Hoekom jy vyf eiers per week moet eet

Wonder jy of wonderwerke nog gebeur? Wat kan ’n groter wonderwerk wees as dat ’n eiergeel in ’n kuiken kan verander?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Eiers is een van die beste bronne van cholien, en as jy eers weet hoe goed dit vir jou is, sal jy seker maak dat jy vyf eiers per week eet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is cholien? Dis in 1998 as ’n noodsaaklike voedingstof verklaar en amptelik as ’n B-vitamien geklassifiseer. Het jy dit nodig? Ja, 425 mg – 550 mg daarvan per dag – ’n eier bevat sowat 300 mg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat doen dit vir jou? Dit help jou selwande op hul beste funksioneer. Voedingstowwe kan nie maar sommer net in jou selle insypel nie – ’n komplekse reeks reseptors en seine op die selwande abba hulle tot binne-in die sel. Hulle help jou senuwees met jou spiere kommunikeer. Cholien keer dat homosisteïen in jou bloed opbou wat jou risiko op hartsiektes verlaag; dit help vette afbreek en keer ’n vet lewer, en laastens verminder dit chroniese inflammasie.

Lees ook: Allerlekkerste sout Paasbolletjies

Hoe weet ’n mens jy het ’n tekort? Voortdurende moegheid, slaaploosheid, die onvermoë van die niere om die urine te konsentreer (jy piepie kort-kort en die urine is altyd lig), en vergeetagtigheid. As jy jou cholesterol laat toets en jou cholesterol-, homosisteïen- en trigliseriedvlakke is verhoog, het jy moontlik ’n ernstige tekort aan cholien.

Wat kan ek eet vir meer cholien? Eiergeel is die allerbeste bron, maar lewer, bone, grondbone, koringkiem en volgraanpap en –brood bevat ook cholien.

Wat van pille? Die beter gehalte vitamienpille bevat cholien en/of lesitien, die soja-gebaseerde bron van cholien.

Lees ook: Heerlike kuierkos-spyskaart vir Paasfees

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.