kategorieë: Gesondheid

Marathon-oefenprogram: Week 2

Dit is hoekom ’n marathon vir Elana Meyer so spesiaal is:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Soos enige atleet wat al ooit ’n paar hardloopskoene aangetrek het, het ek nog altyd begeer om ’n marathon te hardloop. Vir my is die marathon die einddoel van enige ernstige hardloper. Of jy nou ’n naweekatleet of internasionale atleet is, jou hardlooploopbaan gaan net nie volwaardig wees as jy nog nie daardie mistieke afstand van 42,2 km afgelê het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Marathon is dan ook meer as enigiets ’n wedren teen jouself. Na 32 km (wat mense gewoonlik na verwys as die afstand waar jy jou Moses teëkom of te wel “hit the wall”), moet elke atleet diep spit vir motivering om te volhard. Dis wanneer jy ’n goeie rede en doelwit nodig het om jou deelname aan die marathon te regverdig. Daardie argumente gaan jou dra tot by die eindpunt. Elke marathon wat ek al gehardloop het, was uniek, spesiaal en anders. Elke keer wat ek die eindstreep oorgesteek het, het ek emosies ervaar wat ek nog in geen ander afstand ervaar het nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Elana Meyer het ’n program oor vier maande vir ons ontwerp en sal jou van ’n half marathon tot ’n volle marathon kry met 5h00 as jou mikpunt. Die Sanlam Cape Town Marathon se afsnypunt is ’n rojale sewe uur, so jy het sommer baie ekstra tyd as dit jou eerste marathon is.

Ons oefenprogram begin rustig om jou kans te gee om jou voete te vind. Die program vir die eerste twee maande word elke tweeede week herhaal. Dus word week een twee keer gedoen en verteenwoordig dus week een en twee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Week drie en vier is weer dieselfde en so hou dit aan tot in week agt. Daarna moet almal op dreef wees en verander die program elke week.

Laat ons weet hoe jou oefenprogram vorder en stuur vrae en wenke na rooirose@caxton.co.za.

Week 2

(Soos verduidelik is week 1 dieselfde as Week 2)

Maandag: 30 min (R)
Dinsdag: rus
Woensdag: 30 min (R), 10 min (V)
Donderdag: rus
Vrydag: 30 min van afwisselend 1 min (R) en 1 min (I)
Saterdag of Sondag: 1h40 min LSA (lang, stadige, afstand)

(R)Rustig: hartklop onder 140 slae per minuut, pas – ongeveer 7:45min/km)
(M)Medium: hartklop tusse 140-155 slae per minuut, pas – 7:08min/km
(V)Vining: hartklop tussen 155-170 slae3 per minuut, pas – 6:20 min/km
(I)interval: hartklop 165 slae per minuut en hoër, pas – 5:51min/km
(LSA)lang stadige afstand:hartklop onder 140 slae per minuut, pas – 7:45min/km

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

4 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.