kategorieë: Leef gesondGesondheid

Maak jou werk jou siek?

Maak jou werk jou siek? deur Anet Schoeman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sal jy jou broodjie van ’n toiletsitplek af eet? Die gemiddelde kantoorwerkvlak het vierhonderd keer meer kieme as die gemiddelde toiletsitplek!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is drie dinge wat jy nou oor jou gesondheid en jou werk moet weet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Kieme

Die feite

Volgens Amerikaanse studiebevindings is die foon die mees besmette voorwerp in die kantoor. Daar is 25 000 organismes per foon gekry. As die foon boonop deur verskeie mense gebruik word, is dit nog erger.

Doen dit
  • Vee jou werkvlak, telefoon en selfoon daagliks met antibakte-riese doekies af, of met ’n skoon klam lap met skottelgoedseep.
  • Was jou hande voor jy eet, of gebruik antibakteriese jel.
  • Probeer om nie by jou werkvlak te eet nie. As jy wel daar eet, skuif jou sleutelbord weg, sprei ’n servet oop en eet daarop. Kosdeeltjies wat tussen die sleutels inval, is ’n broeiplek vir bakterieë. Suig die sleutelbord een keer per week met ’n stofsuier uit, of dop dit om en skud liggies.
  • Kry jou eie beker vir tee en koffie as die kantoor nie ’n skottelgoedwasser het nie. So keer jy dat jy die beker gebruik wat die hele naweek met ou koffie staan en muf het en net vinnig op Maandag-oggend uitgespoel is. (Volgens een toets het een uit elke vyf bekers stoelgangbakterieë op gehad.)
  • Was jou waterbottel gereeld met ’n bottelborsel en seep. Water is nie steriel nie en kieme kan ook hier vermeerder.
  • Was jou hande met seep as jy in die toilet was. Meer as 25% kantoorwer-kers doen dit nie. Probeer om nie aan die handvatsel van die badkamerdeur te vat wanneer jy uitgaan nie. Gebruik jou elmboog, mou of ’n snesie.
  • As jy nies of hoes, doen dit in ’n snesie of in die waai van jou arm – nie in jou hand nie. Dis dieselfde hand waarmee jy net daarna iemand se hand skud, of aan die telefoon vat. Gooi gebruikte snesies dadelik in die asblik. Moenie op jou werkvlak los nie.
  • Die kantooryskas is ook ’n bron van kieme. Vee die handvatsel gereeld met antibakteriese lappies of ’n klam lap af. Maak ’n reël dat die yskas teen die einde van elke week leeggemaak en skoongemaak word.
  • Beskerm jou kos en sit dit in ’n kosblik met styfpassende deksel in die yskas – veral as kollegas rou kos in die yskas sit.
  • Deurhandvatsels is ook ’n groot broeiplek vir kieme omdat dit die een plek is waar almal vat – ook dié wat nie hul hande met seep gewas het nadat hulle in die badkamer was nie.
  • Die kantoordrukker is ook ’n bron van kieme. Moenie aan jou gesig of oë vat terwyl jy daarmee werk nie en was jou hande agterna.
  • Lugversorging kan ook kieme sirkuleer as die filter nie gereeld skoongemaak word nie. Vra hoe gereeld jou kantoor dit doen. Kruisventilasie is ideaal waar ’n venster naby ’n deur oop is sodat lug kan sirkuleer.
  • Bly tuis as jy siek is. Jy doen jouself en jou kollegas ’n groot guns.

2. Werkstres

Jeukerige knoppe op jou vel, diarree, skeelhoofpyn, onwelriekende voete, tande kners, onvermoë om swanger te raak, hare wat uitval … Dis maar net ’n paar van die nare simptome wat jou kan teister as jy ’n werk het wat dag na dag aan jou senuwees knaag.

Volgens die American Psychological Association se jaarlike meningsopname het 61% van Amerikaners gesê hul werk is die grootste oorsaak van hul stres. Ons brein en liggaam sukkel om te onderskei tussen stres van ’n werklike gevaar, soos ’n leeu wat jou jaag, en stres van ’n persepsie van gevaar, soos ’n baas wat heeldag in jou nek blaas. Die negatiewe uitwerking van albei is dieselfde.

