kategorieë: Bekendes

Marisa Drummond & André Lötter gesels oor Eintlik Nogal Baie

Vertel ons van jul karakters?

Marisa: Ally is ’n vrygees met ’n ongekende verdraagsaamheid vir meeste in die samelewing. Sy leef met ’n warm lus vir die lewe en ’n liefde vir haar familie en pienk 1970 VW Kombi wat sy as geskenk by haar pa gekry het. Status pla haar min en sy gun almal ’n kans in die lewe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

André: Ek vertolk die rol van Jay van Niekerk, ’n  32-jarige strokiesboekskrywer. Ons vind hom in die begin van die fliek op ’n baie goeie plek in sy loopbaan. Hy het ’n gesonde ambisie, maar is ietwat versigtig vir die lewe. Hy is ’n bietjie van ’n kluisenaar en kom nie gereeld by sy familie uit nie. Hy’s ook ietwat van ’n perfeksionis en doen nie eintlik goed uit sy gemaksone nie. Maar so hardkoppig as wat hy kan wees, is hy eintlik ’n sensitiewe siel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Nuut in die flieks (Eintlik Nogal Baie)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe het julle vir die rolle voorberei?

Marisa: Ally en Marisa het ’n hele paar ooreenkomste in hul persoonlikheide en ek kon redelik gemaklik in die rol gaan sit. Ek moes wel ’n paar ‘sit-up’s’ doen vir die swemtonele!

André: Met die lees van die teks het ek agtergekom ek het baie ooreenkomste met die karakter. Dit was ’n bietjie scary maar ook bevredigend om Jay van Niekerk uit die staanspoor te kon verstaan. Ek doen graag teks-analise, wat behels om ’n goeie begrip van die storie te kry, voor ek enigsins woorde leer. Vir ’n groot gedeelte het ek binne myself gedelf om die emosie en begrip vir die situasie en die karakter te gaan soek. Die spreekwoordelike, “life imitating art” het dus ’n groot rol gespeel. Ek het my pa kort voor verfilming verloor en het ook ’n ietwat “solitary life” van my familie geleef.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe het julle dit ervaar om ’n rol in ’n fliek te vertolk? Is dit baie anders as jul ervaring met rolle op televisie?

Marisa: Ag nee wat, ek het darem al ’n paar keer te doen gekry met die genre en medium, hetsy voor of agter die kameras. Ek is baie lief vir, en respekteer, die proses van filmmaak.

André: Om ’n hoofrol in ’n fliek te vertolk is iets baie spesiaal. Die tyd en inspirasie wat jy gegun word vir voorbereiding en die vryheid wat jy gegun word is ’n droom wat bewaarheid word. Ek is verlief op die film- en televisie-medium, alhoewel ek teate- opleiding opgedoen het. My voorbereiding en ervaring is baie dieselfde op film as op televisie, dis net baie vinniger in die televisie-medium.

Sal julle dit oorweeg om weer soortgelyke rolle te vertolk?

Marisa: Definitief, Ally was pret.

André: Ek sal beslis ’n soortgelyke rol wil vertolk. Jay van Niekerk is ’n karakter met diepte en vlakke en dit was vir my baie bevredigend om myself as akteur en mens te verdiep in die proses. Ek hou daarvan om karakters te vertolk wat verander en leer en groei, en ook my as mens inspireer.

Lees ook: ’n Eksklusiewe kykie agter-die-skerms van Eintlik Nogal Baie

Hoe het ’n normale dag op stel verloop?

Marisa: Somtyds ’n bietjie koud, veral met die verfilming in die Kaap wanneer jy 07:30 (want die lig is perfek en regtig mooi), in die oggend onder ’n waterval moet staan met jou ‘cozzie’. Maar dit was darem als in goeie luim en ons kinematograaf was elke keer saam in die water. Ons kon ons pyn deel.

André: ’n Normale dag op stel was nie so anders as ander stelle nie. Roeptye is so vroeg as 6:30. Ek’t dan ontbyt geëet en daarna die dag met die regisseur bespreek. Daarna doen mens dan gewoonlik grimering en klerasie vir die eerste ‘set up’. Voor elke toneel fokus ek en dan is dit repetisies voordat ons die toneel opneem. Ons het elke dag ’n 12-uur dag geskiet. Ons travelling-tonele was vir my baie lekker. Die werklike reis dra by tot die gevoel en atmosfeer van die tonele.

Het julle enige inspirasie uit die oorspronklike draaiboek, Ally, geput?

Marisa: Die oorspronklike draaiboek het baie Amerikaanse nuances en gerieflike geskerts van ’n tipiese romantiese komedie gehad wat die karakters baie maklik geskets het. Met die nuwe draaiboek is dieselfde karaktereienskappe deurgedra, maar met ’n nuwe draai wat ek glo die gehoor gaan geniet.

André: Ek het nooit dié draaiboek gelees nie. Ek was wel ingelig dat die storie en gevoel baie verander het vanaf die Ally-teks tot die ENB-teks. Ek wou nie ander invloede hê wat my kon beïnvloed nie.

Die fliek is ’n besliste tranetrekker. Hoe was die gevoel op stel?

Marisa: O gits, heerlik en ontspanne met baie grappies. Ek het al gevind hoe ernstiger ’n toneel, hoe meer pret en histerie!

André: Alhoewel die teks beslis ’n traan of twee gaan laat rol, is dit steeds ’n storie wat inspireer en weer moed gee vir die lewe en liefde. Ek is van nature ’n grapgat en probeer altyd ’n grappie of twee maak, maar as ’n geheel was almal professioneel teenoor sensitiewe tonele. Oor die algemeen was die gesindheid baie positief op stel. Ek is van die siening “ons doen nie hartoorplantings nie, ons maak kuns”, en om dit goed te doen móét jy dit geniet, en nie té ernstig wees nie.

Hoe het julle te werk gegaan om jul toneelspel tydens hartseer tonele op ’n geloofwaardige wyse oor te dra?

Marisa: Dit is altyd belangrik om die waarheid in jou karakter te vind en te ondersoek. Oor die algemeen is dit vir my maklik om te voel vir die karakters wat ek vertolk. Dis een eienskap wat Marisa en Ally deel. Dis daai verstaan vir die mens.

André: Soos vroeër genoem is die teks en storie nogal baie “close to home”. So van die staanspoor was my emosie vlak en reg om te gebruik. Ek is teater opgelei, en ter voorbereiding plaas ek tegnieke in plek om my te help, maar veral met emosionele tonele delf ek in myself, oftewel pas die method toe. Genoeg fokus voor ek die toneel skiet het ook baie gehelp om my in die regte mood te sit.

Die film het ook ’n sterk liefde-tema met dié dat Jay en Ally se lewens handomkeer daardeur verander is. Het dit enigsins jul siening oor die liefde verander?

Marisa: Die lewe het ’n manier om mens partykeer te probeer hard bak vir die liefde. Soos ook met Ally wat, al het sy aanbeweeg van ’n vorige verhouding, ’n veilige muurtjie gebou het. Maar, dit vat net die een regte persoon wat bereid is om opreg tyd te spandeer om daardie mure wat ons so graag bou sorgvuldig en veilig af te breek.

André: Ek is nog altyd ’n persoon wat diep liefkry en liefde koester. Ek het net weer besef dat liefde belangrik is en dat die lewe kort is en gelewe moet word. Die storie het ook net weer perspektief gebring om te besef wat eintlik belangrik is in die lewe.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.