kategorieë: Leef gesondGesondheid

Lipswelsel: Is dit net ongemaklik of is dit lewensgevaarlik?

Lipswelsel: Is dit net ongemaklik of is dit lewensgevaarlik? deur Salomé Delport. Hooffoto: iStock/Kirbyphoto

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Paar lesers het ons gevra waarom hulle lip opswel. As jy ook sukkel met ’n lipswelsel, kyk watter raad het prof. Claudia Gray, allergiespesialis en pediater aan die Rooikruis- en Vincent Palotti-hospitale, daarvoor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur ’n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene?

Allergiemedisyne: Is dit veilig om dit in die lang termyn te gebruik?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lipswelsel sonder allergie

rooi rose-leser Marianne Steyn vra

My dogter se lippe en gesig swel. Dit gebeur net ewe skielik, en gaan nou al vir sewe jaar aan. Ons het al R48 000 gespandeer aan pille, bloedtoetse en so aan. Alles toets ‘normaal’, behalwe vir ’n bietjie reaksie op kompos, plantspore en ’n paar soortgelyke goedjies. Enige ander raad of medikasies wat kan help vir so ’n lipswelsel?

Ons vra prof. Claudia Gray

“Soms het jou velreaksie niks met ’n allergie te doen nie! As ’n uitslag en selfs ’n lipswelsel nie duidelik gekoppel kan word aan iets wat jy geëet het nie is dit gewoonlik nie ’n allergie nie.”

Sulke reaksies is eintlik deel van ’n sindroom met die naam chroniese spontane urtikarie, wat gekenmerk word deur bommels (rooi, opgeswelde knoppe wat meestal ook jeuk) en swelsels. Al is dit nie ’n allergie nie, is dit net so frustrerend.

“Mense wat hiermee sukkel kry gewoonlik nie asma nie, en daarom is dit gelukkig nie gevaarlik nie.

“Maar dit is baie belangrik dat almal wat een of ander swelsel ontwikkel aan die begin ’n allergiespesialis gaan spreek. Jy moet vasstel of jou swelsel te wyte is aan spontane bommels en swelsels, of aan lewensgevaarlike toestande soos ’n allergie of aan oorerflike swelselstoornisse soos angio-edeem.

Waarom jy bommels of ’n lipswelsel ontwikkel

Sy verduidelik die basiese probleem is dat iets jou liggaam sneller om groot hoeveelhede histamiene spontaan vry te stel, wat lei tot die vorming van bommels (knoppe, bulte) en swelsels, wat aan jou lip of elders kan wees.

Die bommels en swelsels kan kom en gaan – soms daagliks, soms ’n paar keer per week. Soms beleef mense ’n episode wat ’n paar weke aanhou, veral as ’n virusinfeksie dit sneller.

Soms ontwikkel bommels uit die bloute en sonder rede, sê sy. “Meestal kan mense dit aan iets spesifiek koppel – ons noem dit ’n sneller. Die snellers verskil van mens tot mens. Van die algemeenste snellers is stres, ’n siektetoestand of infeksie en selfs jou menstruele siklus. Let op as jou dogter se lip weer opswel of julle dit aan een van hierdie snellers – of selfs iets anders – kan koppel.

“Vir sommige mense is die sneller meer fisiek. Lae en hoë temperature is baie algemeen. Só ontwikkel baie mense knoppe as hulle in ’n koue water stort of swem of skielik koud kry. Vir ander is hitte die sneller – wat al menige toeriste gevang het wat iewers in die trope gaan vakansie hou het. Kyk of dit dalk jou dogter pla?

“Daar is selfs mense wat bommels en swelsels ontwikkel weens direkte druk iewers op hul vel, soos ’n bra wat te styf sit.

“Probeer oplet na een of ander gemeenskaplike faktor – iets wat altyd teenwoordig is as sy bommels of swelsels ontwikkel. Dit gaan julle baie help om die situasie beter te bestuur.

Lipswelsel weens allergiese reaksie of histamienreaksie?

Die feit is dat ’n kosallergie ook lipswelsels kan veroorsaak – en dan kommerwekkend is omdat mens bekommerd is dat die lugweg ook kan toeswel.

As jy ooit ’n lipswelsel ontwikkel is dit belangrik dat jy onderskei en vasstel of jy ’n allergiese reaksie of ’n ander reaksie het. Daarom moet jy ’n allergiespesialis gaan spreek. Hy sal jou ook ondersoek vir angio-edeem.

As jou dogter se toestand veroorsaak word deur ‘n allergie, sal dit waarskynlik op antihistamiene reageer.

“Vir bommels en swelsels is verdere ondersoeke nie nodig nie.  Gewoonlik klaar dit vanself op. Maar dit kan maande, jare of selfs dekades neem. As dit erg hinderlik is kan jou dokter vir jou ’n hoë dosis antihistamiene voorskryf.

“As dit egter die genetiese, erflike vorm van angio-edeem is werk allergiese medikasies soos antihistamiene, kortisoon en epinefriene nie. Dit moet deur ‘n allergiespesialis gediagnoseer word, wat ook die regte behandeling sal voorskryf. Gee aandag hieraan want dit kan lewensgevaarlik wees.

“Almal wat opswel, om watter rede ook al, moet  baie versigtig wees, omdat jou lugweg heeltemal kan toeswel. Dit is belangrik dat enige vorm van lipswelling deur ‘n allergiespesialis geëvalueer word, vir ‘n korrekte diagnose en verdere bestuur.

“Almal wat opswel moet te alle tyd hul voorgeskrewe medikasie byderhand hou. Dit kan vorentoe hul lewe red.”

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.