Wanneer ons stres, skei ons liggaam hormone en chemikalieë af wat onder meer ons hartklop verhoog, bloeddruk opjaag en spiere stimuleer. Dis ideaal as jy vir ’n honger leeu vlug, maar nutteloos as dit ’n kollega is wat jou boelie, of ’n baas wat jou onder werk toegooi.

Die veg-of-vlug reaksie moet jou in ’n oomblik van nood help, nie dag na dag deel van jou lewe wees nie. Sekere posisies het meer druk as ander, maar die druk moet sporadies wees, en nie van so ’n aard dat dit jou verlam nie. As jou liggaam lang tye onder stres funksioneer, raak hy uitgeput en dit kan jou gesondheid benadeel – en selfs ’n hartaanval of beroerte veroorsaak.

Maak so

Wat veroorsaak stres?

  • Hoë werkslading, onduidelike en onrealistiese verwagtinge van jou bestuurder en lae vergoeding.
  • Digitale oorlading laat jou heeltyd aan werk dink en keer dat jy ná werk afskakel
  • Twee derdes van Amerikaners het in ’n studie gesê hulle het nie genoeg tyd om hul werk te doen nie.
  • Seksuele teistering en boelie. (’n Kennis vertel van ’n manlike werker wat gereeld sy hand in sy broek druk en vroetel as hy met haar praat.)
Wat kan jy doen
  • Kry aktiwiteite ná werk, soos oefening, stokperdjies en kuier saam met vriende om jou te help om af te skakel.
  • Maak reëls oor hoeveel en wanneer jy by die huis werk.
  • Praat met iemand by die werk oor die dinge wat jou pla.
  • Skakel ná werk goed soos e-posse en foonboodskappe af.
  • Maak ’n plan om meer te slaap. Volgens studiebevindings kan jy maklik uitbrand as jy minder as ses uur per nag slaap.
  • Fokus op die goeie aspekte van jou werk.

3. Ergonomie

Baie van ons bestee amper die helfte van ons wakker ure voor ’n rekenaar. Laat jou kollega ’n foto van jou neem terwyl jy voor jou rekenaar sit en kyk of jy aan die ergonomiese vereistes voldoen.

Kenners by die Amerikaanse Mayo-kliniek sê jy moet op die volgende let:

  • Jou skerm moet ongeveer ’n armlengte voor jou oë wees en op, of net onder ooghoogte. As jy met twee skerms werk, beweeg jou oë op en af en moenie jou nek onder spanning sit deur
    heeltyd boontoe te kyk nie. Hou skerms reg voor jou monitor. (Wenk: As jy bifokale lense het, verlaag jou skerm nog so twee tot vyf sentimeter om beter te fokus.)
  • Jou gewrigte moet reguit wees en jou hande moet op dieselfde hoogte as jou elmboë wees of laer.
  • Armleunings moet só gestel wees dat jou arms liggies daarop rus terwyl jou skouers ontspanne is – m.a.w. nie te hoog nie.
  • Sit reguit in jou stoel. ’n Goeie kantoorstoel is ’n verstandige belegging as jy in ag neem hoeveel ure jy daarop deurbring. Stel jou stoel se hoogte sodat jou knieë omtrent op dieselfde vlak as jou heupe is. Jou voete moet plat op die vloer wees. Indien nie, kry ’n voetrus (’n stewige boksie werk goed, of stapel ’n paar telefoonboeke opmekaar en plak dit met keeflint aan mekaar vas.)
  • Kyk waar alles op jou werkvlak staan. As jy heeltyd skuins draai om by die telefoon uit te kom, gaan dit op die lange duur jou liggaamsposisie skeeftrek. Staan liewer op om iets te kry as om ver oor te leun.
  • Die muis moet maklik bereikbaar en op dieselfde vlak as die sleutelbord wees.
  • Moenie die foon tussen jou wang en skouer vasknyp nie. Sit die foon op luidspreker, of kry oorfone.

Loer hier vir nog goeie raad

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

19 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.