kategorieë: Reis

The President Hotel: spasie, lig en warmte

Ligging

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

4 Alexanderweg, Bantry Bay, Seepunt, Kaapstad

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Soort akkommodasie

Gerieflike toerismeverblyf, maar ook gerig op families. Vir sakebesoeke aan die moederstad kan jy kwalik beter doen. Dis uiters goed geleë en binne bereik van die strandfront, en met ’n lieflike uitsig op Tafelberg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tariewe

Beskikbaar by 021  434 8111, info@presidenthotel.co.za of www.presidenthotel.co.za

Atmosfeer

Onmiddellik ’n indruk van spasie, lig en warmte. Baie vriendelike diens, hoewel ontvangs besig kan raak. Die hysbakarea is ook ruim, en daar is uitstekende voorsiening weg van die ontvangsarea vir mense op sakebesoek wat dalk vinnige rekenaartoegang nodig het. Die ingang is op grondvlak, terwyl die restaurantarea op die laergrondvlak is en toegang tot die swembad en ontspanningsarea bied.

Daar is wel ruim voorsiening vir sitplek terwyl jy wag, en jy kan die voordeur ook vandaar sien as jy dalk op iemand wag. Daar is beslis genoeg hysers vir die die groot aantal gaste wat op enige tyd na die verskillende vloere op pad is.

Pragtig geleë in boomryke tuine, stapafstand van die promenade, met toegang tot die bekende stap- en drafroetes van Seepunt.

Die kroeg het ’n lieflike uitsig op Leeukop – uit ’n ander wêreld.

Wie almal daar was

Die Caxton-groep wat die Design Indaba bygewoon het

Wanneer

15, 16 en 17 Februarie 2016

Waar ons oorgeslaap het

Dubbelkamer met stort

Waar ons geëet het

The Botany Café – fokus op gesonde, vars bestanddele, maar ook ’n heerlike uitgebreide ontbytbuffet en ’n nuwe a la carte-spyskaart.  Werklik iets vir elkeen.

Wat het dit onvergeetlik gemaak?

Hierdie hotel is al soveel jare daar, en bly ’n bekende baken wat in die behoeftes van die dag voorsien.

Wat omtrent die plek of die mense het jou gefassineer?

Die moeite wat hulle doen om inligting aan besoekers beskikbaar te stel. Die hotel fokus deurgaans daarop om pakette saam te stel vir ’n ieder en ’n elk, en dek die volle spektrum van geleenthede  waarvoor mense die Kaap besoek; van sport tot kultuur tot toerisme en sakegeleenthede.

Spesiale aanbod

Kyk uit vir gereelde spesiale aanbiedinge op hul webwerf.

Pakkette word uitgewerk wat alle moontlike behoeftes dek, byvoorbeeld massering vir seer sportspiere in die spa, en ’n vinnige manikuur of ’n skielike haarwas en –blaas voor ’n sake-afspraak.

Die skoonste Kaap

As jy huis koop, is die manta mos altyd “ligging, ligging, ligging”. In die geval van The President Hotel is dit ’n onverbeterlike 100%! Nader aan die hart van die Kaap kan ’n mens kwalik wees, en as die weer daarna is, kan jy die toeganklikheid van die promenade net nie weerstaan nie. Om sulke gemaklike toegang daartoe te hê is werklik ’n ongelooflike voordeel, en daar is min plekke in die wêreld wat jou kan bied wat hulle het. Die verskeidenheid van eetplekkies al langs Main Road is nog ’n heerlike voordeel, jy kan elke aand êrens heen stap en weer terug, as die weer dit toelaat. Anders kos dit jou in elk geval bitter min per huurmotor omdat die afstande so kort is.

Die kamers is ruim genoeg, met ’n en suite badkamer en ’n groot bed, en die vertrekke netjies en met ruim gange tussen kamers, wat ’n lekker skoon en oop indruk skep. Daar is ’n lessenaar met ’n werkstoel asook ’n groot gemakstoel en ook ’n yskassie as jy dalk vir jou eie versnaperinge wil sorg, en natuurlik kan jy tee en koffie maak.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.