kategorieë: Nuut & NouWinterkos

Spyse vir die winter

Wortel en knolgroente

In die winter is wortel- en knolgroente weer volop. Hierdie aardse plesiertjies is propvol vitamiene, minerale en vesel. Dit bevat wel natuurlike suiker, maar is steeds laag in kalorieë. Kies ferm groente met die stingels sowel as die wortels steeds aan. Dit verklap hoe vars die groente is. Eet kleiner groente soos rape, radyse en babawortels binne ’n paar dae. Groter wortelgroente kan langer gestoor word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Winteridee

  • Maak kapokaartappels spesialer en voedsamer deur ’n verskeidenheid knolgroente saam met die aartappels te kook. Probeer wortels, patats en witwortels.
  • Sny groente soos wortels, witwortels, patats en beet in papierdun skyfies (gebruik sommer ’n groenteskiller). Diepbraai in olie en sit as krakerige snoephappie voor. Gebruik ook as versiering vir sop of bredies.
  • Aangesien groente soos wortels en beet heelwat suiker bevat, kan jy ook konfyt of marmelade daarvan maak.
  • Gebruik oorskiet- geroosterde groente in slaaie of koeskoes.
  • Voeg knol- en wortelgroente soos patats, beet of wortels by jou aartappel-gratin. Sny in dun skywe en stapel soos gewoonlik tussen die aartappellae. Gooi laastens room oor en bak tot sag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wenke

Onthou om organiese groente deeglik te was voor jy dit eet. Maak seker jy kry jou organiese groente by ’n betroubare verskaffer wat organies gesertifiseer is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.