kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Maak jou eie Kerskrans

Maak jou eie Kerskrans deur Cornel Dunn en Elandrè Swart. Hooffoto:Svetlana-Cherruty/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Flourish wys ons hoe om ons eie Kerskrans te maak in net drie maklike stappe! Jy kan self ook klasse by hulle neem teen R350 per persoon. Vir meer inligting, klik hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Benodigdhede:

  • Oase
  • Kabeltrekkers (cable ties)
  • Plastiekbasis vir krans
  • Loof en enige ander blomme/bessies wat jy wil gebruik
  • Lint
  • Bloemistedraad
  • Gomgeweer
  • Sierspelde

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Stappe

Stap 1: Sny 2 blokke oase in die middel deur (sodat jy 4 blokke het) en druk hulle in die basis in. Sny die oortollige oase af sodat dit ’n sirkel vorm. Gebruik jou kabeltrekkers om die oase aan die basis vas te maak.

Stap 2: Gebruik dodder en mos om die oase-sirkel te bedek. Buig die bloemistedraad in ’n U- vorm en druk die dodder of mos in die oase in, sodat dit mooi stewig vassit. Indien nodig, gebruik ’n gomgeweer om enige los stukkies vas te plak. Werk kloksgewys en begin om die loof in te druk.

Stap 3: Begin nou om verskillende tipes loof, bessies en blomme in te druk. Gebruik ’n verskeidenheid van teksture en blaargroottes. Kies ’n fokuspunt en druk ’n fokusblom in met ander fyner blommetjies of bessies. Maak seker jou krans lyk mooi vol en dat daar niks oase uitsteek nie. Kies ’n paar verskillende linte met verskillende diktes en steek hulle vas met ’n mooi speld.

Lees ook: Doen-dit-self: Kokedama

#rrwenk: Vir ’n bietjie ekstra glans, gebruik feeliggies in jou krans. Jy kan jou krans ophang of as ’n fokuspunt op jou tafel plaas. Sit sommer ’n paar spesiale kerse in die middel, of enigiets wat vir jou mooi is.

Lees ook: Jy kan self ’n troukrans maak

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.