Mede-afhanklikheid: vernietig jou liefde jou?

Deur Anys Rossouw. Foto: Toa Heftiba vir Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Mede-afhanklikheid is die algemeenste vorm van verslawing. Dis die siekte van ’n self wat die verantwoordelikheid vir jou lewe en geluk koppel aan iets of iemand buite jouself. Dis wanneer jy so fokus op dinge en mense buite jouself dat jy voeling met jou innerlike verloor: jou gedagtes, gelowe, gevoelens, ervarings, intuïsie en selfs jou fisieke toestand.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Mede-afhanklikheid se wortels lê dikwels diep versteek in wonde uit jou kinderdae. Die Amerikaanse psigoterapeut, prof. Charles Whitfield, sê dit begin as ’n kind se gesonde behoeftes nie deur sy gesin en leefwêreld bevredig word nie; wanneer die kind nie kry wat hy fisiek, emosioneel en spiritueel nodig het om in ’n aangepaste volwassene te ontwikkel nie.

So ’n kind maak sy ouers se ontoereikendheid sy eie en dink sy ouers is reg en die fout lê by hom. Hy leer om sy behoeftes te misken. Dit veroorsaak oor jare emosionele onderdrukking, afsluiting en doodsheid wat soms in sielkundige toestande soos mede-afhanklikheid, aggressie, depressie, stres, verslawing, eetversteurings, angstoestande en fisieke siektetoestande na vore kom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Valse self probeer ander tevrede stel, goedkeuring verdien, of verwerp die mense om hom in rebellie. Maar die seer en die behoefte om beter oor homself te voel en deur ander aanvaar te word, bly.

Melanie se storie

Die psigoterapeut dr. Susan Forward vertel die verhaal van Melanie, een van haar kliënte. Melanie het gesê dat sy permanent hopeloos voel. “Ek voel leeg, of ek nog nooit na aan enigiemand was nie. Ek was twee keer getroud en het met verskillende mans verhoudings gehad. Maar dis of ek altyd die verkeerde een kies. En dink ek sal hom regkry en help. Maar dit werk nooit uit nie. My eerste man het my verneuk. Die tweede een was ’n dronklap. En ek was goed vir hulle.”

Dís die klassieke gedrag van iemand wat mede-afhanklik is. Die term mede-afhanklikheid is eers net gebruik vir die lewensmaat van ’n alkoholis of dwelmafhanklike wat die verslaafde se gedrag of probleem onwetend eintlik in stand hou. Maar deesdae word die term wyer gebruik. Dit sluit alle mense in wat van hulself slagoffers maak in die proses om iemand te help, en verantwoordelikheid aanvaar vir iemand wat dinge of mense misbruik, kompulsief, verslawend, of ongesond afhanklik is.

’n Valse self probeer ander tevrede stel, goedkeuring verdien, of verwerp die mense om hom in rebellie

Melanie is aangetrek deur mans met probleme. Sy het geglo as sy goed genoeg is, hulle liefhet en hul probleme vergeef, sal sy hulle help om hul probleme te besef en sal hulle vir haar lief wees. Maar hulle was nie. Wat sy gekry het, was leegheid en ’n gevoel van “ek word misbruik”.

Sy het haar probleme aan die mans toegeskryf. Sy kon nie insien dat sy elke keer die verkeerde keuses maak nie. Dat liefde jou nie moet verwond nie, het sy nie besef nie. Sy het vir almal gegee, behalwe vir haarself. Sy het ook nie besef dat sy die mans in haar lewe toegelaat het om met hul gedrag voort te gaan nie. Sy het dit onwetend in stand gehou deur hulle nie die verantwoordelikheid en gevolge van hul optrede te laat dra nie. Sy het agter hulle opgevee.

Toe sy oor haar kinderjare begin praat, het die stukkies van die legkaart gepas. Haar patroon om sukkelende mans te help, was ’n herhaling van haar verhouding met haar pa. As iets verkeerd geloop het, het hy in duie gestort. Haar ma het haar onttrek en sy moes bemiddel en probeer om hom beter te laat voel – waarin sy selde kon slaag.

Kenmerke van mede-afhanklikheid

1 Ontkenning: “Ek drink soms ’n paar biere, maar ek is nie ’n alkoholis nie.”

2 Elke geval lyk anders:

  • Die redders is altyd besig om iemand anders te help en te red ten koste van hulself en hul eie behoeftes. Hulle verloor hul identiteit in ander.
  • Die mens wat ander tevrede wil stel, sukkel om nee te sê en hul eie wil en behoeftes te kommunikeer.
  • Oorpresteerders probeer hul leegheid met prestasies vul en probeer so aanvaarding kry.
  • Die verloorders het ’n swak selfbeeld, voel skaam en sonder selfvertroue.
  • Perfeksioniste word gedryf deur ’n vrees vir mislukking.
  • Die slagoffer. “Niemand verstaan my nie.” “Was dinge maar net anders.” Hulle aanvaar selde verantwoordelikheid vir hul probleme en sukkel om dinge deur te voer.
  • Die martelaars sug gedurig, weier hulp, want hulle het al álles probeer en dit werk nie. Hulle kla oor verantwoordelikheid, vermom hulle dikwels as helpers, is dikwels baie religieus en moet dan maar al klaend hul lot aanvaar.

