Dis oukei om vreemd te wees: Wat Margaret Gardiner by Julia Child-reeks geleer het

Deur Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Eet meer! As jy my op Facebook volg, sal jy sien dis die tipe kritiek wat ek gereeld kry. As jy my op YouTube volg waar ek regstreekse onderhoude met akteurs en bekendes doen, is daar die konstante debat oor my stem. Dis geliefd en gehaat – amper soos die gordel om my middellyf. Hoekom deel ek hierdie persoonlike en ietwat pynlike aanmerkings van vreemdelinge? Veral omdat ek weet dit net menings is en ek dit net moet afskud?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek doen dit, want terwyl ek na die tweede seisoen van HBO Max se Julia gekyk het, het dit by my opgekom dat Julia ook ’n groot vrou met ’n kenmerkende stem was, wat onregverdige menings die hoof moes bied. Ek probeer nie sê ek is net soos sy of dat my eie toekennings gelyk is aan haar ongelooflike prestasies is wat die reeks uitbeeld nie – dit gaan natuurlik veel verder as net haar kookvaardighede. Maar dis altyd lekker om te weet ander het op dieselfde snaakse paaie gestap en dit met hul eer in takt reggekry.

Julia se wese is iets waarvan my ma my geleer het: Glimlag wanneer jy gekritiseer word – en behaal sukses. Ken jouself. Luister, oorweeg en wees vry om op jou tog voort te gaan net soos jy is. Hierdie was die karaktereienskappe van die wonderlike Julia Child waarop hierdie reeks gegrond is. As jy nie haar naam of die reeks ken nie, por ek jou graag met ’n paar vrae aan.

Is jy lief vir kos? Hou jy van kosmaak? Neem jy graag foto’s van wat jy maak of eet en plaas jy dit op sosiale media? Het jy geweet die persoon verantwoordelik daarvoor dat ons so gefassineerd daarmee is om ons kos af te neem, die einste Julia Child is?

Die naam is dalk lankal uit die mode, maar in Amerika is sy net so ikonies soos die Vryheidstandbeeld. Die begaafde kok wat Franse kookkuns na die massas gebring het, was veral bekend vir haar eiesoortige stem – met die hoë trillende klank – en haar 1,87 m liggaamsbou.

Hierdie twee eienskappe begin egter nie eers om werklik te beskryf wie hierdie ongelooflike vrou was nie. Hierdie onortodokse moedersfiguur het gewerk vir die Office of Strategic Services (OSS) wat ’n voorloper van die CIA was. Onder haar vele toekennings het sy gehelp om haai-afweermiddels te ontwikkel en sy was deel van die span wat uiters geheime kommunikasie oor die inval in Maleisië hanteer het. Haar liefde vir kos het in China ontwikkel. Sy is op 34-jarige ouderdom met mede-OSS-offisier Paul getroud. Hy het haar aan Franse kookkuns voorgestel wat haar geïnspireer het om ’n kookboek oor Franse kookkuns te skryf. Die eerste seisoen van die HBO-reeks handel hieroor en verduidelik hoe sy ’n huishoudelike naam in Amerika geword het. Terwyl hulle haar kookboek op ’n program genaamd I’ve been reading bemark het, was die vervaardigers so betower met haar groot en innemende persoonlikheid dat hulle haar haar eie program gegee het, French Chef. Die uitsending het tot ’n revolusie in Amerikaanse kookkuns gelei.

Chris Keyser, die man agter die skerms, skrywer en uitvoerende vervaardiger van Julia, beskryf Julia Child se aantrekkingskrag só: “Sy het haar lewe geleef op ’n manier wat vir ons almal goed is om te leef. Wat ook al jou passie is, probeer om dit na te streef. Jy moet vreugde vind waar jy kan. Aanvaar jou eie beperkinge. Wees oukei daarmee om te misluk op pad na waar ook al jy heen wil gaan.”

Terwyl die eerste seisoen van Julia mense op ’n eenvoudige manier vermaak het, is die tweede seisoen skitterend en ondermynend. Dit handel oor die verskeie oorloë wat vandag nog in Amerika gevoer word: van seksopvoeding tot geslag en burgerregte. Die hardhandige wyse waarop vorige programme hierdie onderwerpe al tot vervelens toe herhaal het, sal enigeen laat weghol. In die tweede seisoen van Julia word hierdie onderwerpe egter amper soos ’n klein bordjie hanteer. Dit is soos garnering op ’n maaltyd van ’n TV-program wat ’n persoonlikheid vol vreugde vasvang en wat ook heerlike kos skep.

Die kersie op die koek is die stel se bekleding en kleredrag wat ’n duidelike huldeblyk aan die era en die baldadige kleure van Frankryk se somers is. Ons ontmoet ook historiese figure soos Jean Paul Sartre en hoor meer oor die amusante verskille in benaderings tot monogamie en huwelik tussen Frankryk en Amerika.

Daar is ’n rede waarom die program ’n rits van Amerika se gunsteling- Broadway- en karakterakteurs gelok het. David Hyde Pierce (Frasier), Isabella Rossellini, Judith Light, Bebe Neuwirth en Brittany Bradford onder andere.

Die ster van die program is egter Sarah Lancashire in die rol van Julia Child. Meryl Streep het Julia Child vertolk in die 2009-rolprent Julia & Julia waarvoor sy die Golden Globe gewen het en ’n Oscar-nominasie ontvang het. Dit gesê, Sarah Lancashire beliggaam Julia Child op ’n manier wat die ware wese van die vrou vasvang. Sy is nog nooit gevang dat sy probeer spot nie. Haar stem is bloot haar stem en nie ’n effense knipoog vir die gehoor nie.

As jy na die program kyk, raak jy verlief op Julia. Die tweede seisoen handel oor alledaagse uitdagings van ’n maat se jaloesie, wat agtergelaat word en om buite die kollig te wees. Dit beklemtoon mededinging tussen vroue, maar ook, voorspraak vir vroue en die idee van “power behind the throne”. Dit herinner ons aan ’n era in die werksplek waar vroue die werk gedoen het, maar teruggestaan het sodat die man die krediet kon kry. Julia fokus op die veranderinge van mag, toegang en aanspreeklikheid, terwyl dit jou laat lag omdat jy wonder wie die tyd het om al daardie ure aan die kombuis te wy. Dis omtrent ’n fees van kostuums, kleur, humor en kos waaraan jy met jou oë kan smul.

Volg Margaret op Facebook, Twitter en Instagram!

Lees ook: Margaret Gardiner se moetie vir ’n miserabele dag

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

34 mins Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

50 mins Gelede

Roeline geniet dit vreeslik om “mevrou dominee” in Diepe waters te speel

Roeline Daneel, bekend vir haar rolle in Fraksie, Binnelanders en Fynskrif en die wenner van die beste aktrise in ’n…

3 hours Gelede

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

21 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

1 day Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.