kategorieë: KosNageregWinterkos

Lemoenpoeding

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons het die lemoene met ’n blaasvlam geskroei vir die mooi, maar daarsonder is die poeding ewe mooi.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • 500 ml (2 k) suiker
  • 250 ml (1 k) water
  • 2 lemoene, in dun skywe gesny
  • 160 g sultanas
  • 60 ml (¼ k) Cointreau of brandewyn
  • 400 g (gekoopte) rolkoek, in 2 cm-blokke gesny
  • 30 ml (2 e) gemengde sitrusskil
  • 55 g gevlokte amandels, liggies gerooster en gekap
  • gerasperde skil van 2 lemoene
  • 3 eiers
  • 500 ml (2 k) melk
  • 500 ml (2 k) room
  • 50 g bruinsuiker

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Metode

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  1. Spuit ’n 1,25 liter-stoompoedingvorm of diep poedingbak met kleefwerende kossproei.
  2. Meng die suiker en water in ’n kastrol en roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is.
  3. Voeg die lemoenskywe by en kook vir 10 min. of tot die lemoene sag is. Trek van die hitte af en hou eenkant.
  4. Week die sultanas vir 30 min. in die Cointreau.
  5. Meng die rolkoekstukke, sitrusskil, amandels, lemoenskil, sultanas en die Cointreau in ’n groot mengbak.
  6. Meng die eiers, melk, room en suiker in  ’n ander mengbak en voeg by die rolkoek-mengsel. Laat staan vir 30 min.
  7. Lig die lemoenskywe uit die suikerstroop en pak hulle teen die kante van die poedingvorm. Kook die suikerstroop verder oor ’n lae hitte af tot dit begin verdik en glansend is. Hou eenkant.
  8. Gooi die koekmengsel versigtig in die pan sodat die lemoenskywe nie skuif nie.
  9. Bedek met ’n digsluitende deksel of ’n dubbellaag foelie.
  10. Sit ’n opgevoude kombuisdoek op die boom van ’n kastrol wat groot genoeg is sodat die poedingvorm daarin kan pas.
  11. Sit die poedingvorm op die vadoek en maak die kastrol ? vol met kokende water. Sit ’n deksel op en stoom vir 2 uur oor matige hitte – die water moet deurentyd prut.
  12. Toets met ’n toetspen of die poeding deurgaar is. Lig die bak met ’n vatlap versigtig uit die kastrol en laat koel vir 15 min. af voor jy die poeding op ’n mooi opdienbord uitkeer. Gooi die warm lemoenstroop oor en sit voor.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.