kategorieë: Leef gesondGesondheid

Ma(a)nhaar

André Agassi is aantreklik. Geváárlik aantreklik. Ondanks daardie blink en kale kop. Maar vra jou volkop man of hy sy hare wíl prysgee? Of vra hom as sy haarlyn aan die kwyn is of hy dink hy lyk so sexy soos Agassi? Of Vin Diesel? Sean Connery?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Nee, vir die meeste mans kwalifiseer die pan nié as ’n potensiële x-faktor nie. ’n Kwynende haredos is eerder ’n sensitiewe saak, en hoe, hoe gevoeliger. Gelukkig het haartegnologie die afgelope paar jaar so gevorder dat praghare werklik vir álmal moontlik is. Welig en so natuurlik dat hy jou én sy ma sou kon flous.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat moet jy weet?

Hy is uiters sensitief

“Uit die letterlik duisende mans wat ek al voor my gehad het, het ek nog nooit een ontmoet wie se haarverlies nie sy selfvertroue knou nie,” sê dr. Larry Gersowitz, Kaapse haarchirurg. “Dit maak nie saak hóé lief jy vir hom is, of hoe suksesvol hy andersins is nie. Vir ons mans speel hare ’n diep, psigologies-seksuele rol. Met hare sien ons kans vir ons uitdagings; daarsonder voel ons minder mán. Ek het al mans behandel wat ophou hakkel het ná hul haarvoorkoms herstel is.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waarom sal mans nie iets daaraan laat doen nie? Die tegnologie is beskikbaar, en wat is dit anders as ’n Lasik vir sy oë eerder as ’n bril?

Hoeveel tyd het hy?

Niks. Of min. Verlore hare is vir altyd. Die een groot fout wat mans maak, is om te wag en kyk of hulle regtig gaan bles word. Uitstel maak die pan net groter en die herstel daarvan duurder en moeiliker. Hoe gouer hy begin, hoe beter. As sy inhamme op twintig of dertig duidelik dieper keep, kan hy met net die gebruik van finasteride sy hele haredos behou – wat eintlik baie bekostigbaar is en hom al die emosionele stres van haarverlies spaar.

Dit is nie sy skuld nie

Blesheid het net een oorsaak: die gene wat hy geërf het. Dit werk soos ’n slot en sleutel. Sodra sy manlike hormone in die tienerjare inskop, skakel die betrokke gene die groeiproses in die kophare af. Die troosstorie is dat bleskoppe glo testosteroongedrewe menére is. Al wat waar is, is dat 90% van bleskoppe die gene het wat hulle geneties programmeer om op dihidro-testosteroon (DHT) te reageer.

Dit het niks te doen met hoevéél testosteroon nie maar met wát dit aan sy kophare doen. ’n Bietjie is oorgenoeg om as die sleutel te dien wat die slot ontsluit sodat die blesgene die vorming van nuwe kophare begin afskakel.

Androgenetiese blesheid, soos dit genoem word, is baie individueel. Vir party mans begin dit al in hul twintigerjare. By party stop dit as diep inhamme, terwyl ander heeltemal kaalkop word. Hoe bles ’n man ook al word, behou byna almal ’n smal, halwe sirkel hare laag om die agterkop. Die rede? Larry sê dit begin in die embrio: hierdie strook hare ontstaan uit ander embrioselle as die gene-sensitiewe hare bo-op die kop. Daarom affekteer blesheidsgene ook nie sy borshare en wenkbroue nie.

Die beste planne

Hier is die lys, van pille tot kleefhare, laser en chirurgie:

• Kleefhare
Enkelhare wat presies by sy eie gepas word, word letterlik met ’n baie sterk biologiese kleefmiddel op sy kopvel vasgesit. Hy kan van ’n klein kol tot sy hele kop bedek. Dit klou so sterk dat hy kan rugby speel, diepsee duik en hare was net soos woes soos hy wil. Dit gee onmiddellik ’n lieflike bos baie natuurlike hare, net soos sy eie, wat hy kan aanvul, uitdun, skakeer en selfs grys maak om by sy ouderdom te pas.

Dit kom in allerlei teksture en kan van reguit tot gekrul wees. Dit is ’n risikovrye hare-vandag-nog oplossing met bitter min onderhoud – net ’n maandelikse haarsny (vir sy eie, steeds groeiende hare) en onderhoud aan die gom, as dit nodig is. Die hare word jaarliks vervang.

• Ingeplante kunshare
Waar kleefhare met gom vasgesit word, word hier klossies (wefts) kunshare met onsigbare stekies direk in sy kopvel vasgesit. Dit word steeds in ons land en in Europa toegelaat maar is verbode in Amerika, omdat tot 20% van die hare jaarliks uitval en die risiko op langtermyninfeksie in die steke té algemeen is. As jy dié roete kies: Dit is wel ’n kitsoplossing vir ’n kop vol hare.

• Haarintegrasie

Yl hare is meer ’n vroueprobleem maar mans bo vyftig kan ook eerder yl as bles word. Hierdie tegniek werk baie soos kleefhare, behalwe dat die ekstra hare op ’n net vasgesit word, want dan op die kop vasgeplak word. Ook ’n kitsoplossing, met weinige risiko en niks meer as maandelikse onderhoud en jaarlikse vervanging nie.

