Genoeg vir 6
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }• 1,2 kg lamskenkels
• 15 ml tamatiepasta
• sout en swartpeper
• 1 ui, gekap
• 2-3 knoffelhuisies, heel
• 2 wortels, gekap
• 2 selderystingels, gekap
• 30 ml (2 e) olyfolie
• 30 ml (2 e) Marokkaanse spesery-mengsel (by supermarkte)
• 1 kaneelstokkie
• 1 x 400 g- blik heel geskilde tamaties
• 1 x 400 g-blik kekerertjies, gedreineer
• hand vol vars koljander
1 Verhit die oondrooster (hoë hitte). Pak die lamskenkels op ’n oondpan en smeer deeglik met die tamatiepasta. Pak die ui, wortels, prei, seldery en knoffel op ’n ander pan.
2 Rooster vir 15-20 min. of tot die groente geskroei en die vleis en bene goudkleurig is.
3 Sit die vleis, groente en olyfolie in ’n groot kastrol. Voeg die Marokkaanse speserye by en braai vir nog 2 min. Voeg die lamskenkels, tamaties, 2 liter water en kaneelstokkie by.
4 Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir 1½-2 uur of totdat die lam sag is.
5 Lig die skenkels met ’n gaatjieslepel uit die kastrol. Trek die vleis van die been af en sit saam met die kekerertjies terug in die kastrol.
6 Prut vir nog 10 min. en geur met sout en swartpeper. Sit met vars koljander voor.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.