Ek wil gelukkig wees!

Vreemd dat daar honderde organisasies en webtuistes is wat oënskynlik struikelblokke op die gelukspad uit die weg ruim – van velprobleme tot swak finansiële beplanning. Maar organisasies wat hulle toespits op wat ons gelukkig maak, is skaars!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Een uitsondering is Actionforhappiness.org in Johannesburg. Dis nie ’n steungroep nie, sê Richard Hawkey, maar “a group of like-minded people who discuss the science behind happiness and how to practically put it into action in our own lives and those of others.” Hulle vergader die laaste Saterdag van die maand van 9.00 tot 11.00 by die Field and Study-sentrum in Parkmore – R30 per persoon vir tee, koekies en die gebruik van die sentrum. Besoek gerus https://www.facebook.com/Action-for-Happiness-Joburg-1045241632215215/

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy kan meer oor Richard te wete kom in ons artikel Gewone mans kry dit ook. Omdat Richard weet hoe onuitspreeklik ongelukkig depressie jou kan maak, lê geluk hom na aan die hart.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Opkikkerwenke van Action for Happiness se FB-blad

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Ons wil almal aanvaar en liefgehê word nes ons is. Ons kan gerus meer tyd spandeer saam met mense wat ons goed laat voel. Of ’n hond aanskaf!

• Die natuur maak ons gelukkiger. Selfs om net na mooi natuurfoto’s te kyk, beïnvloed ons hormoonvlakke positief. Terwyl Johannesburg bekend is vir sy boomrykheid, kan jy ook by die venster uitkyk of in ‘n park gaan stap. Gratis en verniet!

• Oefening stel goedvoelhormone vry en bevorder fisieke, verstandelike en emosionele gesondheid. Dit kan pret, gratis en maklik wees en nie noodwendig duur en pynlik nie …

Pret: vind ʼn oefenvorm wat jy regtig geniet

Gratis: vergeet van duur gym-kontrakte, al wat jy hoef te doen is om jou harttempo ’n tikkie te lig en ’n bietjie te sweet

Maklik: moenie vir die maan mik nie, daaglikse aktiwiteite soos huiswerk of trappe klim tel ook. Of maak jou kamerdeur toe, sit die musiek aan en dans asof niemand kyk nie!

• As jy kosmaak en net sout en peper het om jou kos te geur, is jou smaakervaring meer beperk as wanneer jy ʼn rits speserye tot jou beskikking het. Om nuwe ervarings (natuurlik niks immoreels of onwettigs nie) uit te probeer, gee jou ’n breër perspektief en maak die lewe op die plek interessanter.

Foto: Pixabay

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.