kategorieë: Leef gesondGesondheid

Lees hier voor jy vir ’n knievervanging gaan

Wat is hyaluroon?

Hyaluroon is aan die meeste van ons bekend as die vuller wat plastiese chirurge as plooivuller gebruik. Met ander woorde, dit val vir ons in die kategorie van ‘n skoonheidsproduk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maar nou het dit ’n nuwe toepassing: as kussing tussen jou gewrigte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons gewrigte is meganiese wonderwerke: in plaas daarvan dat ons bene bloot buig, is daar tussen alle bene wat aan mekaar raak, ’n ‘kussing.’

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Byna al jou bene – in jou rug, hande, nek en voete – is met ’n kussingstelsel van hul naasliggende bene geskei. In jou knieken jy dit as jou knieskyf en meniskus (wat altwee strukture is) en sinoviale vloeistof (wat jy met ghries kan vergelyk). Ons noem dit in die algemeen ons werwel- en gewrigkussings.

Die taak van die kussinkies is om impak te absorbeer. Wanneer jy loop, sorg jou knieskyf en meniskus dat jou onderbeen nie te hard in jou bobeen inkap nie. So keer dit dat jou bobeen verweer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoewel die gewrigkussings gemaak is om hulself voortdurend te herstel, beskadig harde impak hulle mettertyd. Veral impaksport soos rugby, tennis, netbal en draf, verweer jou kussings sodat jou bene van veral jou knieë en heupe op ‘n jonger ouderdom sonder kussings is.

Soos dit verweer, is daar al minder – of niks – wat jou bene skei.

Daarsonder skuur jou bene teen mekaar, wat lei tot pynlike verwering. Ons ken dit as osteoartritis (osteo = been; arthritis pynlike, stywe gewrigte).

Hoe werk hyaluroon in osteoartritis?

Hyaluroonsuur is een van die natuurlike bestanddele van die sinoviale vloeistof van die kussingstelsel van jou gewrigte, wat veral jou knieë en heupe teen osteo-artritis beskerm.

Hyaluroon het ’n baie besonderse eienskap: onder druk verander dit maklik van vloeistof na gel. Sonder druk keer dit maklik terug na ’n vloeistof.

Dink aan hoe gewrigte beweeg, byvoorbeeld jou knie wanneer jy loop.

Om ’n tree te gee, moet jy dit oplig, wat beteken dat dit moet buig/draai. Die gewrig gaan lekker glad loop as daar smering is. Terwyl jou knie in die lug is, is daar geen druk nie en werk jou hyaluroon soos ’n vloeistof – letterlik knieghries.

Sodra jy jou voet neersit, dra jou knie gewig. Dan het jou been beskerming teen impak nodig. Gewig beteken druk, en druk verander hyaluroon in ’n gel wat ’n kussing tussen jou bo- en onderbeen vorm.

Hyaluroon word natuurlik deur jou liggaam gemaak. Dit is dus nie liggaamsvreemd nie.

Daaruit het die idee ontstaan dat dit aangevul kan word met ’n inspuiting tussen die beengewrigte, om so die smering en impak te verbeter, wat osteoartritis verlig

Wie baat die meeste by hyaluroon as behandeling vir knie-artritis?

Dr. Hennie Bosch, ortopeed van Durbanville, Kaapstad, beskou hyalurooninspuitings as net een van die terapieë om artritis te behandel.

“Dit werk uitstekend om osteoartritis te verlig maar net tydelik.

“Dit werk vir party mense baie beter as vir ander. Mense wat baie aktief is gaan hierdie kunsmatige kussinkie gouer ‘uitwerk’, terwyl dit by die minder aktiewes effens langer hou. Jy kan ook jou kussinkies langer laat hou deur die eerste drie, vier dae baie min gewig op jou gewrigte te sit, sodat die hyaluroonsuur kans kry om in te werk.

“Die probleem is dat jou liggaam hyaluroon resorbeer (opneem en afbreek). ’n Inspuiting hou jou ses na twaalf maande, wat afhang van jou aktief jy is. Dan moet jy weer ingespuit word.

“Hyalurooninspuitings is en bly dus ’n tydelike oplossing.

“Ons doen dit tog as ’n alternatief vir knievervanging vir die mense wat te bejaard vir narkose is, en dus nie die operasie kan hanteer nie.

