kategorieë: KosJy kan

Skyfies en mayonnaise

JY KAN mayonnaise maak

Dit is baie belangrik dat al die bestanddele by kamertemperatuur is. Gebruik ’n baie skoon glasbak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• Klits 2 eiergele, ’n knypie sout, 5ml Dijon-mosterd en 15 ml suurlemoensap met ’n elektriese handklitser tot dik. As jy hope energie het, kan jy dit met die hand doen. Die mengsel sal ligter lyk, want dit het nou ’n emulsie gevorm.
• Voeg die helfte van 300 ml olie druppel vir druppel by die eiermengsel tot die mengsel verdik en ’n emulsie vorm. Voeg die res van die olie ’n bietjie vinniger by – sowat ’n eetlepel per slag, of voeg dit in ’n dun straaltjie by. Klits tot dik en blink. Jy kan ’n druppel suurlemoensap byvoeg as dit lyk of die sous nie al die olie kan absorbeer nie. Dit sal die sous effens verdun en jy sal nog olie kan bymeng.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wenke

• Hou die mayonnaise in die yskas en gebruik binne vier tot vyf dae.
• Onthou, tuisgemaakte mayonnaise bevat rou eier, swanger vroue en klein kindertjies moet dit liefs vermy.
• Olie met sterk geure, soos olyfolie, is nie geskik vir mayonnaise nie, want die geur is te oorheersend. Jy kan wel ’n eetlepel of twee aan die einde byvoeg.
• Sit ’n klam lappie onder die mengbak terwyl jy klits sodat die bak stewig op die werkvlak staan.
• Dit klink na moeite om die olie so bietjie vir bietjie by te voeg, maar dis uiters noodsaaklik. As jy dit te vinnig byvoeg, sal die mayonnaise skei. *Indien die mayonnaise skei: Begin met ’n nuwe eiergeel in ’n skoon bak. Voeg die geskifte mayonnaisemengsel bietjie vir bietjie by (soos jy die olie byvoeg) en klits goed. Voeg die res van die olie soos verduidelik by.
• Geur basiese mayonnaise met suurlemoen- of lemmetjieskil, wasabi of ’n knypie brandrissievlokkies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Skyfies met ’n verskil

Skyfies hoef nie vetterig of ongesond te wees nie. Gebruik vir ’n slag groente soos beet, preie en botterskorsie om peuselhappies op te tower. Los die tamatiesous, sit hierdie skyfies met lieflike doopsouse en gegeurde sout voor.

Parmesaan-en-botterskorsie-skyfies Sny ’n botterskorsie in papierdun skyfies. Meng met ’n ¹⁄³ k gesmelte botter, 1 k gerasperde parmesaan, ’n paar takkies vars tiemie. Geur met sout en swartpeper. Bak vir 20 min. by 200 °C tot goudbruin.

• Sny knol- en wortelgroente soos preie, beet, patats, witwortels en wortels met ’n skiller in dun skyfies. Diepbraai tot goudbruin en bros. Geur met sout.

• Diepbraai repies eiervrug tot goudbruin. Geur met sout en gemaalde swartpeper en sit voor met Griekse jogurt en ’n skyfie suurlemoen.

• Jy kan groenteskyfies ook met ’n paar brandrissievlokkies, suurlemoenskil, gekneusde koljandersaad, gerookte paprika, of kruie soos roosmaryn en tiemie geur.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.