kategorieë: VegetariesKos

Mediterreense groentetert

– Genoeg vir 1 groot tert (6-8 mense)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tertdeeg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 200 g polenta
  • 100 g botter
  • 50 g parmesaankaas
  • hand vol pietersielie, fyngekap
  • hand vol orego, fyngekap
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • 2,5 ml (½ t) bakpoeier
  • 1 eier, geklits
  • 150 g gekookte koue aartappels, fyngemaak

Vulsel

  • 45 ml (3 e) olyfolie
  • 250 g kersietamaties
  • 5 klein of 2 groot eiervrugte, in kwarte gesny
  • 3 eiers
  • 180 ml (¾ k) room
  • 125 g bloukaas, gekrummel of camembertkaas, gesny, indien jy nie van bloukaas hou nie
  • 2 takkies tiemie, blaartjies van die takkies afgestroop
  • hand vol pietersielie, fyngekap
  • hand vol basiliekruid

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Sproei ’n 21 cm x 21 cm-riffelpan met kossproei.
  2. Verwerk die polenta, botter, parmesaankaas, pietersielie, orego, sout en bakpoeier tot krummelrig. Voeg die eier en aartappels by en verwerk totdat dit ’n deeg vorm.
  3. Rol die deeg tussen 2 velle bakpapier tot 10 mm uit. Sit vir 30 min. in die yskas.
  4. Sit intussen die kersietamaties op ’n oondpan, sprinkel 15 ml olyfolie oor en geur met sout en swartpeper. Rooster vir 20-25 min. of totdat die velle begin oopbars. Haal uit.
  5. Voer die voorbereide pan met die deeg uit. Bak die terkors blind.
  6. Verhit die oorblywende olyfolie in ’n braaipan oor matige hitte. Braai die eiervrug daarin vir 2 min. aan elke kant of tot goudkleurig. Haal uit.
  7. Vul die tertkors met die eiervrugte en tamaties.
  8. Klits die eiers, room, bloukaas, tiemie en pietersielie in ’n mengbak. Gooi die mengsel oor die tert.
  9. Bak vir 25-30 min. of tot goudkleurig. Dien met vars basiliekruidblare op.
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

23 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.