe is ek ook ’n dogter!” lag sy. Hierdie laatlammetjie is gebore in Uitenhage en het in Joubertina grootgeword. Sy was daar op skool in die laer- en hoërskool Maclachlan van Graad 1 tot matriek. “Dit was heerlik want dis ’n klein skooltjie en almal ken mekaar. Dis baie lekker om op die platteland te kon grootword,” sê Jacoline oor haar kinderjare. Sy woon nou in Somerset-Wes – ’n groot verandering van so klein dorpie af. “Ek verlang eintlik soms terug na die stilte. Die verkeer daar is dalk net een persoon wat voor jou ry. Dis niks in vergelyking met die stad nie!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek verlang eintlik soms terug na die stilte”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy het na skool ’n BSc-graad aan Stellenbosch begin studeer maar het gou besef dat sy glad nie daarvan hou nie. Sy het in Junie van daardie jaar opgeskop en teruggetrek huis toe. Haar ma het haar aangemoedig om dit te doen, sodat sy vir ’n paar maande kon werk en tyd het om te besluit wat sy eintlik wil studeer. Jacoline het toe as ontvangsdame gewerk by ’n kollege waar studente leer hoe om keramiek en metaal te restoureer. Die volgende jaar het sy teruggetrek Stellenbosch toe en hierdie keer met ’n BA-geesteswetenskappe graad begin. Dit het sy baie geniet, en toe sy haar BA-graad ontvang, het sy aansoek gedoen vir ’n Honneursgraad in Sielkunde.

“Ek wou baie graag ’n kindersielkundige wees,” verduidelik Jacoline oor hierdie besluit. “Maar dis mos biejtie moeilik om keuring vir nagraadse studies in Sielkunde te kry, en ek is toe nie gekeur nie,” vertel sy verder. “Toe het ek op nommer nege-en-negentig besluit om ’n Honneurs in Geografie en Omgewingstudies te doen. Ek het dadelik keuring gekry.” Met haar Honneursgraad in die hand het sy by ’n makelaar gaan werk in Joubertina – sy het teruggetrek huis toe en weer by haar ma-hulle gaan bly. “Dis nie lekker om te hoor jou graad beteken nie baie wanneer jy werk soek nie,” sê sy oor hoe moeilik dit was om aanvanklik werk te kry.

Jacoline het egter na ’n paar maande by die makelaar besluit dat sy eerder haar vlerke moet sprei en elders gaan werk soek. “Ek het besluit om terug te trek Kaap toe. Ek was gelukkig genoeg om in my pa se huis in Kuilsrivier te kan bly. Daar het ’n vriend vir my gesê ek moet my CV wyd rondstuur. As gevolg van my graad in Geografie het ek toe ’n werk in die vrugtebedryf gekry – en ek is vandag steeds daar!”

“Die persoon wie se plek ek ingeneem het, het ’n agtergrond in Geografie gehad. En toe dink my maatskappy as sy die werk kon doen, kan ek ook,” verduidelik sy oor hoe haar graad in Geografie bygedra het om die werk te kry. “Ek was eers ’n koördineerder en toe skuif ek kosteberekening toe – wat oorspronklik moeilik was want ek het mos nie ’n agtergrond in rekenkunde nie! Daarna was ek in beheer van die bemarking van steenvrugte en toe skuif ek weer oor na die rekeningkundige afdeling toe. My pa het ’n finansiële rigting studeer – so ek het dit seker by hom geërf, hierdie aanleg vir nommers.”

Jacoline het twee hondekinders, ’n Jack Russel-tefie en ’n Toy Pom-reuntjie. “Hy’s ’n regte mommy’s boy, hy sal my nie een oomblik alleen los nie,” vertel Jacoline van die Toy Pom. Hierdie hondjies is duidelik gelukkige hondjies om so eienaar te hê. Jacoline grap, “Hulle weet eintlik nie hoe om honde te wees nie.” Dit is vir haar heerlik om honde te hê, hulle is opgewonde om haar in die aande te sien, en omdat sy nie kinders of ’n man het nie, is dit lekker om iemand te hê wat bly is om jou saans te sien. “Ek is totaal en al ’n diere-mens, ek wil nie sien hoe ’n dier seerkry nie,” sê sy. “Ek het maar ’n klein hartjie oor die algemeen, en spesifiek vir diere.”

“Hy’s ’n regte mommy’s boy, hy sal my nie een oomblik alleen los nie”

Jacoline is ’n tannie van vyf seuns. Sy mis wel ’n dogtertjie. “My ma sê altyd sy hoop maar vir ’n dogtertjie van my af, en dan sê ek vir haar sy gaan nog ’n rukkie moet wag!” sê Jacoline. “Ek is baie lief vir kinders en ek sal enigiets doen vir hierdie outjies,” vertel sy oor haar susterskinders. “Ek kan nie my lewe indink sonder hierdie vyf nie.” Jacoline het ook ’n baie hegte familie en sy en haar susters is baie lief vir mekaar. “Op skool was dit ’n ander storie; omdat ek die laatlammetjie was, verstaan jy mos nie jou ouer susters so mooi nie. Maar nou gesels ons elke dag!”