’n Knievervanging is ook baie duur. Jy kan reken op R80 000 – R100 000 per knie. Min mense sonder ’n mediese fonds kan dit bekostig. Vir hulle kan ’n hyalurooninspuiting bekostigbaarder wees, hoewel nie op die lang duur nie.

“En baie mense is te jonk vir ’n knievervanging. In die reël hou ’n knievervanging jou sowat 25 jaar.

“Al hierdie mense kan hyaluroonsuur gebruik om hul knievervanging uit te stel of te vermy.”
Hyalurooninspuitings vir osteoartritis is dus ’n opsie vir jou as:
• Jy kan nie narkose kry nie
• Jy is te jonk – onder vyftig – vir ’n knievervanging
• jy nie ’n operasie kan bekostig nie

Is daar ander behandeling vir osteoartritis as hyaluroon inspuitings?



Daar is. Volgens dr. Hennie Bosch sluit terapieë wat goed werk vir osteoartritis werk in:

Kortisone “Dit verlig die inflammasie uitstekend. Mens wil egter nie net daarop staat maak nie. Jou liggaam raak daaraan gewoond en dan werk dit lateraan nie meer doeltreffend nie. Mens wil ook nie by jonger mense te vroeg met kortisoon begin nie omdat dit been dunner maak en op die lang duur bloeddruk en bloedsuiker verhoog.
NSAIDs (nie-steroïed anti-inflammatoriese middels) Hulle keer ook inflammasie uitstekend. Maar hulle kan tot bloeding lei en beroerte veroorsaak. Mens behoort hulle ook net vir kort tye te gebruik, en nie jare aaneen nie. Artritis is egter ’n langtermyn toestand.

Wat van vitamiene en ander alternatiewe vir osteoartritis?

Dr. Bosch sê baie mense baat matig daarby. Vir ander werk dit nie. Jy moet maar self toets of dit jou artritis-simptome verlig. Die beste alternatiewe middels vir osteoartritis is:

Glukosamien en chondroïtien As dit vir jou werk, sal jy na sowat vier weke minder pyn hê en jou knie verder kan buig as vantevore. Die sal die maksimum voordeel na sowat twaalf weke ervaar. Pyn en styfheid wat jy nou steeds het gaan nie hiermee verlig word nie.
Nota: Mense op bloedverdunners en diabete mag nie glukosamien sulfaat gebruik sonder dat hul dokter daarvan weet nie.

• die omegas

MSM
Nog ’n wenk: Verloor gewig en verlig kniepyn. “Dit help ook om gewig op jou knie en heupe te verminder. Vir elke een kilo wat jy minder weeg, verminder jy die druk op jou gewrigte met vier kilo’s. Dit maak ’n groot verskil. Vir bejaardes help ‘n loopraam omdat dit deel van die gewig dra.

“Probeer ook fisioterapie vir jou osteo-artritis. Dit help jou om jou spiere reg te gebruik, wat meebring dat jy die gewrigte reg gebruik. Dit lei weer daartoe dat hulle nie so maklik uitslyt nie.”

Hoeveel kos hyaluroon inspuitings in vergelyking met ‘n knievervanging?

Jy kan verwag om rondom R800 per inspuiting te betaal, plus jou dokter se besoekfooi. Jy gaan waarskynlik twee keer per jaar vir ’n hyalurooninspuiting aanmeld – wat jou R2000 plus per knie per jaar gaan kos. As jy dié sommetjie maak, is ’n knievervanging op die lang duur nie so duur nie.

Wat van hyaluroon inspuitings vir rug- of nekpyn?

Dr. Hennie Bosch verduidelik dat hierdie toestande gewoonlik nie deur verwering van die kussinkies van net een gewrig ontstaan nie.

“Omdat jy per gewrig betaal is hyalurooninspuitings meestal te duur as opsie as jou rug- en nekpyn.
“Daarby is daar meestal ook ander probleme agter jou nek- of rugpyn, waarvoor hyalurooninspuitings nie gaan help nie.
“Die algemene riglyn is om te vra:
• Is net een gewrig of ’n hele reeks gewrigte aangetas?
• Lê die oorsaak by die sinoviale vloeistof van die werwelkussing, of is daar ander oorsake vir die gewrigpyne?

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.