kategorieë: Reis

Maak reg vir vakansie

Maak so

Skakel af

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy hét twintig minute elke oggend en elke middag, of een maal per dag. Jy gaan daarna soveel energie hê dat jy selfs meer gedoen kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kies jou vakansie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Elkeen van ons skakel op ’n ander manier af: party moet fisiek aktief bly en gaan stap, draf, dans, trappe klim of gim. Ander moet kreatief wees en iets skep of maak, en dit werk vir hulle om te brei of in die grond te vroetel. Of dalk moet jy jou emosies verwerk: probeer Facebook, jou blog, ’n oproep na jou ma of vriendin, meditasie, gebed of hou dagboek. Party van ons floreer op intellektuele stimulasie soos Sudoku, blokkiesraaisels of lees. Iets is ideaal vir jou!

Maak dit ’n roetine

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jou mini-brekies behoort so deel van jou dag te wees soos tandeborsel … ononderhandelbaar.

Maak reg vir vakansie

Koop vir die son

Bo-aan jou lys is ’n breërandhoed, ’n sonskerm met ’n hoë SBF (minstens 20+), lipsalf met sonskerm en langmou-, liggewig-toppies as jy dalk in die middel van die dag in die son is. En onthou die sambreel: donker en groot is beter.

Kry die perfekte sonbril

Vergeet van die naam en kry een wat:

  • Op die etiket sê “100% UVA and UVB absorption”, of “UV absorbtion up to 400 nm.”
  • Moet polariserend wees. Daarteenoor is gepoleerde lense ’n modegier wat nie jou oë beskerm nie.
  • Koop ’n gróót bril vir minder oogplooitjies.
  • Donker glase is beter vir die Afrikason.
  • Fotochroomglase wat aanpas by die ligintensiteit is ideaal, as jy dit kan bekostig.

Pak foliensuur in

Foliensuur kan vermoedelik velverandering help keer vanweë die groot rol wat dit in selregenerasie speel. Ons dieet is arm aan folien – pak vir jou ’n aanvuller met foliensuur in, asook ’n folienverrykte velroom soos Nivea se DNAge.

Weg met onwelkome gaste

Menstruasie op ’n kort vakansie kan ongerieflik wees. Die meeste vroue glo steeds dis gesond en natuurlik om maandeliks te menstrueer … en druk maar deur. Maar verskeie studies, gepubliseer in onder meer die toonaangewende mediese joernaal Contraception, wys ononderbroke voorbehoeding is inderdaad so veilig dat jy dit jare aaneen kan doen. Gesels met jou dokter of klinieksuster voor die vakansie.

Begin met ontbyt

Slaan jy in die vakansie ontbyt oor, want jy staan eers teen middagete op? Ontbytmuesli is heerlik genoeg om énige tyd te eet. Neem ’n pak bessiemuesli en/of pynappel-en-papaja-muesli saam en skep ’n bietjie jogurt oor vir ’n vinnige, vullende, veselryke ete én die minimum skottelgoed!

Eet gesond uit

Die meeste kettinggroepe sluit deesdae gesonder, laevetitems op hul spyskaarte in … vra gerus.

Gee slim geskenke

Koop gepas – verbasend baie kinders is matig tot ernstig hiperaktief, en vir hulle is ’n elektroniese speelding glad nie ’n goeie geskenk nie, sê Heather Picton van ADHASA, die vereniging vir hiperaktiwiteit. Gee liewer iets wat die kind help om van sy energie ontslae te raak.

“Goeie idees is ’n klein, ronde wipmat.” Enige soort bal is perfek: swaaibal, dingbats, stickybal, strandballe en so aan. ’n Hangmat, swaai en aaptoue of touleer is ook groot pret. Of wat van ’n houtblok, hamer en spykers, of ’n mengbak en al die bestanddele vir gesonde koekies, soos lae GI-hawermoutkoekies?

“Kinders is dol op kostuums … Superman-pakke, feetjierokkies, of sommer ’n sak vol ou klere van volwassenes, krale, skoene, hoede en als wat blink.”

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.