kategorieë: VerhoudingsJou lewe

16 redes vir erektiele disfunksie en wat jy daaraan kan doen

16 redes vir erektiele disfunksie en wat jy daaraan kan doen deur Mariette Snyman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Net nie dit nie!

Vrees het ’n verlammende uitwerking – veral ’n vrees wat verswyg word. In ons “verligte” samelewing, waar talle taboes ironies genoeg steeds seks en seksualiteit geld, word daar selde gemaklik oor erektiele disfunksie gepraat.

Dit terwyl die probleem wyd voorkom en baie mans laat wakker lê, hul selfbeeld knou en hul verhoudings ingrypend raak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat behels hierdie emosioneel gelade verskynsel?

Erektiele disfunksie of ED word omskryf as die onvermoë om ’n ereksie te kry of te behou wat styf genoeg is om ’n vagina met geslagsgemeenskap te penetreer.

Lees ook: Alles wat jy nou moet weet oor erektiele disfunksie – en wat julle daaroor kan doen

In Seisoene van seks (Naledi, 2009) skryf kliniese seksuoloog Leandie Buys dat ED nie ’n siekte is nie, maar die simptoom van ’n dieperliggende probleem. ED moet ook nie verwar word met ’n lae libido (min belangstelling in seks) of met die onvermoë om ’n orgasme te kry of te ejakuleer nie.

ED is nie ongewoon nie. Baie mans sukkel soms om ’n ereksie te verkry of te behou. Omtrent 40% van alle mans bo veertig, 50% van die mans bo 50, 60% van die mans bo 60 en 70% van alle mans bo 70 ervaar soms dié probleem.

Afgesien van veroudering, obesiteit, dwelm- en oormatige alkoholgebruik kan verskeie faktore tot ED aanleiding gee. Fisieke oorsake sluit diabetes, hoë bloeddruk, hoë cholesterol en hartvatsiektes in. Die newe-effekte van sekere soorte voorgeskrewe medikasie, soos betablokkers en antidepressante, kan ook daartoe lei.

Om die oorsprong van ED te bepaal en die toestand doeltreffend te behandel, is nie heeltemal so eenvoudig as wat dit op die oog af lyk nie.

“Doeltreffende seksuele funksionering is ’n komplekse proses wat sielkundige en sosiale reaksies, sowel as neurologiese, biochemiese en vaskulêre prosesse insluit,” sê dr. Woolf Solomon, kliniese sielkundige en seksterapeut van Johannesburg.

“Selfs wanneer ED ’n duidelike fisieke oorsaak het, is daar gewoonlik ook sielkundige aspekte betrokke. Soms is die oorsaak suiwer psigologies. Dis vir baie mans ’n groot verligting as ek hulle gerusstel dat die probleem in hul kop ontstaan het. Ek noem dit die worry problem, en dit kan suksesvol opgelos word.

“Een geval wat my bybly, is ’n groot, sterk man wat op 36 ná ’n hewige drinksessie erektiele disfunksie ervaar het. Hy het ’n dokter gaan spreek en moes hoor dat hy impotent was en nooit weer seks sou kon hê nie. Hy het twaalf jaar lank seksuele kontak met vroue vermy. Hy het begin spiere pomp en gereeld in gevegte betrokke geraak. Met ons eerste afspraak het ek vasgestel
dat hy steeds suksesvol masturbeer en soggens met ’n ereksie wakker word. Ek het gesê die probleem lê nie op fisieke vlak nie. Hy het net daar in trane uitgebars. Ná drie of vier terapiesessies het hy weer begin date, en later ’n normale seksuele verhouding gehad.”

Elke geval is uniek, en dr. Solomon werk dikwels saam met spesialiste soos uroloë, hoewel hy op die sielkundige oorsake van ED fokus. Dit is ook die fokus van dié artikel.

Dr. Solomon is aan die woord:

1. Prestasie-angs

Onrealistiese en obsessiewe besorgdheid oor seksuele prestasie is een van die algemeenste redes vir voortdurende erektiele disfunksie. Dit het veral betrekking op mans met bestaande erektiele
probleme of mans wat premature ejakulasie ervaar. ’n Man kan hom so bekommer of hy ’n ereksie sal kry en dit lank genoeg sal behou om gemeenskap te voltrek en sy maat te bevredig, dat hy begin voel hy moet dit “laat gebeur”.