“Jy kry die indrukwekkende macho-manne of die vreeslike breekbare, fyn, vroulike vroue”

  • Die verslaafdes se verslawing kan baie vorme aanneem: Alkoholiste, werkholiste of die slawe van dwelms, kos, dobbel, kompulsiewe koop, mense of dinge.
  • Die indrukwekkende macho-manne het die groot ego’s en opgeblaasde selfvertroue, of jy kry die vreeslike breekbare, fyn, vroulike vroue.
  • Die narcis of selfsugtige het eintlik ’n swak selfbeeld en probeer sy leegheid vul deur net op homself te fokus en die middelpunt van die aandag te wees. Hulle misbruik en mishandel ander meestal subtiel.
  • Die boelies haal hul onsekerheid op ander uit en probeer hulle emosioneel en fisiek beheer om sterker te voel.
  • Die verlore kinders is dikwels die latere kind in ’n wanfunksionele gesin. Hulle voel oorweldig omdat daar nie aan hul behoeftes voldoen word nie. Dan gee hulle moed op, onttrek of raak siek.
  • Die grapjas of klein prinses is dikwels die familie se gelukbringer of troetelkind. Hulle het geleer om die aandag te kry deur oulik te wees of almal te vermaak en snaaks te wees. Hulle reageer dan op elke situasie met humor, of dit van toepassing is of nie.

“Ons moet ophou om ons mag weg te gee volgens die patrone van die stukkende kind in ons te leef”

Robert Burney, skrywer van Codependance: The Dance of Wounded Souls, sê ons moet ophou om ons mag weg te gee deur op te hou om volgens die patrone van die stukkende kind in ons te leef. Ons moet leer om tussen waarheid en ons eie verwronge persepsies van situasies te onderskei. Ons moet die moed hê om die emosionele wonde wat ons houdings, gedagtes en lewe beheer, te erken, te voel en te heel. Ons moet die verskil tussen mede-afhanklikheid en interafhanklikheid verstaan.

In mede-afhanklikheid gee jy jou mag weg, want jou selfbeeld, selfwaarde en wie jy is, hang van dinge en mense buite jou af. Interafhanklikheid is om bondgenote te maak – om met mense te deel en jou aan hulle te verbind. In die proses gee jy ook mag weg, maar jy het nog die beheer.

Maar dis belangrik om te besef dat om heel te word ’n groeiproses is wat nie oornag of met ’n enkele wilsbesluit gebeur nie. Dikwels is dit ’n moeisame pad wat moeilik is om alleen aan te pak. Die hulp van ’n professionele persoon maak dit net makliker om oor ’n paar van die berge te kom.

Elkeen van ons is geluk aan onsself verskuldig – vry om lief te hê sonder vrese vir verwerping.

Toets of jy mede-afhanklik is

  • Om sy probleme op te los of sy pyn minder te maak, is die belangrikste ding in my lewe.
  • My positiewe gevoelens hang van sy goedkeuring af.
  • My gedagtes en denke is op hom gefokus – om hom tevrede te stel.
  • Sy probleme en swaarkry affekteer my emosies en vermoë om dinge te kan hanteer.
  • Ek probeer hard om hom te kry om dinge te doen soos ek dit wil hê.
  • Ek heg meer waarde aan sy mening en manier van doen as aan my eie.
  • Ek is nie altyd bewus van hoe ek voel en wat ek wil hê nie.
  • Ek doen alles om sy verwerping te vermy.
  • Ek is ’n perfeksionis en blameer myself vir alles wat verkeerd loop.
  • Ek voel dikwels kwaad, misbruik en dat niemand my waardeer nie.
  • Ek gee voor alles is in die haak.
  • My vrese vir sy verwerping bepaal meestal wat ek sê en doen.
  • My eie aktiwiteite, stokperdjies en vriende word eenkant toe geskuif en ons fokus op syne.
  • Ek offer soms van my waardes ter wille van die verhouding op.
  • Ek gebruik omgee en sorg as ’n manier om ons verhouding te probeer beveilig en red.
  • My pogings om sy liefde te wen, oorheers my lewe.

Lees ook: Wat om te doen as jou kind in ’n slegte verhouding is

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.