kategorieë: Laekoolhidraat

Maak ’n kopskuif oor koolhidrate

Dit het ons byna ’n jaar gevat om ons heeltemal van koolhidrate te speen. Dit het veral beplanning geverg en ons moes nuwe gunstelinge vind om ou styselrige stapelvoedsels te vervang. In my nuwe boek, My Low Carb Kombuis, het ek ’n “Laekoolhidraat-aksieplan” opgestel wat maklik is om te volg en wat regtig vir ons gewerk het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sodra jy die waarheid oor koolhidrate ken en hoe dit jou gesondheid kan beïnvloed, bou jy vinnig ’n weerstand daarteen op. Dit help om die hele gesin by die besluit te betrek en om te verduidelik wat op die lang duur kan gebeur, indien julle te veel koolhidrate eet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3 goeie wenke om suksesvol na ’n laekoolhidraatleefstyl oor te skakel

1. Skep nuwe spesiale oomblikke

Dit was nogal skokkend om te besef hoeveel van ons spesiale gesinsoomblikke om koolhidraatryke kos gedraai het. Reënerige wintersdae was pannekoekdae; fliekaande was pizza-aande; vakansie-ontbyte was eierbrood-oggende …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons het besluit om nuwe familietradisies en gesinsbyeenkomste te begin wat nie om kos draai nie, soos om in ’n natuurreservaat te gaan stap en bordspeletjies te speel.

2. Moenie te gou tou opgooi nie!

Nadat ons ons gesin se dieet na ’n laekoolhidraatdieet verander het, het dit byna twee maande gevat voordat Lucca se bloedsuiker gedaal, gestabiliseer en gunstig op die nuwe dieet gereageer het. Dit het my gewys hoe lank dit jou liggaam neem om van al die oorblywende koolhidrate ontslae te raak.

3. Staan vas!

Jy gaan te doen kry met teenstand van kieskeurige eters of tieners. Moenie tou opgooi nie! Dit neem 21 dae om ’n nuwe gewoonte aan te leer. Byt net vas en verskaf ’n verskeidenheid kossoorte sodat daar genoeg is om van te kies. Ek het vir my kinders gesê hulle hoef nie van alles te hou nie, maar hulle moet ten minste drie goed op hul borde eet. Jy sal uiteindelik uitwerk waarvan almal hou en waarvan hulle nie hou nie.

* Teken in vir rooi rose en kosredakteur, Vickie die Beer, se #VryVan KOOLHIDRATE-nuusbrief en ontvang vir ’n maand lank weekliks ’n nuusbrief met resepte, wenke en inspirasie om jou te help op jou pad na ’n gesonde laekoolhidraatleefstyl. Klik hier.

Vickie de Beer se nuwe kookboek, My Low Carb Kombuis, is nou landwyd beskikbaar. Klik hier vir meer besonderhede.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

15 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.