Korreltjie Kantel by die Woordgees. Foto: Vetman van der Naam
Foto’s verskaf of soos aangemeld.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Christine Truter en Wessel Pretorius vertolk die langafstandverhouding tussen Ingrid Jonker en André P. Brink, terwyl Luna Paige, Nick Turner en Jamie Jupiter Ingrid se gedigte verweef met hul unieke musikale interpretasies van die tragies, dog inspirerende liefdesverhaal. Onder regie van Mareli Pretorius. Teks en vervaardiger: Luna Paige. Hierdie opvoering het staande ovasies by musiekteaters en 5-ster CD-resensies in Afrikaanse publikasies ontvang.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Verdere inligting:
Plek: Weltevreden Restaurant Teater
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Datums en Tye:
3 Maart om 19h00
8 Maart om 12h30
9 Maart om 12h30
Kaartjies is beskikbaar by Computicket
Korreltjie Kantel by Woordfees. Foto: Vetman van der Naam
Sima Mashazi is ’n opkomende ster in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie. Sy het die rol van ’n jong Makeba vertolk in die internasionale musiekblyspel, Mama Africa (wat in Suid-Afrika en die VSA getoer het). Hierdie ervaring het Sima se bewondering vir Makeba se musiek en die vrou agter die musiek verdiep. In My Miriam Makeba Story deel Sima temas in Makeba se musiek en lewe wat haar aangeraak en ook ooreenstem met Sima se eie lewenspad en ervaringe as vrou en as kunstenaar. Sima sluit haar eie oorspronklike musiek in wat aansluit by Makeba se storie. Makeba-aanhangers kan uitsien na wêreldbekende treffers soos Phatha Phatha tot minder bekende musiekskatte soos Suliram. Aanhangers kan verwag om bekoor te word deur die besonderse talent van Sima Mashazi.
Verdere inligting:
Plek: Drostdy-teater
Datums en tye:
5 Maart om 18h00
10 Maart om 20h30
Kaartjies beskikbaar by Computicket
Kyk hier na die YouTube-skakel na ’n uittreksel van My Miriam Makeba Story
Sima Mashazi in My Miriam Makeba Story. Foto: verskaf.
Musiekliefhebbers het nog nooit hierdie gewilde vioolkonsert só hoor klink nie. Antonio Vivaldi se Vier Seisoene is in 1723 gekomponeer en bly een van sy bekendste werke. Dit word ook gesê dat hy in latere jare gedigte geskryf het waarin hy die musiek en sy ervaringe van die vier seisoene probeer verduidelik het. In Vivaldi se Vier Seisoene – Herbesoek / Four Seasons – Revisited kan jy nou die opwindende nuwe weergawe kom geniet. Die vioolparte word opgevoer deur uitmuntende meesters van hulle instrumente – Petrus de Beer op viool, Stanislav Angelov op trekklavier en Schalk Joubert op baskitaar.
Verdere inligting:
Plek: kykNET Fismer Saal
Datums en tye:
4 Maart om 17h30
9 Maart om 20h30
Kaartjies beskikbaar by Computicket
Vivaldi Vier Seisoene -Herbesoek. Foto: verskaf
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.