Basiliekruid-slaaisous
- Room die knoffel: Verwerk die knoffel, ’n groot hand vol basiliekruid, 40 ml (3 e) kappertjiesaad, 10 ml (2 t) Dijon-mosterd, 160 ml (²⁄³ k) olyfolie en 30 ml (2 e) suurlemoensap in ’n voedselverwerker. Meng goed.
Jogurt-en-koljander-slaaisous
- Meng 125 ml (½ k) Griekse jogurt, 80 ml (¹⁄³ k) lemmetjiesap, ’n hand vol vars koljanderblare en ’n geroomde knoffelhuisie. Geur met sout en gemaalde swartpeper na smaak.
Heuning-en-mosterd-slaaisous
- Meng 125 ml (½ k) olyfolie, 30 ml (2 e) heuning, 10 ml (2 t) korrelmosterd, 30 ml (2 e) witwynasyn en ’n paar vars tiemietakkies. Geur met sout en gemaalde swartpeper.
Wenke
- Slaaisous hoef nie net vir slaai gebruik te word nie. Roer dit deur warm aartappels, of marineer vleis daarin.
- Sit sommer al die bestanddele in ’n glasbotteltjie wat dig sluit. Draai styf toe en skud goed tot die sous bymekaarkom.
- Sit as doopsous saam met ciabattabrood voor.
