kategorieë: Bekendes

Margaret uit Hollywood: 74ste Golden Globes

Die groot wenner van die aand was die musiekfliek La La Land. Die fliek het skoonskip gemaak en weggestap as die grootste wenner van die aand, nadat dit ál sewe toekennings ontvang het waarvoor dit genomineer was, onder andere die toekenning vir die beste musiek- of komediefliek asook vir beste aktrise en akteur (Ryan Gosling en Emma Stone).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

LEES OOK: Ryan Gosling gesels oor La La Land

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Emma Stone (La La Land)

Meryl Streep het die Cecil B. DeMille-toekenning vir haar uitstaande bydrae tot die vermaaklikheidsbedryf ontvang. Sy het tydens haar toespraak uitspraak gelewer oor hoe sy oor Donald Trump voel en sy het ook haar vriendin, die oorlede Princess Leah (Carrie Fisher), aangehaal: “Neem jou hartseer en omskep dit in kuns,” het sy gesê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nicole Kidman was genomineer vir beste ondersteunende aktrise in ’n fliek (Lion), maar Olivia Colman (The Night Manager) het uiteindelik met die prys weggestap.

Nicole Kidman en Keith Urban

Claire Foy, van die televisiereeks The Crown, het die toekenning vir beste aktrise in ’n dramareeks ontvang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Claire Foy (The Crown)

Matt Damon en sy goeie vriend Ben Affleck het grapperig hul aanbiederspligte voltooi en kon later darem vir Ben se kleinboet, Casey Affleck, gelukwens met sy toekenning vir die beste akteur in ’n dramafliek (Manchester By The Sea).

Matt Damon en Hailee Steinfield

The Crown is bekroon as die beste dramareeks op televisie en Billy Bob Thornton is as beste akteur in hierdie kategorie aangewys.

Eddie Redmayne

Chris Hemsworth en Elsa Pataky

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.