Bestanddele
Basiese tertkors
– Hierdie tertkors werk goed vir soet- en soutterte.
- 125 g botter
- 2 groot eiers
- 40 ml xylitol
- 150 ml klappermeel
- 10 ml bakpoeier
Kaaskoek
- 4 eiers
- 250 g volvetroomkaas
- 5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
- 20 ml (4 t) xylitol
- 250 ml room
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
Metode
Basiese tertkors
Voorverhit die oond tot 175 °C.
- Voer ’n 24 cm-pan of 10 klein quiche-pannetjies (met ’n deursnee van 10 cm) met bakpapier uit.
- Smelt die botter en laat afkoel. Klop die eiers, afgekoelde botter en xylitol saam.
- Sif die klappermeel saam met die bakpoeier en roer deur die eiermengsel tot dit bymekaarkom en deeg vorm.
- Voer die tertpan/pannetjies met die deeg uit, sit op ’n bakplaat en hou in die yskas tot benodig.
Kaaskoek
Voorverhit die oond tot 150 °C.
- Maak die tertkors soos bo beskryf.
- Meng al die bestanddele vir die kaaskoek deeglik saam.
- Vul die tertpan/pannetjies met die vulsel en bak tot geset en liggoud.
- Sit met vars bessies of grenadella voor.
