Veroorsaak laktose-intoleransie jou of jou tiener se maagpyn?

Veroorsaak laktose-intoleransie jou tiener se maagpyn? deur Salome Delport. Hooffoto: iStock/nensuria

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Is babas nie gelukkig nie? Verreweg die meeste word gebore met die vermoë om melksuiker af te breek. Vir hulle bestaan laktose-intoleransie nie. Hulle laktase-ensiem – die een wat melksuikers in borsmelk en koeimelk afbreek – funksioneer optimaal. Daarom floreer hulle op melk!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nota: Hierdie artikel gaan oor laktose-intoleransie, nie oor koeimelkallergie nie, ’n geheel en al ander toestand en een waarmee baie babas sukkel.

Lees ook: Wat alle ouers moet weet oor allergie en wanvoeding

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die verskil tussen laktose en laktase

Laktose is die wetenskaplike naam vir melksuiker. Laktase, aan die ander kant, is die naam van die ensiem  in jou dermkanaal wat laktose afbreek.

Lees ook: 11 planne met melkplaasvervangers en melk vir mense met laktose-intoleransie

Hoekom het party mense laktose-intoleransie?

Verreweg die meeste mense in die wêreld en alle soogdiere se laktase-ensiem raak al minder aktief soos natuurlike borsvoeding of soging afneem. By party kom dit heeltemal tot stilstand, terwyl dit by ander net baie minder aktief raak. Prakties beteken dit dat die meeste kleintjies tot op vyf of ses baie goed melksuikers kan afbreek maar nie meer teen tien tot twaalf jaar oud nie. Tieners wat as kinders glase melk sonder probleme kon hanteer begin kla dat melk hulle affekteer.

By die meeste mense ter wêreld is hierdie natuurlike progressie na laktose-intoleransie die normale gang.

Lees ook: Wat is die reëls vir die veilige gebruik van aanvullings?

Laktasevoortbestaan, die teenoorgestelde van laktose-intoleransie

Maar laktose-intoleransie het ’n ander kant: laktasevoortbestaan, of lactase persistence. Weens ’n toevallige mutasie het die laktase-ensiem oorgeskakel na voortbestaan. Dit het vermoedelik in ’n klein deel van Wes-Europa ontwikkel – hoofsaaklik Brittanje, Nederland, Duitsland en die Skandinawiese lande. Die meeste van die mense wat laktose-tolerant is, is hul nasate.

Jy kan jouself indink hoe ’n groot voordeel dit was as jy tydens die kosskaars wintermaande koeimelk kon bly gebruik. Vandag is kos regdeur die jaar volop maar die voordele van laktasevoortbestaan geld steeds, wys die 2009 British Women’s Heart and Health Study. Hierdie ondersoek kon bevestig dat die vroue by wie laktase aktief bly minder osteoporose het, minder katarakte het, minder oorgewig is en effens langer is.

Maar het jou tiener laktose-intoleransie?

Dit is nie die lekkerste nuus om te hoor vir jou tiener dat hy/sy laktose-intolerant is nie. Veral nie as hy boonop moet leef in ’n wêreld waar melk baie wyd direk én verskuil gebruik word.

Dink net wat die mense met aktiewe laktase-ensiem met die grootste gemak onbeperk elke dag kan geniet, soos lasagne, quiche, vla, melktert, kaaskoek, koek en gebak, vulsels, roomys, mayonnaise, sjokolade, gesondheidstafies, plus van gewone tee en koffie tot al daardie lekker koffieplekvariasies soos macchiato, flat whites, choccoccinos en red espressos.

Feit is dat jy as ma só sal moet kook dat jou kind gesond voel. Anders gaan hy/sy die heeltyd sukkel met die simptome van laktose-intoleransie, soos maagpyn, opgeblaasdheid, diarree en winderigheid. Party voel ook sleg, is geïrriteerd en het hoofpyn.

Laktose-intoleransie is nie lewensgevaarlik nie maar dit is beslis ongemaklik.

iStock/nensuria

Aftiklysie vir diagnose van laktose-intoleransie

Begin by diagnose – sommer tuisdiagnose. Besoek dan jou dokter daarna of as hierdie toetse nie pas nie en as jou tiener steeds siek voel.

Hoeveel van die volgende is waar vir jou kind?

Dié vraelys geld nie net vir tieners nie. Soos ons ouer raak, kan mense wat normaalweg melk kon gebruik het ook laktose-intolerant raak.

  • Jou tiener kla van maagpyn, opgeblaasdheid, diarree en winderigheid. Sy maag grom (borborigmie).
  • Hy is geneig om naar te voel en/of te raak na ’n ete waarvan melk ’n groot deel was, soos ’n ontbyt met pap en melk.
  • Jou tiener se simptome begin tipies ’n uur tot twee uur na ’n ete waarvan melk deel was.
  • Jou tiener het as kind met gemak melk gedrink.
  • Jou tiener kan melk in tee en koffie hanteer.
  • Dit lyk asof jou tiener soms melk kan hanteer, en soms nie. (Baie mense is oukei solank hulle minder as ’n koppie per dag gebruik.)
  • Jou tiener het ’n melkgrens: as hy baie melk op een slag inneem, slaan die simptome toe. Hy kan byvoorbeeld lasagne eet, maar nie lasagne met kaaskoek as nagereg en ’n flat white koffie daarna nie. Of hy kan lasagne eet maar nie melkkos nie. ’n Groot bord pap met ooreenstemmend baie melk skep probleme maar nie pap met ‘n bietjie melk nie.
  • As jou tiener vir ’n week alle vorms van melk uitsny verdwyn al sy maagpyn, opgeblaasdheid, winderigheid, diarree en hoofpyn.

Lees ook: Ken ’n vis-allergie uit

Hoe om laktose-intoleransie te diagnoseer

Laktose-intoleransie kan met laboratoriumtoetse bevestig word. Maar gewoonlik dien ’n blootstellingstoets as genoeg bewys.

Maak só:

  • Laat jou kind vir twee tot drie dae melk in alle vorms uitsny.
  • As hy vir minstens 24 uur simptoomvry is is hy gereed vir die blootstellingstoets.
  • Gee hom ’n melkryke ete, met een tot twee koppies melk, soos melkkos of melk oor sy ontbytpap. (Hou by een koppie as jy vermoed jou kind is hipersensitief vir laktose. As jy net ’n vae vermoede het kan hy tot twee koppies melk gebruik maar moenie dit oorskry nie.)
  • As hy binne die volgende paar uur simptome toon het jy bevestiging van laktose-intoleransie.
  • Wenk: Dit is die veiligste om op ’n dag wat jou kind rustig tuis is te toets. En laat hy sy dosis melk liewer in die oggend drink. Dit is nie lekker as eksperimente met jul nagrus inmeng nie.

Lees ook: 11 planne en melkplaasvervangers vir mense met laktose-intoleransie

Belangrike nota oor melkallergie

Mense met ’n melkallergie wat ook asma het en/of vind dat hul keel toeswel, het ’n potensieel lewensgevaarlike allergie.

Hierdie kinders en tieners mag nóóit aan melk blootgestel word om te kyk of hulle werklik allergies is nie. Tieners met ’n melkallergie reageer meestal van kleins af op melk. Hulle reageer ook altyd op melk, en kan dit nie soms hanteer en soms nie. ’n Melkallergie verskil heeltemal van intoleransie vir melk.

Lees ook: Wat jy moet weet as jy allergies is

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.