’n Ereksie is ’n natuurlike reaksie op erotiese stimulasie. Dit kan nie deur wilskrag tot stand gebring word nie.

Inteendeel, intense, negatiewe fokus het die teenoorgestelde uitwerking.

Ek kom agter dat mans in dié omstandighede met hul geslagsorgane begin praat en smeek dat hulle volgens verwagting moet reageer.

Hierdeur distansieer hulle hulle van hul liggame en van die seksuele opwekkingsproses; emosioneel word hulle toeskouers.

Ek sê gewoonlik: “Hou op om met jou penis te praat, praat liewer met jou maat!”

Lees ook: Hoe om die beste orgasmes en seksuele bevrediging op enige ouderdom te kry

2. Negatiewe verwagtings

Wanneer een “mislukking” op die ander volg, verwág die man en sy maat dit later. Dit word ’n selffulfilling prophecy. Hierdie bose kringloop kan ED as ’n patroon vestig en selfs tot die staak
van seksuele aktiwiteit lei.

Lees ook: Mans moet dokter toe gaan as hulle enige van hierdie 7 tekens sien

3. Angs en depressie

Angs en depressie word in die reël as die kernoorsaak van ED gesien. Dit kan die gevolg wees van nieseksuele kommerwekkende kwessies, of spesifiek te doen hê met prestasie in die slaapkamer.

Indien angs en depressie nie die oorsaak van ED is nie, is dit dikwels die gevolg.

Lees ook: Wat jy nou moet weet oor seks en depressie

12 tekens wat wys dat jou depressie beter is – en wat om te doen as jy nog nie beter voel nie

4. Verhoudingsprobleme

Verhoudingsprobleme kan tot ED aanleiding gee, en dit ook in stand hou. As een van die verhoudingsmaats ’n wrok teen die ander koester, of as die toegeneentheid tussen hulle verdwyn, raak dit moeilik om ’n bevredigende seksuele verhouding vol te hou.

Lees ook: Wat jy nou moet weet oor seksuele oriëntasie en seksuele gedrag

5. Swak kommunikasie

Uit kulturele en godsdienstige oogpunte word seks dikwels as “vuil” of ongewens beskou, en oop kommunikasie daaroor word beswaarlik aangemoedig.

Daarom praat min mense maklik en sonder voorbehoud oor hul ervaring van seks, selfs met hul verhoudingsmaats. Baie paartjies wat met seksuele disfunksie worstel, doen dit in stilte. Só word daar nie oor een van die twee se intieme begeertes en behoeftes gepraat nie en boonop begin hulle gewoonlik raai wat die ander een dink en voel – met noodlottige gevolge.

Lees ook: Die dieper betekenis van seks

6. Spanning

Werk-, gesins- of persoonlike stres wat nie sinvol bestuur word nie, kan seksuele begeerte beïnvloed en tot erektiele disfunksie bydra. Baie mans ervaar fisieke, sielkundige en emosionele simptome wat moegheid, ’n toename in spierspanning en veranderinge in kardiovaskulêre funksionering insluit. Die intensiteit daarvan hang af van die persoon se persoonlikheid en algemene
vermoë om stres te hanteer.

Die tydsdruk eie aan ons manier van leef vererger hierdie probleem. Mans, en paartjies, maak dikwels nie tyd om erektiele disfunksie te bespreek en oplossings te soek nie. Seksuele kontak, sowel as kommunikasie hieroor, word eenvoudig vir lang tye vermy.

Stres plaas die sekshormone onder druk en die gevolglike gebrek aan seksuele begeerte vererger die loop wat ED neem.

Lees ook: Hoe om angstigheid en uitbranding aan te spreek

Hoe oefening jou gelukkiger kan maak

7. Buitehuwelikse verhoudings

ED word dikwels voorafgegaan deur die man se ontdekking dat sy vrou ’n affair (gehad) het. Wanneer die man ’n affair het, kan skuldgevoelens ook tot ED lei.

Ontrouheid is meestal ’n aanduiding van ander probleme in die verhouding en kan lig op die verloop van erektiele disfunksie werp.

