kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Maak jou badkamer diep skoon – ons wys jou hoe

Maak jou badkamer diep skoon – ons wys jou hoe deur Cornel Dunn

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jou badkamer moet altyd skoon wees. Hier is oulike wenke hoe om jou badkamer diep skoon te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Eklektiese badkamer

Lees ook: Vaar jou klerekas in en ruk hierdie 10 dinge reg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Voor jy begin

Sorteer jou wasgoedmandjie, vervang die handdoeke en raak ontslae van onnodige items in jou badkamer.

Dit gaan tyd in beslag neem. Dit is ’n marathon, nie ’n naelloop nie.

2. Jy gaan hierdie nodig kry

Maak seker dat jy al die benodighede byderhand het om die taak aan te pak. Jy wil nie halfpad stop om voorraad aan te skaf nie.

Benodigdhede:

  • Koeksoda
  • Borsel met harde vesels
  • Opwasmiddel
  • Afstoflappe
  • Rubberhandskoene
  • ’n Mop
  • ’n Veeldoelige skoonmaakmiddel
  • Sponse
  • Stofsuier
  • Wit asyn
  • Venster- en glasskoonmaakmiddel

Lees ook: Hoe om jou kombuis te “deep clean” en te organiseer

Goed, nou kan jy wegspring!

3. Skrop eers alle storte, wasbakke en toilette

Spuit die wasbak met veeldoelige skoonmaakmiddel en laat dit staan om alle seep en vetterigheid op te los.

Doen dieselfde met die toilet.

#rrWenk: Moenie van die basis van die toilet vergeet nie!

Lees ook: ’n Aftiklysie wat jy moet hê as jy verhuis

4. Ligte, spieëls en vensterbedekkings

Neem jou tyd om die aanpaksel rondom jou ligte te verwyder. Gebruik asyn hiervoor.

Om jou glas-stortdeure weer skitterblink te kry, gebruik ’n mengsel van witasyn en koeksoda. Laat dit staan vir ’n uur en vee dan die aanpaksels af.

Lees ook: Die beste wenke om vanjaar jou huis te “declutter”

5. Gordyne en badmatjies

Gooi al die gordyntjies en badmatjies in die wasmasjien. Maak net seker van die was aanwysings. Vervang jou plastiek stortgordyn. Dit is baie goedkoop en raak vinnig vuil of muwwerig.

Lees ook: Is jy seker jy maak jou leerbaadjie reg skoon?

6. Maak jou laaie skoon

Met tyd word hierdie ruimtes oorvol met onnodige items.

Haal alles uit sodat jy die laai behoorlik kan skoonmaak.

Neem ook hierdie tyd om die inhoud uit te sorteer en onnodige items of die wat verval het weg te gooi.

Lees ook: Hoe om jou skoonheidsrakkie reg te pak – en wat jy nou moet weggooi

7. Onthou die pleisterklei (Grout)

Jy kan pleisterklei-skoonmaakmiddel self aanmaak.

Spuit die teëls af met ’n mengesel van ewe veel asyn en water. Laat dit staan vir ’n paar minute. Skrop dit dan met ’n borsel of ou tandeborsel en spoel af.

Meng koeksoda met water tot ’n stewige pasta. Smeer dit oor die pleisterklei. Sproei dit weer goed met die asynmengsel. Dit sal borreltjies vorm. Skrop weer en spoel af met skoon water.

#rrWenk: Matskoonmaak-produkte werk ook goed op pleisterklei.

Hooffoto:Vecislavas Popa vir Pexels

Lees ook: Hoe om jou handsakke en inkopiesakke reg skoon te maak

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.