“Ek hoop om eendag my eie gesin te hê wat ook so geheg is aan mekaar,” sê Jacoline oor haar toekoms. Waarvoor soek sy in verhoudings? “Kyk, ek kyk gewoonlik hoe maklik en gemaklik kommunikasie is tussen my en iemand. Vir my is ’n sin vir humor baie belangrik, hulle moet my kan laat lag. Natuurlik is Christelike waardes belangrik. Daai persoon moet lief wees vir diere, want ek is mos lief vir diere. Vir kinders ook. Ek moet ’n persoon kry vir wie ek baie respek kan hê en wat ek in ’n vader-rol kan sien. Ambisie is ook belangrik, want ek het baie ambisie in die lewe. Anders as dit kyk mens maar, ek het glad nie ’n lysie in my kop oor die ideale lewensmaat nie. Ek het nog nooit regtig ’n prentjie in my kop gehad oor hoe my man moet lyk nie, maar verseker is daai eienskappe belangrik,” sê sy. “En ook vertroue – dis ’n baie belangrike eienskap waarna ek soek. Veral na aanleiding tot my vorige verhoudings is dit vir my belangrik: vertroue is moeilik om te wen maar maklik om te verloor.”

“Vertroue is moeilik om te wen en maklik om te verloor”

Oor haar eie ambisie sê Jacoline die volgende. “Ek sien dit altyd so: as ons voorgestel kan word as mense in bootjies op die see, is ek een van daai mense wat die roeispane vat en verwoed roei! Mens kry mos mense wat so ronddobber, hulle gee nie om om op een plek te bly nie. Maar ek wil vorentoe werk en ek wil verseker op beweeg in my werk – ek wil beter posisies beklee en meer verantwoordelikhede aanneem.” Hierdie ambisie is indrukwekkend want mens kan sien hoe hard sy werk om heeltyd te verbeter en te groei. Ons wou weet of haar ervaring by Mooimaak ook ’n positiewe invloed op haar ambisie gehad het … “Ek het eintlik onlangs vir ’n onderhoud gegaan. Ek het drie jaar gelede ook vir ’n onderhoud by dieselfde maatskappy gegaan. Toe vra hulle vir my of ek nie drie jaar gelede vir ’n onderhoud gekom het nie? Ek het “ja” geantwoord en toe sê een van die direkteure vir my dat hy net vir my moet sê hoeveel selfvertroue ek nou het., dat hy my onthou het, en dit waargeneem het! Dit was ongelooflik om dit te hoor van iemand wat my nie ken nie. Dis duidelik tasbaar en dat mense kan oplet hoe my selfvertroue verander het na Mooimaak.”

Hoekom het sy besluit om deel te neem aan Mooimaak? “Ek was met vakansie by my ma-hulle in Joubertina toe ek die advertensie raakgesien het. Die deel van die “skewe tande” het dadelik my oë gevang, want ek het skewe tande. Dit het my nog altyd gepla en ek was selfs te skaam om te glimlag. Toe ek die Mooimaak-advertensie dus sien, het ek vir my ma gesê ek gaan dadelik inskryf. Ek moes inskryf; as daar net 1% kans was dat hulle my tande kon regmaak, moes ek inskryf.”

“Toe skryf ek in.”

“As daar net 1% kans was dat hulle my tande kon regmaak, moes ek inskryf”

Sy verduidelik verder waarom sy ingeskryf het. “Ons moes ook foto’s neem vir die inskrywings waar ons sonder grimering afgeneem word. Kyk, ek is die tipe mens wat altyd grimering aanhet as ek by die huis uitloop, ek voel heeltemal te skaam daarsonder. Met hierdie foto’s was ek so geskok oor die pigmentasie op my vel – omtrent die helfte van my gesig van my voorkop af was gevlek. Dit het my oë oopgemaak. Toe dink ek, ‘Wat gaan aan? Is dit die ouderdom wat nou hier teen my werk?'”

Jacoline voor Mooimaak

Sy is gekeur vir die volgende ronde van onderhoude en moes Kaapstad toe gaan. “Toe dink ek, hier is ’n kans. Ek moet egter erken dat dit nogal stresvol was om so persoonlik deur als te gaan.” Die onderhoude was die Vrydag, en die Saterdag moes die voornemende deelnemers die dokters en terapeute gaan ontmoet. “Die Sondag was ek so down en depressief want ek het nie geweet wat om te doen nie. En daardie aand bel Mandie (van Mooimaak) my en sê ek is een van die dertien gekose deelnemers!”

“Kyk, my hele lewe het eintlik verander van daardie punt af.”

