kategorieë: VelsorgSkoonheid

Lappiesmaskers

Wat is lappiesmaskers?

Lappiesmaskers (sheet masks) is maskers in ’n gesigvormige lapweefsel wat geweek is in serum. Die vel van die masker word gemaak uit papier, vesel of jel. Dit verskil van ander maskers, want nadat jy die masker van jou vel verwyder het kan jy die ekstra serum in jou vel vryf. Jy hoef nie jou gesig te was soos met ander maskers nie. Die meeste lappiesmaskers word slegs eenkeer gebruik waarna jy dit kan weggooi. Dit is maklik om te gebruik, neem nie baie van jou tyd in beslag nie en is baie effektief. Daar is ’n groot verskeidenheid lappiesmaskers op die mark, en daar sal beslis een wees wat jou sak sal pas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe gebruik jy lappiesmaskers?

Dit is baie maklik om te gebruik! Reinig jou vel en plaas dan die lappiesmasker op jou gesig. Die meeste van die maskers moet tussen 20-30 minute op jou vel bly. Jy kan die masker soveel keer soos wat jy wil gebruik (weekliks of daagliks). As jy nie tyd het vir gesigbehandelings by ’n salon nie, is die masker veral perfek vir jou, Jy kan dit sommer aanwend terwyl jy kosmaak, lees of televisie kyk. Al die maskers is dieselfde grootte en kan op enigiemand se gesig pas. Begin deur die masker uit sy verpakking te haal, sit dit dan eers op jou voorkop en trek dit dan oor die res van jou gesig, maak seker die gate is oor jou oë, neus en mond. Druk die masker saggies teen jou vel met jou wysvinger sodat die lappie mooi vassit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat sê ’n kenner?

“Een van die grootste voordele van lappiesmaskers is dat die gekonsentreerde bestanddele daarin die vel diep binnedring. As dit boonop bestanddele soos hialuroonsuur- en aminosuurkomplekse bevat, kan dit ook velhernuwing aanhelp, veral vir mense met droë of gehidreede velle. Die masker laat jou vel dadelik beter voel en lyk,” sê Renate Klass, besturende direkteur van Futurethis

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Probeer die volgende lappiesmaskers

Skin689 Bio Cellulose Hyloron Mask (R170) bevat hialuroonsuur en bevog die vel deeglik.

Die Filorga Time Filler Mask (R175, beskikbaar by Edgars, Red Square en uitgesoekte Clicks-winkels) maak die vel fermer, laat dit gladder lyk en help ook selhernuwing aan.

Die Skin Republic Brightening Vitamin + Collagen Face Sheet Mask (R52,99 beskikbaar by Red Square, Dis-Chem en Takealot.com) bevat vitamien C, E en sewe plantekstrakte. Die masker skilfer jou vel liggies af en die serum wat oorbly, smeer jy na die tyd aan. Jou vel lyk dadelik helder en voel meer bevogtig. Wend dit saans aan voor jy gaan slap sodat die serum die vel behoorlik kan binnedring.

Die 3INA The Moisturizing Mask (R98,95) bevogtig die vel en suiwer dit ook danksy die groen tee-ekstrak wat daarin is.

Die Sorbet Hydrating Face Mask Clarifying & Moisturising (R45.95 beskikbaar by Clicks) reinig die vel en dien ook as ’n bevogtiger wat jou vel sag en glansend laat.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.