Lees ook: Die Menslike Papilloomvirus en hoe dit jou gesondheid kan affekteer

8. Nuwe verhoudings

Nuwe verhoudings, veral wanneer iemand voorheen dekades lank getroud was, hou groot uitdagings in. Soms voel ’n man wat weer met vroue begin uitgaan so onseker soos ’n tiener. Mans wat hul lewensmaat verloor het, worstel dikwels met skuldgevoelens wanneer hulle ’n nuwe seksuele verhouding aanknoop. Dit kan ED aanhelp.

Ek spreek ook soms mans wat moeite doen om hul nuwe liefde vir ’n idilliese naweek na ’n pragtige omgewing te neem, en dan so angstig raak dat hulle erektiele disfunksie ervaar.

Lees ook: 6 redes hoekom seks goed vir jou is

9. Onrealistiese verwagtings

Mense se individuele seksuele verwagtings bepaal grootliks die mate van tevredenheid wat hulle in die verhouding ervaar. Onrealistiese verwagtings kan ED veroorsaak. Mans voel soms vroue verwag dat hulle op aanvraag ’n ereksie behoort te kry, dat hul ereksies altyd kliphard moet wees, dat hulle altyd hul maats volkome moet bevredig of dat die seksuele ontmoeting skouspelagtig moet wees. Niemand kan aan hierdie verwagtings voldoen nie.

Soms stel mans onhaalbare eise aan hulself. Dit wat in die media as normale “manmoedigheid” uitgebeeld word, moet met ’n knypie sout geneem word.

Sommige mans kyk na pornografie en besef nie dat pornosterre inspuitings kry om so te presteer en in elk geval op grond van hul besondere bou gekies word nie. Hierdie “helde” is kwalik die maatstaf vir gewone mense. Dis ook onrealisties om op 55 te verwag dat jy jou “prestasie” op 20 moet kan ewenaar. Die feit dat vroue in hul sestigerjare ’n tweede seksuele piek bereik (die eerste
is in hul dertigs) kan ook komplikasies veroorsaak.

10. Slegte ervarings

’n Tipiese voorbeeld hiervan is ’n jong man wat my kom spreek het. Hy het op 18 sy eerste seksuele belewenis gehad – ’n skelm vryery op die agterste sitplek van ’n motor – wat hy nie op ’n ontspanne manier kon geniet nie. Latere seksuele ontmoetings was geensins rustiger of in bevorderlike omstandighede nie. Uiteindelik het ’n ouer vrou hom touwys gemaak, maar
sy het baie meer van hom geëis as wat hy kon gee. Dit het hom getraumatiseer en tot erektiele disfunksie gelei.

11. Die verlies van aangetrokkenheid

ED weerspieël soms die feit dat een van die maats nie meer tot die ander een aangetrokke voel nie. Dit kan die gevolg wees van gewigstoename of ’n simptoom van emosionele
probleme in die verhouding (hoewel ek eenmaal ’n paartjie behandel het waar die vrou 48 kg oorgewig was en seks was volgens albei die één bevredigende aspek van hul verhouding).

Lees ook: Hoe om meer intimiteit in jou verhouding te skep

Vroue, ons selfbeeld, en hoe dit ons geluk beïnvloed

Hoe jy jou onbewuste aan jou kant kan kry met gewigsverlies

Hoe om vir jouself mooi te word en te bly

12. Disfunksie by jou maat

Erektiele disfunksie kan voorafgegaan word deur seksuele disfunksie by die verhoudingsmaat.

As ’n vrou byvoorbeeld sukkel om ’n orgasme te bereik of min belangstelling in seks toon, kan premature ejakulasie of ED die gevolg wees. ’n Toestand soos vaginisme, waar die vrou se vagina te styf is om penetrasie toe te laat, kan erektiele disfunksie versterk.

Lees ook: Wanneer seks seer is vir vroue – wat jy nou moet weet oor vaginisme

Wat jy nou moet weet oor vroue, menopouse en seks

13. Verskille in begeerte

Twee mense is selde op dieselfde oomblik ewe honger. Net so kan daar groot verskille wees in ’n paartjie se seksdrang.

Die samelewing versterk die mite dat mans “altyd lus” is en dat vroue dikwels “hoofpyn” kry, maar ’n vrou kan ook die een met die sterker begeerte na seks wees.

Wanneer hierdie ongelykheid nie in oop gesprekke aangeroer word nie, kan die uiteenlopende verwagtings ED tot gevolg hê.

