kategorieë: OuerskapJou lewe

Matrieks: gebruik die PROVES-strategie vir die beste resultate

Matrieks: gebruik die PROVES-strategie vir die beste resultate deur Mariette Snyman. Foto Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die matriekeksamen is op hande. Tyd en energie moet nou oordeelkundig aangewend word om gemoedere te kalmeer en die maksimum sukses te verseker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Die PROVES-strategie is ’n nuttige benadering wat nie net kennis help vaslê nie, maar leerders help om die werk vanuit verskillende hoeke te verstaan. Dit kry hulle ook in die regte stemming sodat hulle enige angs en spanning wat hul prestasie negatief kan raak, kan weerstaan. Verder is dit die ideale manier om hulle te help vasstel watter gebiede meer aandag moet kry.” Só sê opvoedkundekenner Wonga Ntshinga, senior programhoof by die Fakulteit van Inligtings- en Kommunikasietegnologie aan die Independent Institute of Education, Suid-Afrika se grootste en mees geakkrediteerde private hoër opleidingsinstelling.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die PROVES-metode kan soos volg beskryf word:

P staan vir Practise

Leerders kan oefen deur ou eksamenvraestelle of voorbeeldvrae te beantwoord, eerder as om bloot die werk deur te lees. Bo en behalwe die vraestelle wat jy by jou skool kry, kan jy by hoër opleidingsinstellings aanklop. Besoek ’n geregistreerde en geakkrediteerde instelling in jou area en vra die studente-adviseur om hulp. As ’n bonus kan die adviseur terselfdertyd jou vrae rakende die matriekeksamen en postmatriekopsies met jou bespreek, en enige kommer wat jy mag ervaar, aanspreek.

R staan vir Refresh

Verfris jouself daagliks deur genoeg te slaap, gesond te eet en oordeelkundig te oefen. As jy voor ’n vraestel tot in die vroeë oggendure feite in jou kop sit en prop, verhoed dit dat jy helder, uitgerus en met die minimum spanning gaan skryf. Sien om na jou fisieke en geestesgesondheid deur nóú aan die gang te kom met jou leerwerk. Dit voorkom daardie laaste minuut-paniekerigheid en laat jou in beheer voel.

O staan vir Organise

Organiseer jouself, jou tyd en jou werk. ’n Netjiese werksomgewing, ’n duidelike plan wat omlyn wat jy daagliks onder die knie moet kry, en die regte studiemateriaal sal help om angs te verlig en jou studie-insette te optimaliseer.

Bly by jou plan, maar moenie ure aan die plan pleks van aan die uitvoering van die plan bestee nie. Wees daarop bedag dat die groot prentjie kan jou oorweldig. Konsentreer liewer op die klein pogings wat jy uur na uur en dag na dag suksesvol aanwend. Saam maak hierdie kleiner pogings ’n reuse verskil.

V staan vir Visualise

Gebruik kleure, mind maps en ander strategieë om jou werk visueel voor te stel terwyl jy studeer. As jy nie net op woorde steun nie, betrek jy ’n groter deel van jou brein.

E staan vir Explain

Beantwoord vrae van vriende of familielede oor jou werk, of vertel hulle wat jy geleer het. Sodra jy iets probeer verduidelik, kom jy agter of jy dit ken en verstaan.

S staan vir Social Media

Sosiale media kan as ’n akademiese hulpmiddel gebruik word om jou begrip van jou werk ’n hupstoot te gee. Die beste manier is om ’n studiegroep bymekaar te kry en die verskillende platforms vir spesifieke doeleindes te gebruik. (Jy moet natuurlik sorg dat al die lede van die groep ewe goed gemotiveer en toegewyd is!)

’n Groep help jou vasstel of jy vinnig genoeg vorder. Hulle kan jou help om die feite of ander aspekte van die werk te verstaan, en sal jou op die regte pad bring as jy wanvoorstellings het. Hulle funksioneer ook as ’n “vroeë waarskuwingstelsel” sodat jy agterkom as jy agter raak.

Die gebruik van aanlynkanale en apps

“Google bied ’n rykdom van aanlynbronne. Jy kan byvoorbeeld uitvind hoe om eksamenstres te hanteer, oefenvraestelle beantwoord en self nasien, en voorbeelde van studieroosters of lyste met konsepte opspoor. Soek “Matric Exams 2018” en kyk watter van die resultate jou kan help voorberei of jou kan motiveer.

“’n Toegewyde WhatsApp studiegroep maak besprekings, laaste minuut-insigte en gedeelde notas moontlik. Dis die beste om vooraf te besluit wanneer julle studiebreuke sal neem, en dan jou selfoon op airplane mode te hou terwyl jy leer. Whatsapp met die groepslede oor die inhoud, jou suksesse en jou bekommernisse wanneer julle ’n breuk neem.

Die beste is dat jy leer hoe om te leer

“Facebook-groepe vir spesifieke vakke is ’n uitstekende manier om vakverwante materiaal en visuele hulpmiddels met mekaar te deel en groepbesprekings moontlik te maak.

“Wanneer dit tyd is vir iets anders as die geskrewe woord, kan jy op Youtube video’s soek wat betrekking het op die inhoud wat jy bestudeer. Soms verstaan jy iets wat jy “sien” soveel makliker as wanneer jy dit uit jou handboek leer.

“As jy hierdie strategie getrou volg en elke dag doen wat jy moet – sonder om uit te stel of paniekerig te raak – sal jy die meeste maak van die studietyd wat nog oor is,” sê Ntshinga. “Die beste is dat jy leer hoe om te leer: indien jy verder studeer, gaan jy op ’n stewige fondament bou.”

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman
Tags: parenting

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.