Die pragtige opskiet eet-ervaring wat in die ou skaapwagtershuisie op die plaas ingerig is.
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het beslis nie in die verlede vasgehaak nie, maar is voortdurend besig met interessante nuwe dinge. Die nuutste lekkerte is ‘n opskiet eet-ervaring, Cabernet & Carne, waar jy inderdaad terugstap in tyd met dekor en trooskos by ‘n outydse vuurherd, maar selfs vegetaries of glutenvry met jou voete stewig in 2024, kan kuier.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die uitstappie begin lank voor jy aansit: by die proelokaal op die landgoed wag ‘n trekker en oulike busgedeelte gaste in waarin jy stadig deur die plaas ry; verby die sonneblomme, onder deur reuse ou bome, terwyl die berge die oggend omvou.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Aan die einde van die plaas se indrukwekkende boomwoud, wag ‘n gerestoureerde, skaapwagtershuisie waar die reuk van lampolie, kaggelvuur en veld, jou neus kom verlei.
Die opskiet-ervaring is net vir die koeler wintermaande geldig, so die knusheid van die strooibale buite onder die stoepdak en die kerse binne, net die plek om al jou sintuie te stimuleer.
Die restaurant bied ‘n deurdagte vasgestelde spyskaart wat die beste van seisoenale en erfenis-kookkuns vier. Die spyskaart, teen R495 per persoon, bevat heerlike, tradisionele Suid-Afrikaanse disse.
1. Huisstyl begin: Ouma se tradisionele boontjiesop met plaasbrood en Cabernet botter, alternatiewelik ‘n vegetariese boontjiesop met ‘n mignonette sous.
2. Hoofmaal: Entrecôte-steak, of baba-spatchcock-hoender, of eiervrug-schnitzel, bedien met onbeperkte patat en ‘n groenslaai.
3. Heerlike einde: Outydse souskluitjies – kaneelbolletjies – bedek met ‘n crème brûlée-vla.
4. Lekker laaste slukkie: Moerkoffie met ‘n skeut kondensmelk.
‘n Seleksie van Vergelegen-rooi- en witwyne, likeurs en drankies is beskikbaar (nie by die vasgestelde spyskaartprys ingesluit nie).
“Ons is opgewonde om gaste by hierdie magiese plek te verwelkom,” sê Wayne Coetzer, besturende direkteur van Vergelegen. “Cabernet & Carne bied veel meer as ‘n ete; dit is ‘n ervaring wat die plattelandse sjarme van ons landgoed kombineer, met die kulinêre uitnemendheid waarvoor Vergelegen bekend is.
“Of jy nou ’n kosliefhebber, wyn-entoesias is, of bloot op soek is na ’n aangename winter-uitstappie, hierdie opwip-restaurant is die perfekte bestemming.”
Cabernet & Carne is oop vir middagete van Woensdag-Sondag, 12h00-17h00 (kombuis sluit 15h30).
Besprekings noodsaaklik: 021 847-2111, info@vergelegen.co.za of op Dineplan.
Lees ook: Baie woelinge op Kanonkop
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.