kategorieë: Sukses en geld

Maak vriende met jou begroting

As jy ril wanneer jy die woord “begroting” hoor, is jy nie alleen nie. Vir baie van ons is “begroting” net ’n ander manier om “beperking” te spel. Weke lank vrees jy die oomblik wanneer jy met jou maandelikse inkomste en uitgawes gaan sit en besef dat jy ’n paar – of ’n paar duisendrand kort.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die oplossing is voor die hand liggend: jy moet óf minder bestee, óf meer verdien. Maar dis nie so eenvoudig nie, of hoe?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die probleem met die algemene benadering tot geld, skryf Kate Northrup in Money: a love story is dat ons op die syfers fokus.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit laat die sielkundige aspek heeltemal buite rekening.

Geld is ’n emosioneel gelaaide onderwerp, en jou gevoelens oor enige saak bepaal hoe jy daarmee omgaan en hoeveel tyd jy daaraan bestee. Kan jy byvoorbeeld ’n wen-wen verhouding hê met iemand wat jou senuweeagtig maak of by tye hewig ontstel?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wanneer jy onseker of gespanne voel, neem jy nie die beste besluite nie. Jy gaan jou finansies doeltreffender bestuur as jy dit rustig kan benader, die feite noukeurig kan waarneem en die situasie met ’n oop gemoed kan evalueer. Dan kan jy met oorleg op die positiewe voortbou en kreatiewe oplossings vir die uitdagings kry. Kortweg: jy sal voel jy is in beheer van jou geldsake, en nie andersom nie.

Money: a love story se ietwat vreemde titel dui daarop dat jou verhouding met geld ’n gesonde, selfs gelukkige een kan word. Liefdevolle aandag laat plante en kinders blom, en Kate glo dit geld finansies ook. Uiteraard verg so ’n verhouding fokus en harde werk. Kate se toeganklike skryfstyl en die talle oefeninge wat jy kan doen om jouself en jou finansiële situasie beter te verstaan, maak dit makliker – selfs opwindend.

Stappie vir stappie leer jy meer en kan jy jou verhouding met geld versterk.

Hier volg enkele van Kate se insigte:

Neem beheer

Dit kan pynlik wees om jou finansiële prentjie in die oë te kyk. Daarom ignoreer party mense hul bankstate, koeverte met rekenings, en ander inligting. Maar die voortdurende onsekerheid en vrees vir die dag dat die bom gaan bars, is nóg pynliker. Stel vas waar jy staan en keer die afwaartse spiraal om. Daar is maniere om skuld te hanteer, jou bestedingspatrone te verander en nuwe bronne van inkomste te kry. Sodra jy die eerste tree gee – indien nodig met die emosionele steun van ’n vertroude vriend of vriendin – kan jy vorder van “Dit lyk onmoontlik” na “Presies hoe kan ek dit doen?” In hierdie geval maak die waarheid jou werklik vry! (Laai ’n basiese begrotings-vorm by www.moneyalovestory.com/numbers af).

Maak ’n kopskuif

Die blote idee dat jy sekere uitgawes moet sny, kan weerstand by jou wek. Systap dié verset deur ’n Money for Me-spaarrekening of afdeling in jou begroting te skep. Elke keer dat jy minder vir iets betaal (byvoorbeeld wanneer dit op uitverkoping is), besluit om ’n begeerde item nié aan te skaf nie, of ’n verhoging of ’n meevallertjie kry, gaan die ekstra geld na Money for Me. Omdat dit voel of jy na jouself omsien eerder as om jou van iets te ontneem, sal jy meer gemotiveerd wees om geld hierheen te kanaliseer. Jy kan die geld gebruik om skuld af te los, te spaar, te belê – nes jy wil. So skool jy jouself om verstandiger met jou geld om te gaan terwyl jy die “soektog” geniet!

Begroot in ooreenstemming met jou waardes

Ons gee geld in ruil vir dit waaraan ons waarde heg. Soms het ons nog nie uitgeklaar wat régtig vir ons kosbaar is nie. Volgens Kate is spanda-belrigheid byna altyd ’n teken dat ons ons aan ander se standaarde meet en hul guns of aan-vaarding probeer wen. Vra jou byvoorbeeld af hoekom jy die soveelste mooi rokkie móét koop as jy weet dat dit jou begroting oorskry.

Ons bestedingsgewoontes verklap ook hoeveel waarde ons aan onsself heg. Leen jy byvoorbeeld geld vir ’n vriendin, al beteken dit dat jy nie behoorlik in jou eie behoeftes sal kan voorsien nie? Hoekom benadeel jy jouself? Kinders is natuurlik ’n uitsonde-ring op dié reël omdat hulle van hul ouers afhanklik is. Leef met finansiële integriteit – maak seker jou geldsake weerspieël jou ware prioriteite.

Voel waardering

Verryk jou verhouding met geld deur élke keer wanneer jy jou beursie oopmaak of ’n oorpla-sing doen, bewustelik dankbaar te wees vir dit wat jy koop. ’n Attitude of gratitude stel jou oop vir oorvloed – jy is soos ’n verwelkomende gasvrou wat die omgang met haar gaste geniet en nie die deur in hul gesigte toeslaan uit vrees, skaamte of skuldgevoelens nie.
Ons onderskat soms die invloed van ons gesindheid. Ons houding bepaal ons besluite en optrede, wat weer praktiese gevolge het.

Vir Kate is dit onsinnig om te wag dat ons finansieel floreer voor ons die lewe begin geniet: “Kry nou reeds maniere om met oorgawe te leef. Geniet die natuur.

Lag saam met jou kinders. Eet stadig en verlustig jou in elke happie. Maak liefde. Kyk na humoristiese flieks. Dis moontlik om genotvol te leef sonder om baie geld uit te gee.

“Hoe meer plesier jy uit elke oomblik put, hoe meer waarde sal jy aan die wêreld toevoeg en hoe vinniger sal jy welvaart op elke lewens-gebied kan skep – finansieel én andersins.”

Waar staan jy?

• Voltooi ’n gratis vraelys oor jou verhouding met geld. Klik op What does your relationship with money say about you? by www.katenorthrup.com
• Kry nuwe perspektief op jou finansiële posisie deur ’n draai by www.globalrichlist.com te maak
• Money: a love story: untangle your financial woes and create the life you really want deur Kate Northrup (Hay House, 2013) is beskikbaar by uitgesoekte boekwinkels.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.