• Haarstukke
’n Vol pruik of pruikstuk vir die kaal kol is die oudste van die oplossings. Dit is ook die goedkoopste, solank sy haarpatroon nie verander nie. En selfsorg is maklik: hy was en stileer dit soos gewone hare. Die nadeel? Soos Giel Ferreira, ’n Kaapse sakeman, dit stel: “’n Man se grootste vrees is dat die ding geskuif het, of lankal afgeval het en almal behalwe jy weet. As jy klante spreek, wil jy op selfvertroue kan reken.”

• Laserterapie
Party dokters sien rooi as jy laserterapie noem; ander sê hulle het sowat 80% sukses daarmee. Didier Simoen van HairOptions is pro-laser maar sê hulle beveel dit net aan vir mans in ’n baie vroeë stadium van blesword – wanneer daar nog fyn haartjies op die bles oor is, en nét saam met ’n haargroeimiddel soos Trichotin.

“Die laser verbeter die bloedsomloop, terwyl die medikasie die DHT afbreek en dus sy werking onderdruk sodat die jong hare kans kry om in volwasse hare te ontwikkel.”

Dr. Gersowitz van Medhair sê bloedsomloop het min met haarverlies te doen. “Jy het die gene daarvoor, of jy het nie. Die medikasie veroorsaak die effek, nie die laser nie. Dit kos jou net baie ekstra. ’n Laserkursus duur ses maande, waarna hy permanent op medikasie moet bly.

Laserterapie is egter nie die einde van die behandeling nie: die man moet daarna lewenslank Trichotin of finasteride gebruik om verdere haarverlies te keer.

• Haarinplantings

Dit is die topliga-opsie, en die naaste wat hy ooit aan sy eie bos hare sal kom. Dink daaraan as ’n manier wat die hare wat hy het, egalig oor sy hele kop versprei. Hy kry dus nié ’n dik bos met baie ekstra hare nie, maar eerder oraloor hare wat yler kan lyk. Gewoonlik gaan mans hierna permanent op ’n finasteride om te keer dat sy bestaande hare uitval.

Daar is twee tegnieke: die strookinplanting, waar ’n strook (van so klein as 1 cm x 10 cm tot so groot as 2 cm x 33 cm) van die haarmaan agterom sy kop (daardie geen-bestande hare) geoes word en dan worteltjie vir worteltjie op die kaal dele ingeplant word. Met follikulêre ekstraksie (FUE) word die hare nie as ’n strook geoes nie maar een-een uitgehaal en individueel oorgeplant.

Dit neem baie langer, en omdat ’n beperkte aantal hare per keer ingeplant kan word, kan dit ’n hele paar sessies beteken. Dié tegnieke is baie duur maar heeltemal suksesvol. Maar dit is nie vir mans met baie fyn en min hare nie.
Dit neem sowat 5 000 hare om ’n gedeelte so groot soos jou handpalm toe te maak.

• Medikasie

Dit werk maar jy moet die implikasies verstaan. Vir baie mans is dit al wat hulle nodig het – mits hulle vroeg genoeg begin. Finasteride middels soos Propecia en sy generies Thinpecia is net op voorskrif beskikbaar.

Hulle werk soos ’n “pause”- knoppie. Dit stop die bleswordproses terwyl hy dit drink. Sodra hy ophou, hervat die storie. Hy moet ook vroeg genoeg begin, want dit werk net in op bestaande hare, en kan nie ’n bles in ’n haredos omtower nie. Maar dit help vir byna almal: vir party kwalik, maar vir ander baie goed.

Dit help terselfdertyd by ouer mans om die prostaat te krimp. Die meeste mans – 99% – vaar uitstekend daarop. Larry sê hy gebruik dit al 18 jaar lank. Die groot rooi vlag wat die meeste mans hulself laat koud skrik, is dat een uit elke honderd ereksieprobleme ondervind, maar Larry sê sake kom meestal reg namate die liggaam daaraan gewoond word.

Die monoksidille soos Regaine se sukseskoers is goed: dit help vir 50% – 80% van mans. Die rooi vlag hier? As hy eers daarmee begin het, moet hy die res van sy lewe daarmee aanhou. Sodra hy ophou, val ál die hare uit wat tydelik deur die medikasie in stand gehou is. Daar is geen waarborg dat die hare sal teruggroei nie. Mans wat hierop is, moet hierop bly maar nuwe bleskoppe het beter opsies.

Hoe meer gekonsentreerd hoe suksesvoller – maar ongelukkig is sy kanse op kopvelallergie en velontsteking ooreenstemmend groter. Die ligter 2%-konsentrasies is sonder voorskrif te koop vir die gekonsentreerde soorte. Die navorsing oor Saw Palmetto-kombinasies is baie teenstrydig: party ondersoeke wys dit is net so goed soos die finasteride; ander wys dit is net so goed soos die plasebo’s. Tog sê Hair Options hulle sien baie sukses met Trichotin.

Wat is die beste?

Teen hoë pryse soek jy gewaarborgde sukses.

• Kyk na die pryse: wat kos dit aanvanklik én op lang termyn vir opvolg?
• Kyk na die risiko’s: goedkoop met infeksie werk nie.
• Kyk na wat hy werklik nodig het: net ’n bietjie hare? Baie hare vir ’n groot deel?
• Kyk na die handewerk op ander koppe en vra wie dit gedoen het. Vermy maar liewer die verwysing as jou kontak se haarlyn onnatuurlik loop, as hy klossies hare eerder as egalige hare het, as hy letsels op sy kop het, as hy sukkel met infeksie, of as hy ’n onnatuurlik welige kuif in vergelyking met die res van die hare het.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.