kategorieë: InspirasieJou lewe

Lori-Anne is “Bald and Beautiful”

Lori-Anne is Bald and Beautiful deur Beatrix Roux. Foto’s verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Een oggend in Oktober 2018 is dit tyd vir Lori-Anne van der Merwe Biebuyck se jaarlikse mammogram, en soos talle male tevore vat sy ’n paar vriendinne saam.  Dis mos net ’n roetine-ondersoek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die dokters kyk, en kyk weer na die skanderings en X-strale.

Daar word beraadslaag en tweede en derde opinies ingeroep. Dieselfde dag is dit biopsies en dan binne ’n paar dae die uitslag: dit is borskanker en daar is ook ’n kol op haar lewer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Soos ’n inbreker in die donker uur van die nag – dis hoe kanker werk.  Dit oorrompel jou onverwags, en skielik is jou lewe onderstebo en deurmekaar.  Partykeer huil jy, ander dae is jy kwaad, en soms vra jy in ongeloof: Hoekom nou dit?

Lees ook: Wat jy nou oor borskanker moet weet

Die Rooi Duiwel, of gevreesde intensiewe chemobehandeling, begin en so ook elke vrou se grootste nagmerrie – om jou haredos te verloor. Die skoonheidsindustrie floreer as gevolg van haardroërs, haarprodukte, haarverlengings en haarstileerders. Skielik het jy geen hare nie, en daarmee saam ’n groot, kaal kol in jou selfbeeld.

Lees ook: Lees ’n uittreksel uit Madelein Rust se nuwe boek, Kanker Schmanker

Lori-Anne se hare val uit en almal help turbans en doeke vou.  Binne ’n paar dae besef sy hierdie lappe gaan nie vir haar werk en dit is waar Lori-Anne se nuwe afdraaipad begin …

Die blink plan

Hats by Lori word gebore. Só ’n hoed is nie sommer ’n gewone hoed nie, maar een met styl, gemaklik, veerlig en met ’n parmantige blom teen die kant.  Dikkerige rekkantoenmateriaal en scuba-materiaal werk uitstekend.  Die patroon pas almal, laat ruimte vir stilering en hanteer alle weerstoestande.

Lori-Anne maak nie net vir haarself hoede nie, maar ook vir ander kankerpasiënte. Sy gaan gee elkeen persoonlik af waar vroue in die chemokamers van die Kaapse Skiereiland sit. Tans lewer sy ook hoede by die Onkologie-afdelings van verskeie hospitale af, wat dan deur die susters aan diens uitgedeel word. Goeie nuus versprei mos soos ’n veldbrand; hoede word deesdae landswyd teen ’n minimale bedrag gekoerier.

Lees ook: Borskanker sonder die knoppie: Is dit gevaarliker?

Hats by Lori it is haar eie pay it forward-projek en vriende en vreemdes spring ook in om te help vervaardig. Party sny, ander maak blomme (daar word selfs werkswinkels gehou) en ander hekel dat die wol so spat.

Tans word die meeste kostes deur Lori-Anne self gedra, en weldoeners maak of skenk blomme of lap en help met patrone uitsny. As jy graag ’n hoed wil hê of aan die projek wil deelneem: Gaan loer op die Facebookblad Bald and Beautiful en stuur vir Lori-Anne ’n boodskap.

Die eerste hoed is gratis (net R50 kouriergeld betaalbaar) en as jy van verskillende kleure hou, kos dit R100 per hoed.  Dit word met ’n persoonlike briefie van Lori-Anne verpak.

Die Facebookblad Bald and Beautiful is nie net die vertoonvenster vir hoede, nie maar ook vir Lori-Anne se ondervindings met bloedtrek-ekspedisies, die gevreesde rooi chemo, video’s oor wat jy nie vir kankerpasiënte sê nie, blompatrone, en selfs ’n foto of twee van haar liefdierbare honde, Ruby en Pippa.

Lees ook: Kanker: Wat om te sê … en wat om nie te sê nie

Dis Lori-Anne se persoonlike reis van daaglikse oorwinning deur elke fase van die behandeling. Bo alles is dit egter ’n groepsreis wat elke kankerpasiënt deur inligting en inspirasie kan bemagtig om die siekte met waardigheid en in gatskopstyl in die oë te kyk.

As jy wil deel word van die Hats by Lori-projek, kontak haar gerus via Facebook of op Instagram

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.