kategorieë: Ons menseBekendes

Maak gereed vir Tertius en Tracy se ‘Binnelanders’-bruilof!

Stof jou dansskoene af vir ’n spoggerige geleentheid! Binnelanders se geliefde paartjie, dr. Tertius Jonker (Reynardt Hugo) en Tracy Smit (Melinda Viljoen), se langverwagte troudag breek Vrydag die 7de Februarie aan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tertius en Tracy se liefdespaadjie lees soos ’n sprokiesverhaal, al was dit nie altyd maanskyn en rose nie. Aanvanklik was hulle net goeie vriende, toe woonstelmaats wie se gevoelens vir mekaar geleidelik begin posvat en groei het – nie dat hulle dit aanvanklik aan hulleself, wat nog te sê mekaar, erken het nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maar die liefde laat hom nie voorskryf nie en het gelukkig oorwin, ten spyte van haas onoorkomelike struikelblokke. ’n Onverwagse swangerskap het byna hulle liefdesbootjie op die rotse laat beland, veral na Tracy se onthulling dat dr. Conrad Bester (Hykie Berg) met wie sy in ‘n vorige verhouding was, die pa is en nie Tertius nie. Tracy en die baba se verdwyning is gevolg deur skokgebeurtenisse, maar dit het een voordeel ingehou: Al die betrokke partye moes noodgedwonge die strydbyl begrawe. Nou maak Tertius en Tracy vir klein Leah (Liebe Viljoen) saam groot, sonder om die belangrike rol wat Conrad in sy dogtertjie se lewe kan en wil speel, gering te skat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Die sosiale media-ster Ruben Lambrechts gesels oor sy kaalvoet-plaaslewe en vreemde versoeke

Die tyd het aangebreek vir Tertius en Tracy om die knoop deur te haak.

Elsje Stark, ’n Binnelandersvervaardiger, sê oor die troue: “Die rok hang teen die kas, die troukoek is bestel – kortom, alles is gereël. Die bruidegom beplan selfs ‘n verrassing vir die bruid! Nou moet almal net duim vashou alles verloop volgens plan…”

Binnelanders-kykers word hartlik uitgenooi na die geleentheid. Teken dit in jou dagboek aan: Vrydagaand, 7 Februarie en Maandagaand, 10 Februarie om 19:30, net op kykNET, kanaal 144.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die mooimaakprogram ‘Stralend’ se Fafa de Klerk

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

21 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.