kategorieë: GrimeringSkoonheid

Lyk jonger met dié 6 grimeerwenke

1 Verbloem donker kringe onder jou oë

By Bobbi Brown glo ons dat jy eers ’n kleur-korrigeerder moet gebruik, daarna ’n verbloemer en laastens poeier. Die poeier help dat die verbloemer aanbly en aanhou verbloem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2 Die regte onderlaag is baie belangrik

Kies drie kleure wat jy dink by jou vel pas en trek drie strepe op jou wang (jy moet natuurlik nie grimering dra nie). Die kleur wat verdwyn is die regte kleur vir jou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3 Blosser

Jou blosser moet die kleur van jou wange wees wanneer jy klaar geoefen het. Niemand bloos bruin of brons nie, pienkerige of perske-skakerings is gewoonlik die beste.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4 Die kleur van jou lipstiffie en blosser moet ooreenstem

As jy byvoorbeeld koraalkleurige lipstiffie dra, moet jou blosser ook ’n effense oranje-ondertoon bevat.

5 Gebruik twee skakerings blossers

’n Donkerder, meer natuurlike kleur wat jy gebruik om vorm aan jou gesig te gee (meng dit vanaf die appels van jou wange opwaarts na jou slape en en weer bietjie afwaars na jou ore), en ’n helderder kleur op die appels van jou wange. Onthou, die appels van jou wange is die ronde gedeelte wanneer jy glimlag. Baie vroue trek hul wange in en wend die blosser in die holte aan. As jy dit doen, wend jy blosser onder jou wangbene aan en sal jou gesig meer hang.

6 Lippe

Die vleiendste lipkleur is een of twee kleure donkerder as jou natuurlike lipkleur.

Pssst: Bobbi Brown beveel aan dat jy eers met jou onderlaag, onderoog-verbloemer, blosser en lipstiffie begin. Hou jou oë vir laaste, want as die tyd jou vang, kan jy slegs ’n oogpotlood en maskara aanwend en steeds goed lyk.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

4 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.