kategorieë: Reis

Meer as wat jy verwag

Die vier-ster Graceland-oord is nie net nog ‘n hotel nie, maar ‘n bestemming wat jy nie gou sal vergeet nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die oord bied die volgende: casino asook speletjies vir die jongspan, ‘n 4-ster Peermont Walmont Hotel en meer as een lip leklekker eetplek waarvan Madison’s Bistro se atmosfeer heerlik is. Vir die sportiewes is die Gary Player ontwerpte 18 putjie gholfbaan n groot aanloklikheid. By die gholfbaan is daar ook die Augusta Club Lounge waar jy na ‘n lang dag iets kan eet en drink. Vir diegene wat net wil ontspan, is die nuwe Rootz Boutique Spa ideaal.

Die Peermont Walmont Hotel
is ideaal as jy wil wegbreek van die ordinêre. Dit is sowat 130 km van Johannesburg en 160 vanaf Pretoria, glad nie ver vir ‘n naweekblaaskans nie. Boonop word jy warm ontvang as jy by die oord stilhou. Die hotel se kamers is ouwêrelds elegant, maar tog met ‘n gerieflike, moderne inslag. Die mooi houtmeubels laat jou voel of jy ietwat meer kry as wat jy verdien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Madison’s Bistro en Familierestaurant
Komplimente aan die sjef by Madison’s Bistro met die smaaklike geregte. Die wonderlike wyn en gaskunstenaar het gesorg vir n jolige atmosfeer. Die hoofkelner, Thomas, het ons met ‘n glimlag bedien en ons persoonlik die volgende aand kom groet – die diens het ons waarlik spesiaal laat voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }


Blue Bayou
Ons het ontbyt geëet by Blue Bayou; ‘n buffet met oneindig veel keuses. Heerlike koue vleise, vrugte en verskillende soet en sout happies. As jy van iets warms hou, bou jy jou eie ontbyt soos jy dit verkies. Geskik vir ‘n koning!

Gholf
Die gholfbaan is in ‘n uitstekende toestand. Natuurlike strategiese hindernisse maak die uitdaging net groter en lekkerder. Jy kan ook n ligte ete by die House Palm geniet en ná die tyd by die Augusta Club Lounge kuier, waar jy nie ‘n oomblik se supersport-aksie mis nie

Rootz Boutique Spa
As jy in die dag-spa instap, word jy dadelik deur ‘n rustigheid oorval en jy stap weer verfris daaruit. Die vriendelike skoonheidsterapeut het ons bederf met ‘n vollyfmassering wat elke spiertjie ontspan het. Ná ‘n sessie by die spa is ek sommer weer reg vir die Johannesburgse verkeer… Ideaal om jouself en ‘n geliefde te bederf.
Casino en Speletjies
Jy kan jouself met die verskillende speletjies van slotmasjiene tot 16 verskillende tafel-speletjies vermaak. Vir dié wat kinders het, is daar ‘n Magic Company en Sweets from Heaven wat hulle vir ure kan besighou. Jy hoef nie bekommerd te wees om die kinders alleen te los nie – die sekuriteit by die oord is tops.
Hou Graceland dop! Hulle beplan allerhande opgraderings in die volgende jaar!

Meer inligting by http://www.graceland.co.za/peermont/content/en/graceland/graceland-home of 017 620 1000

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

20 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.