“Kyk, my hele lewe het eintlik verander van daardie punt af”

Op die vraag oor hoe dit haar lewe verander het, antwoord Jacoline dadelik: “Mens is net meer positief!” Sy verduidelik verder: “Kyk, soms voel mens mos net, ‘waar is die Here wanneer jy Hom nodig het?’ en dan gebeur daar so klein dingetjie soos dit … wel, dit was eintlik nie so klein nie. Hierdie was huge! En dan besef mens maar die Here kyk na jou. Daardie aand het ek gedink, ‘hoe geseënd is ek nie om een van dertien vroue te wees om vir hierdie program gekies te word nie?'”

“Daardie aand het ek gedink, ‘hoe geseënd is ek nie om een van dertien vroue te wees om vir hierdie program gekies te word nie?'”

Kort daarna het Jacoline met haar voorkomsverandering begin. “Op 2 Junie het ek na dr JJ Serfontein (tandarts vir Mooimaak) gegaan vir my draadjies. Die pyn was verskriklik, maar as ek nou terugkyk, is ek bly daaroor – ek kyk nog elke dag in die spieel.” Sou sy dit weer doen? “Ek sal dit in ’n oogwink weer doen. Dit was seer maar dit was verseker die moeite werd. My tande was my teer punt, en nou kan ek lag – ek kan oopmond lag en ek hoef nie meer my hand voor my mond te sit nie.

“Dit het my ’n groot selfvertroue-boost gegee. Baie groot.”

Jacoline na Mooimaak

“Oor die velbehandelings (gedoen deur Skin Renewal) – ek was eintlik so onkundig en hulle het my oë oopgemaak met wat hulle kan doen. Die tekstuur van my vel het verbeter en ek kry nie meer daai breakouts wat ek altyd gekry het nie. Ek was ook altyd teen botox en fillers maar nou sal ek dit graag weer kry. Dis lekker om te weet wat daar buite is en wat die mens al kan doen.”

’n Verdere hoogtepunt vir Jacoline was die mense wat sy ontmoet het. “Dit was nie net lekker om die ander deelnemers te ontmoet nie, maar ook die terapeute en dokters wat vir my die behandelings gegee het. Hulle is mense wat ek altyd in my hart sal dra. Almal was so vriendelik en het so belanggestel in ’n mens. Hulle laat mens so tuis voel.”

En die ander deelnemers van Mooimaak? “Ek het nou die naweek weer saam met twee van die vroue wat ek daar ontmoet het gekuier,” sê Jacoline. “Ons is eintlik nou familie. Ons het reeds ’n pad gestap en ek sal steeds ’n pad met hulle stap. Ons sal nie kontak verloor nie. Ons sal maar altyd Mooimaakfamilie bly.” Dit is vir haar belangrik om hierdie mens te hou wat verstaan waardeur sy is – en sy verstaan die ervaring wat hulle gehad het by hierdie program. “Ek gaan nie sommer uit nie, verstaan jy? Ek sal eerder by die huis sit saam my honde wees en eerder flieks kyk. Nou, soos laas Sondag, sal ons gaan kuier by mekaar en ons is so gemaklik. Nou kan ek uitgaan en saam vriendinne dinge doen – al is hulle ouer as ek, maar steeds is dit hierdie band wonderlik.”

“Ons sal nie kontak verloor nie. Ons sal maar altyd Mooimaak-familie bly”

“Almal moet inskryf. Almal,” antwoord Jacoline op die vraag of sy sou ander vroue sou aanraai om in te skryf. “Al is daar die kleinste dingetjie wat jou pla, skryf in. Daardie kleinste dingetjie kan eintlik al jou selfvertroue verander. Dis ook die wonderlike mense wat jy ontmoet – dit het ook ’n invloed op jou lewe vorentoe. En kyk, as ek nou uitgaan, het ek hope selfvertroue; ek is eintlik ’n nuwe mens na Mooimaak. Skryf in! Dis die moeite werd – al die ryery, al die pyn, al die moeite … dis dit als werd op die ou einde.

“As ek nou uitgaan, het ek hope selfvertroue; ek is eintlik ’n nuwe mens na Mooimaak”

“Ek is al deur soveel gebroke verhoudings en ek het op skool nooit gedink ek sal op 31 nog nie getroud wees nie. Ek dink my selfvertroue oor my gebroke verhoudings oor die jare heen is geknou. Ek het gedink daar is iets fout met my – my tande, my voorkoms, ek is nie mooi genoeg nie, iets is fout met my … Nou kan ek uitgaan en ek kan mense ontmoet en my sprankelende self wees, sonder om te worry.

Mooimaak wys elke Donderdagaand om 17:30 op kykNET (DStv, kanaal 144).

Besoek Clare Wiese-Wentzel se blog The Global Critic vir leefstyl-, skoonheids- en stylwenke

Lees ook ons onderhoud met aanbieder Clare Wiese-Wentzel hier

Ons het ook met deelnemer Bernice du Plessis gesels. Lees ons onderhoud met haar hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.