Lees ook: Die oorsake van lae libido in mans – en wat julle daaroor kan doen

14. Veroudering

Veroudering hoef nie tot seksuele disfunksie te lei nie. Die individu se reaksie op ouderdomsverwante veranderinge is bepalend vir die moontlike ontwikkeling van ED.

Die meeste mans, veral dié bo 50, word deur voorspelbare, normale veranderinge geraak. Seksuele begeerte mag verminder, meer direkte stimulasie van die genitalieë mag nodig wees en ereksies kan swakker wees as op 35 of 40.

Algemene fisieke veranderinge soos gewigstoename en ’n afname in mobiliteit mag beteken dat baie mans (voel of hulle) hul aantreklikheid verloor. Sekere siektetoestande waarvan die voorkoms met ouderdom toeneem, soos hartvatsiektes, Parkinson se siekte, degeneratiewe gewrigstoestande en kwaadaardige siektetoestande, kan ook seksuele funksionering inperk. Die medikasie wat hiervoor gebruik word, speel dikwels ook ’n rol.

15. Mites en wanvoorstellings

Oningeligtheid of onakkurate inligting kan ’n man vatbaar maak vir erektiele disfunksie of dit laat voortduur.

As daar nie doeltreffende kommunikasie tussen verhoudingsmaats is nie, val ’n belangrike manier weg waarmee misverstande opgeklaar of nuwe ontdekkings oor jou maat gemaak kan word.

Paartjies met seksuele probleme bestee dikwels toenemend minder tyd aan voorspel.

’n Man met premature ejakulasie of ED mag voorspel vermy omdat hy bang is hy raak te gou of onvoldoende gestimuleer.

Lees ook: Hoe om beter oor seks te praat

16. Sielkundige reaksie op organiese faktore

Die emosionele gevolge van ingrypende siektes of operasies kan seksuele aanpassing bemoeilik. Iemand wat nog nooit erektiele disfunksie ervaar het nie, kan dit ontwikkel weens trauma, siekte, medikasie of veroudering, wat weer ’n bose kringloop kan skep.

Lees ook: Wat elke paartjie oor seks en kanker moet weet

Wat jy moet weet oor seks en diabetes

Daar is hulp!

“My ervaring is dat sielkundige terapie in die meeste gevalle vinnig en doeltreffend werk,” sê dr Solomon. “Ek leer mans ontspannings- en visualiseringsoefeninge, en gebruik hipnoterapie om diepliggende kwessies aan te roer en die krag van die onbewuste tot die persoon se voordeel in te span.

Indien nodig, word middels soos Viagra deel van die helingsproses maar ek neem altyd in ag dat hierdie soort medikasie die simptoom behandel, en nie die kernoorsaak nie. Die boost moet van binne kom.

“Die sintuiglike fokus-tegniek is ’n bykomende hulpmiddel; ’n praktiese manier waardeur mans en hul verhoudingsmaats mekaar sensueel kan leer ken en geniet sonder dat orgasme ’n hoofrol speel.

“Hoe vroeër ’n man met erektiele disfunksie hulp kry, hoe beter. Dit voorkom ook dat die skade aan sy liefdesverhouding reuse-afmetings aanneem. As daar komplekse persoonlikheidsprobleme is, neem die behandeling uiteraard langer.

Die belangrikste is: daar is hulp!”

Nota vir vroue

“Ek spreek die vroue van mans met erektiele disfunksie graag afsonderlik,” sê dr. Solomon.

“’n Vrou in hierdie situasie sal dikwels sê dat sy huiwerig is om met haar maat te praat omdat sy bang is dit versterk sy gevoel van skaamte. Dis noodsaaklik dat die onderwerp bespreek word, maar dan moet dit met empatie en ondersteuning gedoen word. Kwetsende opmerkings of absolute eise maak die situasie net erger en ontneem die man nog meer van sy manlikheid.

“Vroue voel dikwels dat hulle die oorsaak van hul mans se oënskynlike gebrek aan belangstelling is. Kommunikasie kan dié misverstand uit die weg ruim. Nes vroue van hul mans se liefde verseker wil word, wil mans met erektiele disfunksie ook beleef dat hulle aanvaar word en dat die probleem oorkom kan word.”

Lees ook: Alles wat jy oor seksuele etiket moet weet, en hoekom dit belangrik is om oor seks te kan praat

Dr Woolf Solomon: drwoolfsolomon.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.